Met opgewondenheid deel ons Cecil en Beanca se strand verlowing fotosessie by Witsand met ons lesers. Hierdie pragtige paartjie se fotosessie langs die see is een wat jy nie moet mis nie. Hulle het die mooiste agtergrond gehad vir hulle verlowing foto’s en die fotograaf het elke oomblik so mooi vasgevang.
ʼn Strand verlowing fotosessie hoef nie noodwendig net in die water te wees nie. Ons is dol verlief op die duine foto’s wat deel was van die paartjie se fotosessie. Die mooi sagte lig in die agtergrond en die riffels in die duine se sand maak die foto’s soveel meer interessant en só mooi.
Om ʼn verlowing fotosessie te hê voor julle troudag is soveel meer as net ʼn fotosessie. Dit is ʼn kans vir paartjies om die spesiale tydperk in hulle lewens as ʼn paartjie saam vas te vang in foto’s wat hulle vir altyd sal by bly. Paartjies kry ook die kans om hulle trou fotograaf beter te leer ken. So is hulle baie meer gemaklik voor die kamera op hul troudag.
As julle verloof is en besig is om julle troue te beplan, Mooi Troues se Trougids is propvol oulike trou diensverskaffers om julle dag so stresvry as moontlik te maak. Vir inspirasie en gratis advies vir julle eie verlowing fotosessie, klik hier om meer te lees.
Rol af om meer te lees oor Cecil en Beanca se strand verlowing fotosessie by Witsand en hulle liefdesreis as paartjie.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Ons het ontmoet by die werk. Ek (Beanca) het geweet dit gaan my man wees die eerste keer toe ek hom sien. Cecil was reserved en op sy plek, maar met ʼn paar signals hier en daar was hy myne. Hy het my op 15 Oktober 2017, op sy verjaarsdag, gevra om sy meisie te wees. Hy sê die dag toe hy my vra om sy meisie te wees het hy geweet hy gaan my vra om eendag sy vrou te wees. Ons was vier jaar in ʼn verhouding en op 29 Januarie 2022 het hy my gevra om te trou.
Die groot vraag:
Ons het gaan bungy jump by Bloukrans Tsitsikamma in Plettenbergbaai. Die adrenalien was nog vars in ons are. Oppad terug het hy my op die mooiste roete gevat, Natures Valley. Hy het geen idee gehad waarnatoe hy oppad was, maar het net aanhou ry. Het geen idee gehad wat voorlê nie. Ek onthou hoe mooi groen die bome was en hoe die een draai op die ander gevolg het. Dit was só mooi. Ons het aanhou ry totdat ons by die mooiste see uitgekom het. Daar was geen mens nie … Steeds het ek nie geweet wat kom nie. Ons het geloop totdat ons net die branders kon hoor. Toe ek omkyk toe was hy op sy knieë. Die wêreld het stil geraak rondom ons. Dit was die beste oomblik!
Hoekom ons mekaar liefhet:
Hy luister en verstaan. Dit maak dit so maklik om deur ons verskille te werk. Hy het ook soveel respek vir homself en ander.
Hy sê dat hy hou van my deursettingsvermoë. “When I put my mind to something, I follow through and that is very empowering.” Ons maak ʼn mean team.
Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Ons troue was 29 Januarie 2023. ʼn Jaar nadat ons verloof geraak het.
Die verloofring:
Ek het hom vertel waarvan ek hou. Iets eenvoudig maar waardevol. Op daardie stadium het nie ek of hy geweet wat om dit te noem nie. Dit is presies wat hy vir my gekry het. ʼn Solitaire ring. Ek kon sien hoeveel moeite hy daarin gesit het. Hy het gesoek totdat hy presies gekry het wat ek wou hê. En ek het dit geweet sonder dat hy dit vir my hoef te sê.
Rede vir die verlowing fotosessie:
Dit was een van die gelukkige oomblik van ons lewe. Ons wou die oomblik vas vang, ons wou die oomblik onthou en eendag met ander deel. Ons het geen fotograwe geken nie, en het op trou venues se webblaaie gaan kyk om te bepaal waarvan ons hou. Totdat ons op ons eie trou venue se blad gaan kyk het. Daar kry ons toe presies waarvan ons hou in ons eie dorp, Swellendam.
Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Ons sou oorspronklik die fotos gaan neem by ʼn enchanted forest. Ons fotograaf stuur toe eendag ʼn boodskap en sê sy wil so graag langs die see fotos neem. Ek vra haar toe waar en wanneer. Witsand, 2 Oktober 2022. Oppad daarnatoe vlieg ʼn tarentaal in ons voorruit vas, maar ons het net diep asem gehaal, in mekaar se oë gekyk en verder gery. Ons het elke oomblik van daardie sonsak benut en my gunsteling persoon was langs my sy.
Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk:
Die beplanning van die troue. Ons het geweet ons wil nie lank wag voordat ons trou nie, maar ons moes tyd maak om te beplan. Die beste gedeelte van onder druk iets aanpak is dat jy leer om mekaar te verstaan en leer ken mekaar op ʼn dieper vlak.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Ananda Claassen Photography
- Fotosessie Venue: Witsand
- Verloofring: Sterns