Gielie & Reza se Plaastroue in Porterville

Oh, ons is só baie opgewonde om Gielie en Reza se plaastroue in Porterville met Mooi Troues se lesers te deel.  Hierdie aantreklike paartjie het so ʼn pragtige troues gehad, een wat julle nie moet mis nie.  Reza het ʼn besonderse mooi en unieke trourok gehad.  Ons hou van die oop skouers en die riffels om die arm en middel van haar lyf en hoe die rok so stylvol vloei.  Gielie het te dapper gelyk in ʼn Olyfgroen pak met bruin leer skoene en ʼn gebrande oranje das.

Die hele tema van die paartjie se troue het ʼn bietjie van ʼn Boheemse tema gevoel gehad.  Skakerings van aardse kleure, gedroogte blom ontwerpe wat perfek gepas het by die ligging, het ingepas by die Boheemse gevoel.

Hulle het ʼn baie oulike buite seremonie gehad tussen die bome.  Gielie kon nie die trane stop toe hy sy bruid by die padjie af sien stap nie.  Dit is so ʼn spesiale oomblik, gevul met die mooiste emosies.

Die trou dekor het ʼn warm en baie gesellige gevoel gehad.  Aardse kleure soos bruine, oranje en tikseltjies wit het so mooi gelyk op die rou hout tafels.  Die rottang plek matjies en die bruid glas potjies op die tafels met klein blomme in was die perfekte kombinasie.  Vir sitplek kaartjies is sketse van die gaste gebruik – Hoe oulike idee is dit dan nou?

DJ Wico, ʼn populêre platejoggie en spesialis in sy veld, het seker gemaak gaste het omtrent ʼn lekker tyd gehad by Reza en Gielie se troue. ʼn Professionele platejoggie, soos DJ Wico, maak só ʼn groot verskil wanneer dit kom by die hele atmosfeer van ʼn trou onthaal.

Om meer te lees oor die paartjie se Plaastroue in Porterville en so ook hul liefdesreis as paartjie, rol gerus af.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het op vakansie ontmoet!  Min wetend hou ons albei al ons hele lewe lank vakansie minder as 2km van mekaar af.

Ons albei se families gaan omtrent elke Desember vakansie Langebaan toe, in die Weskus.  Gielie het “toevallig” op sy Instagram se ligging gegaan en gesien ek is ook in Langebaan.  Hy het dit so paar dae gegee en gewag vir Kersfees – sodat hy heel takties sy boodskap met “Geseënde Kersfees” kan begin.

Na 3 keer se uit stel het ons uiteindelik iets gaan drink by Marc’s Beach Bar en toe van daar af vir twee jaar lank tussen Bloemfontein en Kaapstad gekuier.  Ek het toe nog in Bloemfontein studeer en Gielie het in Brackenfell gewerk.

Hy het my eerste gevra om te trou – al was daar ʼn grappies tussen in. Ons het verloof geraak op Seinheuwel in Kaapstad.

Die Verlowing Tydperk:


Die verlowing tydperk was omtrent 9 maande.  Ons het nie ʼn trou beplanner gehad nie – en in retrospektief sou ek definitief een wou hê!.  Dit was lekker om alles self te kon doen, maar die ekstra hulp (veral van iemand wat die industrie ken) sou baie met die senuwees gehelp het.

Trou Begroting:


Ons trou begroting was +- R120,000.  Ons het baie streng daarby gebly te danke aan die Excel begroting wat Gielie gemaak het!

My advies sal wees om mooi te gaan dink wat vir jou belangrik is op die dag.  As jy nie teveel omgee oor detail nie, gaan vir die goedkoper opsies dan het jy meer geld oor vir ander dinge (byvoorbeeld wittebrood, spa behandelinge ensovoort).   Moet nie mense nooi as jy hulle nie daar wil hê nie, kos is duur!

Merkwaardigste Oomblikke:


Die oomblik van stilte na die seremonie – toe almal gaan reg staan vir die konfetti, was dit die eerste oomblik wat ons twee saam alleen kom spandeer en besef wat nou net gebeur het.

Gunsteling Diensverskaffers:


  • Ida Irvine as fotograaf verseker en Embers and Envelopes (Sean) as tweede fotograaf.
  • Arlene Lloyd vir blomme!
  • Wedding Boutique SA vir die mooiste trourokke.
  • En Mikhara vir die beste grimering en haarstilering.  Almal het my só spesiaal laat voel en het soveel moeite gedoen.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Eerlikwaar kon ek niks van die “verkeerde goed” onthou nie!  Almal rondom my het alles stil-stil uit gesorteer sonder dat een van ons moes uitvind dat iets eintlik skeef geloop het.

Paartjie se styl:


Ek sou sê baie eenvoudig met ʼn bietjie “Boheems”.  Aarde kleure meestal.

Die Besluitnemingsproses:


Die bruid definitief.  Ek en Gielie het meeste van die besluite geneem – met baie insette van ons ouers af.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bruide:

Moenie teveel stres oor al die klein goedjies nie.  As iets buite jou hande is of iets loop verkeerd op die dag – niemand gaan weet nie en niemand gaan dit onthou nie!  Mense onthou die kos, die dans/musiek en of dit gesellig was, of nie.  Ek kan skaars onthou watter blomme op die tafels was!  En nog advies – kry ʼn videograaf!  Dis heeltemal die moeite en geld werd!

Bruidegom:

Maak seker jou strooijonkers se klere is al drie weke voor die tyd uit gesorteer – sodat iemand nie met ʼn ander skakering groen broek opdaag nie – jou bruid gaan dit agterkom 😀 (ja dit het met ons gebeur).

Venue & Dekor:


Baie navorsing aanlyn gedoen.  En ons het in ʼn warm tyd van die jaar getrou, so ek wou nie blomme hê wat vinnig deur die hitte geaffekteer sal word nie.  En ek wou die dekor so persoonlik as moontlik maak – daarom het ons gegaan vir die skets van elke gas.

Eerste Dans:


Ons albei is baie Afrikaans groot gemaak, en deel ʼn groot liefde vir Theuns Jordaan se musiek so die keuse was heel maklik – By Jou.  Ons albei het staat gemaak op sokkie van skooldae af.

Wittebrood:


Ons het vir ʼn week vanaf Bot-Rivier tot Stormsrivier gereis.  Elke aand by ʼn ander Airbnb geslaap en baie buite aktiwiteite gedoen – regop staan roei in Knysna, Garden Route Lodge Safari’s, Kajak, en nog baie.  Ons al twéé het net een week verlof in daardie tyd gehad, so ons wou soveel daaruit kry as moontlik. En ons het ons troue begin reël tydens Covid, so oorsee gaan was nog te groot risiko.

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: