Handgemaakte oorbelle vir jou troudag

As jy ʼn toekomstige bruid is en opsoek is na oorbelle vir jou troudag moet jy nie die artikel mis nie, Hellohaai laat elke bruid se oorbel drome waar word.  Mooi Troues het met, Marisha gesels, die stigter en eienaar van Hellohaai.  Marisha is ook ʼn sagteware ontwerper en doen Hellohaai, asook haar werk in die sagteware wêreld. Dit wil gedoen wees!  Oorbelle speel só ʼn groot rol in ʼn bruid se voorkoms en is gewoonlik die juweliersware item wat mense eerste sien, omdat dit deel vorm van jou gesig.  Hellohaai spesialiseer in handgemaakte polimeer klei, asook regte varswater pêrel oorbelle wat nie net mooi is nie, maar ook redelik bekostigbaar is vir toekomstige bruide.

“Omgee, passie en uniekheid.” Hulle oorbelle is só mooi, ons voel dat dit ook gedra kan word buiten troues.  Wie het gesê mens kan nie ʼn mooi oorbel winkels toe aantrek, of by die huis nie?  As dit jou laat goed voel, dra dit en geniet dit.  Baie bruide bestel sommer oorbelle vir hulle Ma’s, Skoonma’s en bruidsmeisies.  As jy nog nie jou Hellohaai oorbel bestel het nie en meer wil lees oor die agter-die-skerm aksie en bestaan van Hellohaai, rol gerus af om meer te lees.

Die begin van Hellohaai:


Hellohaai was gestig deur Marisha van der Merwe op 1 April 2021.  Marisha het ʼn BA in Visuele Kommunikasie gedoen by Stellenbosch Academy of Design & Photography, so kuns was nog altyd haar passie.  Marisha het op geëindig om as ʼn “Digitale produk ontwerper” te werk wat tot en met 10 ure ʼn dag voor ‘n rekenaar vereis.  Hellohaai het eintlik net begin as ʼn passie projek wat sy kon doen om bietjie ontspan, tot die “projek” vlam gevat het.

Inspirasie agter die naam, Hellohaai:


ʼn Vraag wat so gereeld gevra word.  Almal gaan deur fases in hulle lewe waar hulle snaakse sê-goed aanleer.  Nou Marisha se sê ding was om iemand te groet deur te sê: “Hello! hello! haai! haai!” en toe dit tyd was om te besluit wat die “passie projek” genoem gaan word was daar niks anders as Hellohaai nie.  ʼn Naam wat jou intrek om te wonder van waar af dit kom is presies wat Marisha wou hê.

Die maak van die oorbelle:


Hellohaai is ʼn aanlyn winkel wat spesialiseer in hand gemaakte Polimeer klei, asook regte varswater pêrel oorbelle in verskillende style om seker te maak daar is iets vir elke tipe bruid.  Hellohaai is nie net vir bruide nie, maar maak ook oorbelle vir die bruidsmeisies en Ma’s.  Dit raak nóg beter, Hellohaai maak ʼn punt daarvan om seker te maak die ontwerpe is van so aard sodat die bruide/bruidsmeisies die oorbelle weer kan dra.

Hellohaai se Visie:


Elke bruid wil mooi lyk en voel op haar groot dag, maar hulle sien dit keur op keur dat nie elke bruid R1,000 plus kan betaal vir kwaliteit oorbelle nie, en dan maar moet aanvaar dat hulle kwaliteit moet opgee vir prys.  Hellohaai wil vir elke bruid wys dat jy elegant kan lyk al het jy ʼn begroting.

Wat maak Hellohaai se oorbelle anders as die res?


Omgee, passie en uniekheid.  Die drie kern woorde om Hellohaai se oorbelle te beskryf.  Wat Hellohaai anders maak is dat elke bestelling wat inkom is nie net ʼn bestelling nie.  Dit is ʼn klein voorreg wat met ons gedeel word om deel te wees van soveel bruide se groot dae.  Ons hanteer elke bruid asof ons haar persoonlik ken.

Plaaslik gemaak:


90% Van alle oorbelle by Hellohaai is self met die hand gemaak deur Marisha.  Die handgemaakte polimeer klei stelle word met die hand gerol, gesny en dan gevorm in die blaartjies of blommetjies in.  Elke lyn en tekstuur is ook self met die hand gemaak.  Nadat jou stel gemaak is en jy sit dan nou met “rou” oorbelle word dit gebak.  Na omtrent so 45min se bak, word die oorbelle uitgehaal en geskuur om alles mooi glad te maak voordat dit in jou trou stel verander word.

Trou oorbel tendense vir 2023 & 2024:


Ons voorspel dat 2023 die jaar van “Gaan groot of gaan huis toe” gaan wees.  Hellohaai kry soveel meer bruide wat groot en lywige oorbelle bestel vir hulle troues in 2023-2024.  Van dramatiese blomme na groot “lywige” pêrels wat gepaar word met simplistiese trourokke.

Koop jou stel oorbelle aanlyn:


Klik hier om Hellohaai se aanlynwinkel te besoek.  Indien jy enige vrae het kan jy Hellohaai ook ʼn e-pos stuur met jou vraag.

Foto Krediet:

  • Lilac Photography
  • Charl Kemp Photography
  • Carla Smit Photography
  • Miriek Photography
  • Boland Weddings
  • Weddings by Cara
  • Aglow Photography
  • Technique Studio Photography
  • Helene Viljoen Photography
  • Zanzibar wedding Photographer
  • Lara bredenkamp
  • Frank & the Mrs