Reini & Tealitia se Verlowing Fotosessie saam met die Llamas

In die inskrywing deel ons Reini en Tealitia se verlowing fotosessie saam met die Llamas.  Hierdie fotosessie is eintlik te oulik om te beskryf in woorde.  As julle hou van diere en inspirasie soek vir julle eie verlowing foto’s, dan moet jy nie hierdie paartjie se verlowing fotosessie mis nie.

Omring deur Llamas wat tog te graag lyk of hul saam poseer is te kostelik.  Tealitia en Reini se verlowing fotosessie was by ʼn plaas in die Centurion gebied in Gauteng.  Plaas verlowing fotosessie is altyd pret.  In hierdie fotosessie sal jy verskillende plaas elemente sien soos hooibale, ʼn pragtige plaas dam en dan ons gunsteling, die Llamas.

Hulle het selfs die oulikste klein blou motortjie deel gehad van hul verlowing fotosessie, wat daardie pret element ingebring het.  ʼn Verlowing fotosessie is soveel meer as net nóg ʼn fotosessie.  Dit is ʼn oefenlopie vir paartjies voor hul troudag.  As julle nog nie ʼn fotograaf het vir julle verlowing fotosessie nie, besoek gerus Mooi Troues se Trougids.

Paartjies kan hul verlowing fotosessie gebruik vir mooi foto’s en herinneringe, maar ook om meer gemaklik te raak voor die kamera.  Dit gee paartjies ook die perfekte geleentheid om hul trou fotograaf beter te leer ken.  Rol af om meer te sien van Reini en Tealitia se verlowing fotosessie saam met die Llamas en ook te lees oor hul liefdes padjie.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


“Jy weet nog nie wie ek is nie, maar met jou gaan ek trou” – Tealitia.  Dit het begin toe ek hom in my nuwe selgroep sien.  Reini se sprankelende persoonlikheid het dadelik my aandag getrek.  Net daar het ek geweet ek gaan met hom trou.  Ek het gebid en vir die Here gevra dat indien dit Sy wil is dat ek en Reini saam moet wees, dit so sou gebeur en op 1 November 2019 besluit ek om ʼn privaat verjaarsdag boodskap aan Reini te stuur.  “Gelukkige Verjaarsdag Kampioen” het die ding gedoen, gevolg deur baie goeie “optellyne” deur Reini (al moet ek dit self sê).  Drie jaar later staan ons op trou.

Die groot vraag:


18 Desember 2021 sal ons nooit vergeet nie.  Reini en my Pa het alles agter my rug beplan.  Wat ʼn rustige Desember wegbreek saam my gesin sou wees, het toe een groot verassing in gehad.  Dit was vroeg die oggend op pad na ʼn uitstappie wat my Pa beplan het vir ons gesin.  Dis net voor sonsopkoms en hier stop ons by die bestemming.  Salig onbewus van wat om my aangaan stap ons ʼn entjie en kom ons op hierdie massiewe lugballonne af.  Hulle lees ons gesin se van uit en daar stap ons na die een lugballon toe.  Toe ek nader stap toe sien ek die liefde van my lewe agter die lugballon uitstap en net daar het ek die maklikste en grootste “JA” gegee.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Gunsteling Eienskap van Reini:

Ek is so bevoorreg om ʼn Godvresende man te kan trou.  Reini is só liefdevol, geduldig en dra my op sy hande.  Hy is amper so snaaks soos ek en bring net die beste uit my uit.  Hy is my geskenk van God af. – Tealitia

Gunsteling Eienskap van Tealitia:

Tealitia se mooiste eienskappe is dat sy altyd almal probeer help.  Sy het die mooiste en sagste hart, maar kan ook haar man staan.  Ons het “never a dull moment” saam en sy staan my altyd by met alles wat ek aanpak.  Sy maak my ʼn beter mens. – Reini

Die verloofring:


My ring is deur Reini self ontwerp met die hulp van Poggenpoel Diamond Jewellers in Rosebank.  Ek het vir hom drie foto’s gestuur van verskillende ringe waarvan ek gehou het en hy het toe ʼn ongelooflike mooi ring laat maak, met al 3 my idees saam in een ring.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ons het ʼn paar foto idees in gedagte gehad maar kon nie op een afsonderlike idee besluit nie.  Gelukkig kon ons toe by Lewis Family Farm in Centurion foto’s neem wat presies alles gehad het wat ons wou hê.  Ons foto’s het ongelooflik mooi uitgekom te danke aan die mooi plek en ons wonderlike fotograaf by Infinity Times Infinity Productions.

Visie vir droomtroue:


Vir ons is dit baie belangrik om ons huwelik in God se teenwoordigheid af te skop en met Sy seën ons huwelik te begin.  Natuurlik sien ons ook baie uit daarna om die dag saam ons vriende en familie te geniet en nes ek en Reini is, seker te maak daar is tonne pret en plesier betrokke.

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: