In dié inskrywing deel ons ʼn moderne monochroom vintage styl trou inspirasie met Mooi Troues se lesers. Ons is totaal en al verlief op hierdie gestileerde fotosessie. Die groep talentvolle trou diensverskaffers het hul kragte bymekaar gesit en die mooiste inspirasie fotosessie gehad vir paartjies wat hul troue beplan, inspirasie te bied.
Trou fotograaf, Nicolene Meyer het die pragtige foto’s geneem in haar Dark August styl. Minette van Authentic Artistry by Minette het seker gemaak die model se grimering pas in by die tema van dié fotosessie.
Gestileerde fotosessies is partymaal nie heeltemal moontlik om te vertaal in ʼn regte troue nie, maar hierdie fotosessie is eenhonderd persent moontlik. Die gebruik van wit en swart regdeur die fotosessie gee dit nie net ʼn tydlose styl.
Ons hou van die skakerings gryse, wit, swart en ook tikseltjies aardse kleure en goud wat deurtrek. Dit is belangrik om aardse kleure in te bring wanneer jy met gryse en/of swart werk. Dit gee bietjie kleur en romanse.
Alles is só mooi in die trou inspirasie fotosessie. Van die trourok, -skryfbehoeftes, -dekor, tot die pragtige troukoek. Daar is te veel om te noem. Rol af om meer te lees oor die moderne monochroom vintage styl trou inspirasie en ook die diensverskaffers wat dié fotosessie ʼn moontlikheid gemaak het.
Wie het die fotosessie gereël?
Ons is ʼn span trou verskaffers wat onder “It’s a beautiful day” werk en het almal saam gewerk om hierdie gestileerde fotosessie moontlik te maak.
Nicolene van Nicolene Meyer Photography en Dark August Photo (Haar suster besigheid wat ʼn meer donkerder fotografiese styl het wat meer in die mode is nou . Dis ook die styl waarin die foto’s geneem is), Caro van Meraki Floral & Decor Design, Minette van Authentic Artistry en Nadia van Creative Heroes.
Inspirasie agter die fotosessie:
Glo dit of nie maar gebreekte klip was ons vertrekpunt Ons was mal oor die rou natuurlike trou neiging en die tekstuur van geskeurde papier het vir ons mooi daarby gepas. So ons het gebreekte klip as dekor elemente op die tafel gesit. Die tafelnommer was ook op die klip gedoen en die spyskaarte het ons in verskillende lae van skakerings van grys gedoen wat geskeur is. Elke bladsy het ʼn gereg opgehad.
Die welkom bord was ook in twee lae gedoen wat die gebreekte klip lyn of geskeurde papier lyn herhaal.
Ons wou dit modern en simplisties hou, maar het ook baie van die vintage elemente gehou soos die coupé glase wat nou weer in die mode is, asook geriffelde glase.
Daarom het ons op ʼn monochroom kleurskema besluit, neutrale kleure met swart aksente, en dit maar ʼn eklektiese gestileerde fotosessie gemaak wat ʼn vermenging van klomp style is – modern, vintage, organies/rou elemente, informeel, maar tog klassiek.
Die wit en swart gee ʼn nostalgiese gevoel en die swart aksente soos die eetgerei, kershouers, glase en swart peilglas plekname in wit gee dit weer ʼn moderne aanslag. Bruide is deesdae is nie skrikkerig om swart op hul troue te hê nie.
Die trou paar self wou ons klassiek uitbeeld. Dus het die bruidegom ʼn swart Tuxedo aangehad, maar wou dit kontrasteer met ʼn informele stylvolle trourok en rooi lippe het weer gepas by die vintage styl wat ons wou handhaaf.
Venue en Ligging:
Ons was mal oor die klip tafel wat Cipresso buite het – dis so uniek en het perfek gepas by die rou klip tekstuur wat ons vertrekpunt aanvanklik vir die fotosessie was.
Dekor:
Ons het bietjie daaroor gepraat onder die inspirasie vir die fotosessie.
ʼn Swart en wit kombinasie is altyd stylvol. Ons het ʼn vermenging van verskillende style gedoen. “Minder is meer” benadering sien ons in die tafel skryfbehoeftes waar ons baie simplistiese lettertipes gebruik het in ʼn minimalistiese uitleg.
Die plekname is ook baie eenvoudig gedoen in wit op swart peilglas wat weer aansluit by die moderne gevoel saam met die swart eetgerei, enkel kershouers en swart glase. Met die tekstuur van die geskeurde papier van die spyskaarte sluit weer aan by die gebreekte klip elemente en gee weer ʼn organiese gevoel.
Die tafel se voorkoms was meer informeel met enkel stam blomme en los/oop rangskikkings. Verskillende grootte en tipes kerse gee ʼn dinamiese gevoel. Die onkonvensionele manier van die borde plaas (nie in die middel van mekaar nie) en lapservette net liggies op die bord geplaas dra ook by tot die informele gevoel maar tog klassiek.
Kleurskema:
Ons het bietjie daaroor gepraat onder die inspirasie vir die fotosessie.
Soos reeds bespreek wou ons ʼn vermenging van style hê. Modern, vintage, organies/rou elemente, informeel, maar tog klassiek. So ons het op ʼn monochroom kleurskema besluit wat neutrale kleure is met swart aksente.
Die wit en swart gee ʼn nostalgiese gevoel. Die swart aksente soos die eetgerei, kershouers, glase en swart peilglas plekname in wit gee dit weer ʼn moderne aanslag.
Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?
Ons werk lekker saam en het juis It’s a beautiful day begin om dit vir die bruidjie makliker te maak. Omdat ons dieselfde visie het, gebeur dinge vinniger en ons kan jou verseker die dag gaan mooi wees soos jy ingedagte gehad het. Ons doelwit met hierdie samewerking is nie net om bruide se visie ʼn realiteit te maak nie, maar ook vir hulle tyd te spaar juis omdat ons mekaar ken en goed saam werk. Ons het jare se ervaring en ken die industrie goed.
Kwaliteit kom eerste dus werk ons net met die beste in die industrie.
- Ons het vir Honey Bee Baker genader vir die koek.
- Mrs Rose vir die bruid se bykomstighede.
- Beaudell Jewellery vir die bruid se juwele.
- Rolene Photography vir videografie.
- Die bruid was geklee in ʼn Karen Couturier rok en La Paire skoene.
- Simoné van Studio S Hair Styling kon die vintage voorkoms maar tog informele benadering perfek regkry!
- Cipresso is ook ʼn opkomende venue vir intieme vieringe wat jy nog baie te siene gaan kry! Die afwerkings van alles is ongelooflik mooi.
Agter die skerms van die fotosessie:
Ons het bietjie verdwaal oppad venue toe. Cipresso is redelik nuut en dis op ʼn grondpad, so die GPS het ons nie direk daarna toe gevat nie. Dus het ons bietjie laat begin met ons tydsbeplanning.
Omdat dit ʼn grondpad is het arme Melissa van Honey Bee Baker net gehoop en bid die koek kom heel daar aan en die hitte het nie gehelp nie. (Ons moes die koek versier met blomme binne die yskas :P).
Maar buiten dit en tyd wat teen ons gewerk het, het alles mooi uitgewerk en ons was baie in ons skik met die uitkoms
Trourok en bruidegom pak:
Ons het bietjie daaroor gepraat onder die inspirasie vir die fotosessie.
Die trou paar self wou ons klassiek uitbeeld. Die bruidegom ʼn swart Tuxedo aangehad, maar wou dit kontrasteer met ʼn informele stylvolle trourok. Rooi lippe van die bruid het weer gepas by die vintage styl wat ons wou handhaaf.
Merkwaardigste deel van die fotosessie:
Grimering:
Om met ʼn professionele span mense te werk wat saamwerk om elke detail van die prentjie soos ʼn geheel te laat lyk en voel. Die tema is deurgaans sigbaar en die pragtige eindproduk spreek daarvan. – Minette van Authentic Artistry
Blomme & Dekor:
Ons moes binne ʼn geweldige kort tyd die fotosessie beplan en tot uitvoer bring. Hoewel die meeste verskaffers in die groep reeds kennisse was of voorheen saam gewerk het, was daar tog sommiges van ons wat mekaar eers werklik op die dag van die fotosessie “leer ken het”, en dit was vir my wonderlik!! Ons is ʼn groep dames wat lekker saam lag en lekker saam werk en ek dink dit wys in hierdie produk ons! It’s a Beautiful Day gaan nog groot dinge doen! – Caro van Merak Floral & Decor Design
Skryfbehoeftes:
Alhoewel ons ʼn visie bord het waarvan ons gewerk het, is dit altyd lekker om te sien hoe elke verskaffer se benadering en talent bybring tot dit. Met ander woorde almal sien dieselfde prentjie/visie maar tog verskil elkeen se idees en benadering tot dit en vorm ʼn mooi prentjie as geheel. Dis nooit ʼn “kopieer en plak” van die visie bord nie, ons brei uit op die idees en ons maak dit ons eie op die ou einde. – Nadia van Creative Heroes
Fotos:
Gestileerde sessies laat verskaffers toe om vrye teuels aan hulle kreatiwiteit te gee binne die grense van ʼn inspirasie bord. Dit was heerlik om te sien hoe almal se talent en kreatiwiteit perfek bymekaarkom in die pragtige eindproduk. Wat ook wonderlik was om te ervaar, is hoe almal, selfs ons modelle, op die dag inspring en planne maak waar nodig, of sommer net help waar hulle kan. Dis voorwaar ʼn groot voorreg om met so ʼn span oulike, talentvolle mense te kan saamwerk. – Nicolene van Nicolene Meyer Photography (Dark August Photo)
Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:
Probeer dit nie oorkompliseer nie. Alhoewel dit ʼn vermenging van verskillende style is, bly by die “minder-is-meer” benadering. Al meng mens ʼn klomp style, werk dit net op die ou einde as jy dit in ʼn minimalistiese manier doen.
- Fotograaf: Nicolene Meyer | Dark August Photo
- Grimering: Authentic Artistry
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Blomme + Dekor + Huurdienste: Meraki Floral and Decor Design
- Hare: Studio S hairstyling
- Juweliersware + Trouring: Beaudell Jewellery
- Troukoek: Honey Bee Baker
- Koördineerder: It’s a beautiful day
- Skoene: La Paire
- Skryfbehoeftes: Creative Heroes
- Strooimeisie-rokke + Japon: Mrs Rose
- Trourok: Karen Couturier
- Venue: Cipresso
- Videograaf: Rolene Photography + Paper Plane Media SA