Brandon & Zanéle se Bos Troue in Mpumalanga

Met baie opgewondenheid deel ons Brandon en Zanéle se bos troue in Mpumalanga met Mooi Troues se lesers.  Ons is dol verlief op die paartjie se troue.  As jy droom van ʼn troue omring deur bos, dan moet jy nie Zanéle en Brandon se troue mis nie.

Die paartjie het getrou by die populêre trou venue, @Boshoek.  Die prentjie mooi trou venue is geleë op ʼn pragtige plaas in die Lydenburg area van Mpumalanga.  Met soveel om te bied is die trou venue die perfekte keuse vir paartjies.  Van ʼn fantastiese onthaal lokaal tot moderne akkommodasie vir paartjies se trou gaste gaste.  Omring deur die mooiste natuurtonele en beboste omliggende area is dit enige paartjie se droom trou bestemming.

Hulle seremonie was in die buite in die kapel wat omring is deur bos tonele.  Wanneer dit kom by hulle trou dekor het hulle vir ʼn meer eenvoudige styl gegaan.  Skakerings van wit en baie groenigheid was gebruik.  Ons hou daarvan hoe die groenigheid en wit uitstaan op die hout tafels.  Die trou venue se hoë dak het seker gemaak dat hulle groot groen bloekom bosse vanuit die dak kom hang met ligte tussen dit.

Zanéle het só mooi gelyk in haar A-lyn styl trourok en die mooiste detail aan die bo kant.  Ons hou ook baie van die moue wat los hang om haar arms. Brandon se donkergroen troupak baadjie en aardse kleur broek en bruin das het perfek bymekaar gepas.

Laaste maar nie die minste nie!  Hulle het ʼn droom wittebrood gehad in die mooie Mauritius.

Rol af om meer te lees oor Brandon en Zanéle se bos troue in Mpumalanga en ook hul liefdesreis.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons twee is High School Sweethearts wat ontmoet het in 2014 op die hoek van die 4-rigting stop op die skoolterrein toe Brandon vir Zanéle ʼn Hot Chocolate aanbied na ʼn vraestel tydens die Junie eksamen.  Ons was sommer dadelik dol verlief en het in Augustus 2014 begin met ons liefdes storie.

Brandon het vir Zanéle gevra om te trou op die 7de Januarie 2022 by “Adventures with Elephants” met die olifant wat die die mandjie aangegee het met die groot vraag in. Brandon het op sy knieë gesak langs die olifant en die ja-woord gevra.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was verloof gewees vir amper 8 maande (ons het wel al Oktober 2021 begin kyk na wat ʼn troue ons sal kos en uitgekyk vir Black Friday promosies).

Ons het nie ʼn trou beplanner gehad nie.  Zanéle het sommer ʼn Gantt chart saamgestel met behulp van tydskrifte se tydlyne en “ClickUp” App (gratis beskikbaar op PlayStore en AppleStore) wat al ons varkies op hok gehou het.

Trou Begroting:


Trou begroting:

R200 000 (met die wittebrood ingesluit) – Gaste getal: 85 (bruid en bruidegom ingesluit)

Advies:

Spandeer jul geld aan dit wat vir julle as troupaartjie belangrik is.  Moet nie teveel eksterne opinies in ag neem nie en verskerp nie voortgaan met enige iets as julle albei nie daarmee gemaklik is nie. Maak ook seker dat julle genoeg kwotasies gekry het van AL julle verskaffers om seker te maak jy kry die beste diens vir die geld wat jy betaal. Neem ook in ag as jy ʼn venue kies wat ver van stede af is, dat jy al jou verskaffers wat van ver af kom se verblyf-en vervoer kostes sal moet dek.  Dus moet dit deel vorm van jou begroting vir die spesifieke diensverskaffer.

ONTHOU!  Julle trou net een keer.  Moet nie spyt wees oor enige besluit wat jy neem nie en geld kan mens altyd weer maak maar tyd en memories NIE.

Merkwaardigste Oomblikke:


Zanéle:

Die boodskap by ons troue tyd en die seremonie was vir my besonders spesiaal.  Dit was gefokus op ons twee spesifiek en die plan wat God met ons het as paartjie.

Brandon:

Die lof aanbidding tydens die seremonie was vir my ongelooflik kosbaar.  Ons het die voorreg gehad om deur ons pastoor/vriend/strooijonker/aanbidding leier gelei te word tydens die aanbidding.

Paartjie se styl:


Trouvenue:

Ons trou venue was in die bos gewees tussen pragtige bome en wild.  Ons styl het natuurlik daarby ingepas.

Trourok:

Trourok was ʼn A-lyn ontwerpte rok wat gemaak is volgens Zanéle se figuur. Die bokant was bedek met kant en fyn steentjies en die romp sag met pêrels. Daarby het sy blom patroon vellies gedra en pêrel juwele.

Bruidegom pak:

Brandon het ʼn donker groen baadjie met onderbaadjie aangehad met bykomende chino broek, wit hemp, leer das en Freedom of Movement vellies. Hy het ook aan die ‘fun’ kant spongebob kouse gedra.

Trouringe:

Zanéle se verloof ring is ʼn fyn rosegold oval halo ring met ʼn pink-peach morganite steen, omring met steentjies aan albei kante.  Die troupand is ʼn bypassende roosgoud ring met steentjies.  Brandon het ʼn tungsten steel ring gekies.

Vermaak:


Ons het ʼn aanbidding groep gehad tydens die seremonie en ʼn platejoggie wat musiek verskaf het tydens die canapé en onthaal.

Gunsteling Diensverskaffers:


TROUROK! Mimie Bridal Atelier in Pretoria.

Sy was ongelooflik behulpsaam tydens die hel proses. Sy laat jou voel soos die eerste en enigste bruid wat sy sien en deel 100% in jou opgewondenheid oor jou dag.  Haar beplanning is uitstekend en sy bly presies by haar tydlyn om jou spanning so min as moontlik te hou.  Sy maak jou trourok presies soos wat jy hom wil hê en verander totdat jy gelukkig is daarmee.

Sy bied ook pakette aan vir die was en regmaak van jou trourok na die tyd en vat tyd tydens daardie afspraak om te hoor oor jou nuwe huwelik en wat julle gunsteling deel was van die troue en wittebrood.

Venue & Dekor:


Venue inspirasie:

Ons wou van die begin af ʼn naweek troue gehou het waar ons nabye vriende en familie saam met ons van Vrydag tot Sondag kan spandeer.  Boshoek Weddings, Lydeburg was die perfekte venue daarvoor.  Buiten die spasie was die atmosfeer 100% ons gewees. Glamping tente met buite storte.  Hul wittebroodsuite het ʼn buite bad en stort gehad wat onder die maanlig en sterre is.

Die Vrydag aand venue het aan al ons behoeftes voorsien in terme van kuier spasie en atmosfeer, ingerigte kombuis, jacuzzi vir kuier, groot boma-area vir kuier en genoeg badkamers vir almal.

Die kapel in die bosveld teen ʼn helling wat uitkyk op die veld waar die blesbokke en rooibokke wy en die onthaal saal was prentjiemooi en het in ons tema gepas met greenery en liggies.

Dekor:

Greenery, eukaliptus uit die dok bokant elke tafel en as lopers.  Tussenin kerse, gypsy blommetjies en wit lisianthus blomme met roosgoud GEO vorme.

Hout stomp onderbord met roosgoud mes en vurke, wit servette en naam plaatjies vasgemaak aan servet met eukaliptus blaartjie.

Ons wou natuurlik, bosagtig maar elegante troue gehad het en dit was ALLES en nog meer.

Spesiale Tradisies:


Alles behalwe tradisioneel.  Ons het alles gedoen en beplan volgens wat ons van hou en nie omdat ons MOES of omdat almal anders dit so doen nie. Bv. Brandon het nie die kousband met sy mond afgehaal en gegooi nie. Zanéle het nie haar bruidsruiker gegooi nie, maar “musical Bouquet” gespeel met ʼn bruidsmeisie ruiker (Wou die ruiker gehou het).

Die Besluitnemingsproses:


Ons vriende en familie was betrokke sover soos ons toegelaat het.  Almal was baie ondersteunend maar niemand het ingemeng met ons besluitneming proses nie.

Ons het sover as moontlik finale besluitnemings saam probeer doen, maar ons het afsonderlik elemente gehad waarvoor ons verantwoordelik was.

Bruidegom:

Platejoggie, speletjies tydens die canapé, Vrydag aan program en speletjies, trou skryfbehoeftes ontwerpe, fotograaf en videograaf, wittebrood.

Bruid:

Alles anders – Trouklere, bruidsmeisies en strooijonker pakkies, klere ens, blomme, dekor, alle administratiewe takies soos kwotasies, betalings, kommunikasie met verskaffers, beplanning en seker gemaak dat ons by ons Gantt chart bly.

Nota:

Ons het meeste van die tyd nie daarby gebly nie, want LEWE moet tussendeur trou beplanning gebeur.

Raad:

Wees kalm teenoor mekaar in hierdie proses van takies en verantwoordelikhede.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Zanéle is baie spesifiek oor tyd en is vir haar belangrik om betyds te wees.  Sy was 20 minute laat op die troudag as gevolg van die fotograaf wat moes verander ‘n week voor die troue en die tydlyn nie 100% ingepas het met die reeds uitgewerkte tydlyn en haar tye nie.

Ek sou meer fotos saam met my ouers wou gehad het.  Die tyd het net te vinnig gehardloop.

Wittebrood:


Ons was opsoek na ʼn eiland vakansie en dit is wat ons gekry het.  Ons het paar eilande in gedagte gehad en volgens begroting, navorsing besluit op Mauritius en was by Preskil Island Resort aan die ooste van die eiland.

Raad:

Die ooste het heerlike korale waar mens kan snorkel, maar die weste het weer minder wind.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


    1. Verskaffers: Lees baie mooi deur die T’s & C’s van al jou kontrakte om seker te maak jy ken die fynskrif voordat jy enige betalings maak.
    2. Kies ʼn venue waar die eienaar/bestuur goed georganiseerd is en jou belange op die hart dra.
    3. Bruide: Die trou tydperk kan so ʼn gejaag word en somtyds baie spanning veroorsaak. Girl! Ek weet jy het al vandat jy 5 jaar oud was ʼn prentjie in jou kop van hoe hierdie spesiale dag moet lyk en gebeur. Maar haal asem en vertrou dat alles sal uitwerk soos dit moet. Maak vir Jesus deel van jou beplannings tydperk en vra dat Hy julle sal lei in besluitnemingsprosesse. Fokus op jouself! Jy word binnekort ʼn vrou vir jou man en dit is ʼn wonderlike maar groot verantwoordelikheid. Spandeer tyd met Jesus rondom jou tekortkominge, jou hart, jou behoeftes en vra dat Hy jou sal voorberei en aan jou sal ontbloot die vrou wat Hy jou reeds geskep het om te wees vir jou man. ONTHOU! Jy is dit alreeds jy moet dit net explore en ontdek.

Eerste Dans:


Ons eerste dans was ongelooflik spesiaal.  Ons het vir een les gegaan by ʼn vriendin wat dans aanbied op ʼn liedjie wat Zanéle gehoor het paar maande voor die troue “Marry Me deur Train“. Paar weke voor die troue het Brandon die liedjie Lief gehoor van Karlien van Jaarsveld en die woorde, atmosfeer en gevoel het direk met ons gepraat en daarna het ons die dans op die nuwe liedjie geïntegreer.

Dis nou nog spesiaal om die liedjie op radio te hoor en terug te dink aan daardie spesiaal oomblik.

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: