Dylan & Ingrid se Verrassing Verlowing Fotosessie

Ons deel met opgewondenheid Dylan en Ingrid se verrassing verlowing fotosessie met Mooi Troues se lesers.  Die paartjie se fotosessie is letterlik prentjie mooi.  Afgeneem in ʼn oop veld met ʼn dam en die mooiste sonsak in die agtergrond.

Ons het voorheen ʼn artikel geskryf oor wat paartjies kan aantrek na ʼn verlowing fotosessie toe, klik hier om meer te lees.  Dié paartjie se uitrustings is nóg ʼn fantastiese voorbeeld.  ʼn Neutrale kleurpalet wat al die fokus op die paartjie sit.

Ons is totaal en al verlief op Ingrid se pragtige verloofring.  Dit is besonders mooi en daardie groen kleur staan do mooi uit op haar vinger.

Hulle fotosessie is só mooi en jy kan sien die paartjie het dit baie geniet.  Die ligging van ʼn verlowing fotosessie is net so belangrik.  Julle moet iets doen waarvan julle hou.  As julle mal is oor die stadslewe, doen ʼn stedelike verlowing fotosessie.  Indien julle hou van die bosveld, doen iets in die bosveld.  Daar is soveel oulike idees.

As julle verloof is en besig is om jul troue te beplan dan moet julle Mooi Troues se Trougids besoek.  Hier sal julle betroubare, professionele trou diensverskaffers vind vir julle troue.  Professionele trou diensverskaffers sal al die stres uit jul trou beplanning proses haal.

Rol af om meer te lees oor die paartjie se pad wat gelei het tot die verlowing en ook meer foto’s te sien van hulle verrassing verlowing fotosessie.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons het die eerste keer ontmoet toe hy baie hard gewerk het aan stellasies by ʼn kliënt wat muurbekleding laat doen het.  Hy het baie hard probeer om my te beïndruk en ek het nie kennis van hom geneem nie.  Na ʼn paar maande het ek hom na werk ʼn ry geleentheid huis toe gegee.  Ons het gaan vir ʼn drankie en die verhouding het van daar af gegroei.

Ons het vir 7 maande uitgegaan voordat ons verloof geraak het.

Die groot vraag:


Ons het die verloofring saam ontwerp.  Groen was nog altyd my gunsteling kleur en wou die kleur in die ring inkorporeer.  Dylan het die ring gereël en dat dit afgehaal word.  Hy het vir my gesê die ring is deur ʼn organisasie in ʼn kluis toegesluit.  Maar hy het eintlik die ring in my nagkassie in ʼn ou telefoonboks weggesteek. Ek het nie eers agtergekom dit is daar nie.

Die dag wat hy my gevra het om te trou, was ʼn verrassing.  Ons het vir die dag uitgegaan, ons het eers op ʼn helikopterrit gegaan en toe na die botaniese tuine gegaan en ʼn piekniek gehou.  Hy het die trou liedjie gespeel wat ons wou hê en toe verras hy my met om te vra. Dit was net ons twee.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Ek is lief vir Dylan vir sy ambisie in die lewe, hy is baie hardwerkend.  Ek is mal oor sy omgee-geaardheid, sy humor en sy wonderlike glimlag.  Hy aanvaar my vir die mens wat ek is.

Ons verstaan mekaar en kan saam deur dinge werk.

Dylan is lief vir my vir my sorgsame aard, bereid om ander mense voor myself te stel.  Het hom vir sy verlede aanvaar en hom nooit geoordeel nie.  Inspireer hom om beter in die lewe te doen.  Hou van my oë en hare.

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: