Casper & Tahnita se Langpad Verlowing Fotosessie

Met baie opgewondenheid deel ons Casper en Tahnita se langpad verlowing fotosessie met julle op Mooi Troues.  Dié paartjie se fotosessie is een wat jy nie moet mis nie.  Geïnspireer deur langpad reise het dié fotosessie só mooi uitgedraai en lyk of die foto’s langs die pad geneem is tydens ʼn langpad reis.  Dit is ook ʼn baie oulike idee, want die paartjie het verloof geword op ʼn reis na Zanzibar.

Die rede vir die paartjie se verlowing fotosessie is om mooi foto’s saam as paartjie te kry.  Hulle wou ook graag foto’s hê vir hulle trou uitnodigings en trou webtuiste kon gebruik.  Ons motiveer altyd paartjies om ʼn verlowing fotosessie te doen.

Besoek Mooi Troue se Trougids vir professionele fotograwe wat julle spesiale oomblikke kan vasvang.  ʼn Verlowing fotosessie is ook daar om paartjies gemaklik te laat voel voor die kamera en ʼn stresvrye ervaring op hul troudag te hê.

As julle opsoek is na idees vir julle verlowing foto’s dan moet jy nie Tahnita en Casper se fotosessie mis nie.  Alles was net perfek.  Die ligging, die Boheemse kleredrag hier en daar en die skemerlig van die foto’s.  Rol af om meer te lees oor Casper en Tahnita se langpad verlowing fotosessie en hul liefdesreis as paartjie.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons het ontmoet toe ons albei ‘interns’ was by Weskoppies Hospitaal, maar ons was net vriende op daai stadium.  Maar in 2018 het ons begin uitgaan en ons het in 2021 verloof geword.

Die groot vraag:


Ons het verloof geword op ons reis na Zanzibar.  Ons het al daaroor gepraat, maar dit was ʼn groot verrassing toe Casper op die knieg afgegaan het.  Dit was ʼn groot gesukkel om die ring weg te steek by die lughawe, maar toe sodra ons geland het, kon Casper nie meer wag nie, so toe gaan ons vir ʼn stappie op die strand en toe vra ek haar haar net toe die son ondergaan.

Die verloofring:


Ons het deur voorbeelde gegaan van verloofringe om te sien waarvan Tahnita hou, en toe kies sy ʼn paar ontwerpers waarvan sy hou. Ek het toe later in geheim ʼn vergadering gehou met hulle, ek het toe met die ontwerper gesit en ons het saam ʼn ring ontwerp vir Tahnita.  Haar diamant is ʼn salt and pepper diamant.  Dit is eintlik ʼn donkerder diamant en het baie foute wat dit baie uniek maak.   Ons is mal oor die ring.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons het fotos nodig gehad van ons, want ons het niks mooi fotos saam nie, en ons het mooi fotos nodig gehad vir ons trou uitnodigings en trou webblad.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ons wou dat die fotosessie ons beklemtoon, ons love die boho look.  Ons wou ook graag ʼn langpad vibe hê om dit te laat lyk asof ons fotos by die middel van nêrens neem en ons is mal oor hoe ons die fotosessie gedoen het.  Dit is presies wat ons wou gehad het.

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]