Perry & Candice se Strand Verlowing Fotosessie

default

In dié inskrywing deel ons Perry en Candice se strand verlowing fotosessie met Mooi Troues se lesers.  Hierdie paartjie se verlowing fotosessie is een wat jy nie moet mis nie, veral as jul besluit op ʼn strand verlowing fotosessie.  Dit was was Candice en Perry se eerste fotosessie as ʼn paartjie, wat só spesiaal is.

Die paartjie se verlowing fotosessie was soveel pret op die mooi strand, omring deur die pragtige berge en natuurskoon.  Ons hou daarvan dat hulle ook ander elemente deel gemaak het van hul verlowing fotosessie soos die geboue in die agtergrond, die hawe en die mooi foto’s waar die berge in die agtergrond is.

ʼn Verlowing fotosessie is iets wat paartjies moet geniet.  Dit is die perfekte tyd om julle fotograaf beter te leer ken.  As paartjie leer julle ook hoe om meer gemaklik voor die kamer te wees.  Om nie onnodig te stres vir jul fotosessie op jul troudag nie.  Perry en Candice wil hulle fotosessie se foto’s gebruik vir hul spaar die datum kaartjies.  Dit is een van die talle maniere hoe julle, jul verlowing foto’s kan gebruik.

Trek vir julle mooi aan en bespreek vir julle ʼn fotograaf.  Vind professionele fotograwe in Mooi Troues se Trougids.  Candice het so mooi gelyk in haar vloeiende rok en Perry in sy sagte neutrale kleur broek met ʼn wit hemp. Rol af om meer te lees oor hulle Strand Verlowing Fotosessie en baie oulike verlowing storie.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons het mekaar by ʼn vriend se partytjie ontmoet.  Was eers vriende vir ʼn paar maande voor ons mekaar begin sien het.  Die dag voor ons 6 jaar herdenking het hy my gevra om te trou.(31/12/2021).

Die groot vraag:


Die verlowing was ʼn verrassing!  Ons het vir die afgelope jaar of so van trou gepraat en wat ons vir die toekoms wil hê.   Die verrassing sou eers by ons huis gewees het, maar omdat ek so oral altyd is, was dit moeilik vir hulle (Vriende & Familie ) om my weg te kry van huis sonder dat ek iets moet dink.  So dit was by Perry se huis gehou.  Al my nabye vriende en familie was daar.  My oudste suster was die een wat gesê het kom ons moet gou iets by Perry se ma gaan haal … min het ek geweet ek sal nou verloof raak.

Almal het in die huis en motorhuis weggekruip daar was geen motors nie, so ek het niks snaaks gedink.  Toe ek daar aankom en uit motor klim sien ek die groen mat met rose en ʼn banier wat hang … toe weet ek.

Perry het uit die huis gekom en ons vriend het die banier geknip wat groot gesê het “Candice sal jy met my Trou?” met groot rooi hartjies.   Hy het op sy knie gegaan.  Ek het JA gesê!.  Al die familie en vriende het uit motorhuis en huis gekom.  Baie opgewonde!  Dit was wonderlik gewees.

Ons het paar toesprake aan almal gedoen om dankie te sê dat hulle die spesiale oomblik saam ons kon deel.  Toe ek in die huis gaan was daar lekker vingerhappies gemaak vir almal.  Daar was ook ballonne, ʼn pragtige reënboog koek wat sê ‘Binnekort Mev. Como’ dit was baie spesiaal.  Na dit het ons almal na ons huis gegaan waar ons verder die aand gaan geniet het, asook die nuwe jaar ingegaan het.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Perry is ʼn fantastiese ou.  Ek lief dat hy baie respek het vir ander mense, asook vir my.  Hy is baie rustig, kalm, liefdevol, het baie geduld, en maak my altyd glimlag, gelukkig en is nog so baie!.

Candice is ʼn baie energie volle en persoon wat hou van gesels.  Sy is baie plat-op-aarde, sit altyd ander voor haarself en gaan uit haar pad uit om ander gelukkig te sien.  Sy het ʼn goeie sin vir humor en is baie slim, net die beste verloofde!

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons het gesê so jaar voor ons wil trou.  Die die groot dag is Oktober 2023.

Die verloofring:


Is dit nou vir jou ʼn storie.  Perry, saam met sy suster en Ma het die mooi ring uitgekies.   ʼn Maand na die verlowing het een steen uitgeval.  Ek het die ring terug na die winkel geneem waar hulle gesê het dat ek ʼn ander ring moet kies.  Ek het so gemaak en die nuwe ring se grootte laat aanpas.  Twee tot drie maande nadat ek hierdie ring uitkies het een van sy steentjies óók uitgeval.  So het ek toe weer na die winkel gegaan.

Vir ons verlowing fotosessie moes ek toe by ʼn ander winkel ʼn ring kry, wat ek toe gelief het.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Dit is iets wat ek en Perry al van die begin af wou doen, asook om dit te gebruik vir ons spaar-die-datum kaartjies.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


As ons eerste professionele fotosessie saam was ons baie opgewonde en senuweeagtig.  Ons doel was om net baie gemaklik te wees en pret te hê.  ʼn Romantiese agtergrond en fantastiese fotograaf /videograaf wat ons afneem.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Om elke oomblik te geniet met al die op-en-af.  Wil net nie hê dit moet reën op ons groot dag nie.  Verder om net die hele tydperk te geniet.

Visie vir droomtroue:


Ons wil iets baie gesellig, warm, outentiek, en pret hê.  ʼn Klein troue met naaste familie en vriende wat saam die dag spesiaal en onvergeetlik kan maak en die dag kan geniet.  Om ʼn liefdevolle en geseënde troudag te hê.

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: