CJ & Marianka se Buitelug Troue in die Bosveld

Ons is baie opgewonde om CJ en Marianka se buitelug troue in die Bosveld by ʼn pragtige trou venue in Limpopo met julle te deel op Mooi Troues.  Hierdie paartjie se troue is een wat jy nie moet mis nie.  Ons is dol verlief op elke liewe element van die paartjie se troudag, van Marianka se prentjiemooi trourok tot hulle moderne buitelug trou onthaal.

Marianka se trourok is iets besonders en pas só mooi in by die hele moderne minimalistiese tema van hulle troue.  Daar is geen fyn detail nie en die rok se eenvoudige vloei is besonders mooi.  CJ het ʼn aardse kleurskema trou pak aangehad wat ook soos ʼn handskoen by die troue se gevoel gepas het.  Die gevolg het net so deftig gelyk in hulle aardse kleur uitrustings.

ʼn Buitelug seremonie onder ʼn groot boom omring deur die mooi van die bosveld is besonders.  Na die seremonie het gaste die heerlikste vingerhappies geniet op die grasperk onder die bome.

Marianka en CJ se onthaal was in die buitehof van die trou venue wat dit wind beskut maak.  ʼn Buitelug troue is altyd vreeslik mooi vir ons hier by Mooi Troues.  Hulle buitelug onthaal area was uitgelê in lang tafels met spierwit tafeldoeke op.  Dekor elemente was minimalisties gehou met pragtige fyn glasware en pragtige vorm blompotte met enkel blomme in.  Sagte aardse kleure kan weer op die tafel gesien word soos die borde, blompotte en kerse.  Die oranje servette en goue eetgerei bring ʼn meer helder kleur in.

Onlangs verloof geraak?  Besoek Mooi Troue se Trougids vir professionele trou diensverskaffers.  Rol af en lees meer oor CJ en Marianka se buitelug troue in die Bosveld asook hul liefdesreis as paartjie.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het mekaar ontmoet in Somerset-Wes.  Een van my vriendinne en CJ se beste vriend (wat ook sy hoof strooijonker was) is broer en suster en ons het albei foto’s van mekaar gesien en het beslis belanggestel.  Ons is na dieselfde braai toe genooi en die res is geskiedenis soos hulle sê.

Ons was vir ʼn naweek weg vir ons herdenking en sy verjaarsdag by die Augrabies, en toe by die watervalle toe vra hy my om te trou.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was ʼn jaar en 1 week verloof.  Ek is self ʼn trou beplanner en het ons troue beplan.

Trou Begroting:


R150 000(sonder die rok), nee glad nie by die begroting gehou nie!  Haha.  80 Gaste was onthaal.

Troues is duur, vir my was dit alles die moeite werd en ek sal nie nog meer wou spaar iewers nie.  Ek sal sê as jy nie so baie wil spandeer nie hou ʼn intieme klein troue.  Ons het ook baie ver getrou wat dit ook duurder maak so ek dink as jy nader trou sal dit ook goedkoper uitwerk.

Merkwaardigste Oomblikke:


Oh daar is só baie!  Definitief die stap by die padjie af.  Dan het ons die sjampanje toring gelief.  Ons hele troue was ʼn lekker atmosfeer en ons het dit gelief.  Dit was so ʼn lekker partytjie.  Die kos was HEERLIK.

Die Besluitnemingsproses:


Definitief die bruid!  Basies maar alles besluit en gedoen, haha.  Wel ek is ʼn trou beplanner, so ek het maar baie van my die goed gedoen en self gereël ensovoorts.  My Ma en my strooimeisies het net so nou en dan gehelp met takies.  My Ma het veral gehelp met goed optel en baie ondersteuning gegee.

Paartjie se styl:


Baie modern én minimalisties.  Ons wou gaan vir ʼn super modern en skoon voorkoms.  My trourok was eenvoudig en het lekker modern bylae gehad, sodat ek bietjie my voorkoms kon verander deur die loop van die dag.  Die bruidegom se pak was deel van die hele gevoel van die troue.  My ring is ʼn pasgemaakte ontwerp en is ook baie modern.

 

Gunsteling Diensverskaffers:


ALMAL!  Letterlik almal was ongelooflik , ons sal elke een van hulle oor-en-oor gebruik.  Die venue se kos en alles was fantasties.  Carmen van Bellflowers was FANTASTIES!.

Maar ons sal moet gaan met Tiemensma’s (Marno & René).  Hulle was letterlik die beste, ons kom al ʼn ruk met hulle.  Ons het ʼn fotosessie met hulle gedoen voor ons al verloof was en toe ons verlowing fotosessie.  So ons is al so gemaklik met hulle.

Hulle is so vriendelik en so so bitter oulik!  Hulle diens is fantasties en hulle foto’s is letterlik die beste, hulle help mens so baie op die dag en maak mens so rustig en gemaklik voor die kamera en vra heeltyd of ons nog foto’s wil hê en wat ons graag wil doen.

Venue & Dekor:


Venue soek was só ʼn lang proses.  Ons het letterlik omtrent na al die venues in die land gekyk!  So ons het seker ʼn lys van vyftien venues gehad.  Daarna het ons begin gaan in fyner detail, soos hoe laat maak die venue toe, die reg maak kamers ens.  Bordeaux het net al ons boksies getik, dit is net ʼn pragtige venue en het presies gegaan met wat ons wil hê vir ons dag en en visie en gevoel.

Die dekor inspirasie was modern en minimalisties, maar baie-baie stylvol.  Ons wou gaan vir ʼn baie skoon gevoel.  Ons wou ook baie graag die plof kleur van terracotta inbring. maar letterlik net hier en daar ons wou hou by die minimalisties en skoon gevoel.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bruide:

Advies wat ek vir die bruide sal gee is probeer alles doen en klaar kry so twee dae voor die troue, sodat jy rustig kan raak al die aand voor die troue.  Sit jou foon af as jy moet.  Die aand voor die tyd moet net so spesiaal wees, jy moet die oomblik in neem.

Bruidegom:

Ondersteun die bruid maar so veel as moontlik, daar is nie te veel anders om te doen nie.  Vra of jy kan help met goed soos dominee reël en goed soos dit.

Vermaak:


Ons het iemand gehad wat vir ons gesing het by die verwelkomingsdrankies.  Hy was ongelooflik!  Dan het ons ook ʼn platejoggie gehad wat die res van die dag en aand musiek gemaak het.

Eerste Dans:


Ons liedjie was Vroumens van Appel en ons het ons eie dans uitgewerk en geoefen, maar het hom totaal vergeet op die aand.  Vroumens was net vir ons só n mooi liedjie en was perfek vir ʼn eerste dans, die woorde en ritme is perfek.

Wittebrood:


Griekeland is ons al twee se droom nommer en ding op ons doelwit-lys.  Ons het net gevoel dat dit is die perfekte bestemming vir ʼn wittebrood.  Mens weet nooit wanneer mens weer so ʼn geleentheid gaan kry nie.

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]