Werner & Gena se Stylvolle Troue in Pretoria

In die inskrywing deel ons Werner en Gena se stylvolle troue in Pretoria met julle.  Hierdie paartjie se troudag was só mooi en definitief een wat jy nie moet mis nie.

Gena se het beeldskoon gelyk op haar troudag in haar mooi trourok. Haar trourok se styl was eenvoudig gewees en het so mooi gevloei.  Fyn detail aan die onderkant van haar trourok en ook oor haar skouers trek onmiddellik mens se oog.  Werner het ʼn swart troupak aangehad met ʼn prettige blomme patroon das en ʼn gedroogde blom boutonnière wat só mooi by die tema van hulle troudag ingepas het.

Hulle seremonie was by die trou venue se bedekte buite kapel met ʼn dubbel volume dak en omring word deur dig bosse wat die buitelug gevoel behou.

Die paartjie se trou dekor het ʼn amper rustieke gevoel gehad en aardse kleure kan gesien word reg deur die trou dekor elemente.  Gena en Werner se tafel het die mooiste blom ontwerp gehad wat afgehang het tot op die grond vanaf die een hoek van die tafel.  Die blom ontwerpe is ʼn kombinasie van gedroogte blomme en vars blomme wat altyd daardie mooi en unieke kontra skep.  Gebruik van rottang plek matjies en aardse Terracotta het by die hele rustieke gevoel van die paartjie se troue gepas.  Die rou baksteen mure en die tafels het net só mooi die dekor elemente uitgebring.

Alles is moontlik as jy fantastiese trou diensverskaffers het.  As julle besig is om julle troue te beplan, besoek gerus Mooi Troues se Trougids vir professionele trou diensverskaffers vir julle troue.

Rol af om meer te lees oor Werner en Gena se stylvolle troue in Pretoria en ook hulle liefdesreis.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het by die ysskaatsbaan in Kempton Park ontmoet deur vriende van ons skool.  Werner was die maatjie wat nie kon skaats nie en ek moes hom help.  Ons het toe uitgevind dat ons eintlik in dieselfde skool is.

Ons was vir 6maande beste vriende voordat ons as vriende saam see toe was vir die Kersfees vakansie saam met my(bruid) ouers.  Maar het nie as vriende terug gekeur nie.

Werner het die groot vraag gevra.  Hy het dit op my verjaardag gedoen by ʼn familie ete.  Met die mooiste liedjie, baie ballonne, fotos en my naaste mense het hy op een knie gesak en gevra of ek sy vrou sal wees.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was 9maande verloof en het die troue self beplan met hulp van vriende en familie.

Trou Begroting:


Ons het 110 gaste gehad by die trou fees. Ons het nie ʼn vasgestelde begroting gehad nie, net omdat ons nie bekend was met hoeveel troues kos of alles behels nie.

Advies:
  • Maak seker dat julle die kern van die verskaffers korrek kies.
  • Dat julle die groot bedrae op die belangrike goed spandeer soos fotograaf, kos.
  • Bly eerlik aan jouself.  Moet nie goed aanvat omdat ouers of vriende sê jy moet nie, indien jy nie van iets hou nie moet dit nie gebruik nie.
  • Die onthaal moet prakties wees eerder as net ‘n mooi ongemaklike kasteel.

Merkwaardigste Oomblikke:


  • Die eerste oomblik wat ons mekaar weer kon sien.
  • Onophoudelike dans aan die einde van die aand.

Trouringe:


Werner – Swart tungsten ring wat grof aan die buite kant is.

Gena – Werner het hom self ontwerp, my skoon ma se steen ingesluit.

Die Besluitnemingsproses:


Ons besluite was meestal saam geneem, klein dinge soos watter kleur eetgerei het die bruidegom nou nie interessant gevind nie.  Ons het elke tree saam met ons ouers en twee beste vriende gestap.  Hulle was almal deel van die besluitnemings proses.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Mens kan nie alles beheer op die dag nie, ons het ook met die mindset ingegaan dat dinge gaan skeef loop.  Die klein “nie so prefekte” oomblikke het ons nie regtig gepla nie.

Daar was ongelukkig twee van die grootste oomblikke wat tel.
  1. Toe die bruids meisies begin instap het, het daar ongelukkig van ons gaste laat ingekom wat dan tussen die bruids meisies en die bruid ingestap het.  Dit het die liedjie en oomblik van die afstap effens verander.
  2. Die eerste dans se liedjie het begin voordat ons op die dans vloer was wat ongelukkig baie van ons roetine geneem het, dus was ons eerste dans bietjie baie korter as wat beplan was.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bruid aan dames:
  • Dit is gewoonlik ons wat almal wil gelukkig hou en aan al die gaste se versoeke voldoen.  Moet nie dit doen nie, dit is jou en jou man se dag.
  • Moet nie mense terwille van ander nooi nie.
  • Neem die oomblik in, indien moontlik vat ʼn oomblik vir jou en jou man waar julle rustig sit en saam gesels oor die dag en die belofte wat julle pas aan mekaar gemaak het.
Bruidegom aan kêrels:
  • Maak seker jy weet waarvoor jy jouself inlaat as jy ʼn kontant kroeg toelaat.
  • As jy en jou vrou by die gaste om kuier, probeer saam wees as wat julle apart is tussen al die gaste.

Venue & Dekor:


Kort na ons verloof geraak het ons begin kyk na venues en ons het afgekom op De Harte.  Ons was mal oor die groot wit geboue, elegante en stylvolle elemente met die groen orals om ons.  Ons wou graag nie te ver van die ooste van Pretoria trou nie.  Die personeel van De Harte was ongelooflik behulpsaam en elke tree saam met ons gestap.  Geen vrae te veel of met moeite aangepak nie, dit het alles soveel meer plesierig gemaak.

Ons dekor ontwerp het ontstaan uit alle ‘rustic’ kleure en meer natuurlik as moontlik.  Ons hou van dinge eenvoudig en elegant.  Ashley van The Love Knot het alles perfek aanmekaar gesit.

Wittebrood:


Ons was vir ʼn week weg op wittebrood na Knysna, hoekom hierdie bestemming?  Ons wou graag meer van ons eie land sien voor dat ons oorsee gaan vakansie hou.
Daar was baie unieke opsies van verblyf en goeie pakkette in Knysna.

Ons het gebruik gemaak van die wittebrood pakket by – Honeymoon Solutions.  Die pakkette wat mens deur hulle kan saamstel is definitief die moeite werd.  Daar is soveel opsies vir verblyf en aktiwiteite.  Jou wittebrood word vooruit beplan, waar jy watter nag sal oorslaap en die aktiwiteite wat elke dag gebeur.  Ons sal regtig die dienste aanbeveel!

Tydens ons wittebrood het ons probeer om soveel as moontlik van die wêreld daar rondom ons te sien en nuwe dinge te probeer.  Ons het oorgeslaap by twee ongelooflike plekke. 1. Cliffhanger Cottages en 2. Buff and Fellow.

Aktiwiteite wat ons gedoen het:
  • Zipline
  • Olifant interaksie
  • Drie gang maaltyd
  • Coffee tasting
  • Gin Tasting
  • ʼn Hele paar markte besoek

Eerste Dans:


Ons het gedans op die liedjie waarop Werner my gevra het om te trou.  Hy het met die verlowing die liedjie in die agtergrond laat speel.  Die woorde is baie toepaslik vir ons verhouding wat van ʼn baie goeie vriendskap af kom.  “Ed Sheeran – Perfect

Ons het omtrent vyf sessies by Love of Dance Studio in Erasmuskloof gehad.  Dit was baie pret.  Ons wou graag vir lesse gegaan het sodat ons meer gemaklik voel met ʼn roetine.

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: