Trou in prentjie mooi Montagu

Trou in prentjie mooi Montagu, ʼn pragtige dorpie wat deel vorm van die populêre Route 62 roete en net ander kant die skilderagtige Kogmanskloofpas geleë is.  Slegs twee en ʼn half ure se ry vanaf Kaapstad Middestad is dié karaktervolle dorpie die perfekte ligging vir ʼn Klein Karoo troue.

Mooi Troues was uitgenooi deur Hot Oven Marketing na ʼn media bekendstelling van ʼn bekende trou venue in Montagu wat onlangs hulle naam verander het en besig is om ʼn nuwe bestuur span te kry.  Günther en Jaun, die stigters van Mooi Troues het dié lieflike reis aangepak na die media bekendstelling.

Hulle het oornag in die bekende Montagu Country Hotel, lees meer oor hulle wegbreek op Mooi Leefstyl.  Dit is ʼn baie oulike verblyf opsie vir paartjies opsoek na ʼn romantiese wegbreek plekkie in die Montagu gebied.

Die Robertson Vallei is ook nie te ver nie, wat ʼn ander baie populêre trou bestemming is.  Besoek Mooi Troues se Trougids as jy opsoek is na ʼn trou venue in die gebied.

Lees meer oor die media bekendstelling van die trou venue, Cabrières se se nuwe naam, Cellar 1848 hieronder.  Dit was omtrent ʼn lekker gesellige kuier saam met ons media vriende en heerlike kos wat bedien was deur Leeftijd Catering.

Dag 1:


Met die aankoms by ons verblyf by die Montagu Country Hotel was ons verras in die kamer met ʼn baie oulike welkom geskenkpakkies, gevul met plaaslike produkte en lekkernye.  Hulle elkeen het ook ʼn heerlike Quiche gehad as ʼn ligte eet happie voor ons die funksie gaan bywoon.

Toe ons by die plaas arriveer was ons verwelkom deur Jared wat daar was om Hot Oven Marketing te teenwoordig.  Jared is self ʼn bo-baas reis joernalis wat plekkies regoor Suid Afrika besoek.  Dit was só lekker om ons media vriende weer te sien.  Günther was veral opgewonde om weer tyd saam met Zola Nene, een van sy ou kolegas van Expresso Show en Top Billing te geniet.

Ons was verwelkom deur die plaas se bestuur span en ook die spyseniering maatskappy se eienaar.  Elke een het ʼn yskoue glasie vonkelwyn gekry en ons het almal ons self bekend gestel aan mekaar.  As jy baie pret wil hê, nooi die media uit na jou plaas en jy sal vir jouself sien.  Ons het ʼn lieflike aand gehad, baie gelag en baie gepraat met heerlike kos en wyne.

ʼn Trekker rit en Wynproe:

Ons het die media bekendstelling sommer op ʼn hoogte punt begin met ʼn trekker rit uit teen die heuwel.  Daar was ons verwelkom deur die Wynmaker van Montagu Wyne, Chris de Villiers.  Hy het vir ons ʼn heerlike glas van hulle Lady Mary Montagu – Perlé Pink Moscato wyn bedien.  Hierdie was só ʼn oulike wynproe sessie op die heuwel wat uitkyk oor die pragtige Badensfontein plaas se landerye en die berge wat dit omvou.

Dit was ook die perfekte plek vir die media om ʼn paar foto’s te neem en hulle tyd saam met mekaar te geniet.  Ons kon die pragtige sagte skemer lig en die begin van die mooi Karoo sonsak inneem.  Na ons so ʼn tydjie bo spandeer het, het ons weer die trekker geneem na onder.  Met die uitklim slag het elke media verteenwoordiger ʼn oshibori ontvang om te verfris voor aandete bedien gaan word.

Braaivleis:

Voorgereg was heerlike vars gemaakte Roosterkoek, Appelkoos konfyt, ʼn groot verskeidenheid kase, koue vleise, en plaaslike vrugte en neute.  Hierdie tafel het almal se aandag getrek en ons kan self bevestig hoe lekker dit was.  Die reuk van die braaivleis vuur en die geluide van die natuurskoon het die hele ervaring so idillies gemaak.  Montagu Wyne het seker gemaak ons het heerlike wyn om saam met ons etes te geniet.  Die 2022 Chenin Blanc Witwyn was ʼn wenner saam met die voorgereg.

Aandete was bedien onder die groot boom met liggies wat vanuit die boom bo die lang tafel hang.  Die hoofgereg was heerlike lam tjoppies, boerewors, hoender sosaties, oopgevlekte aartappels met vulsel, patat, en pampoenkoekies.  Daar was ook drie heerlike seisoenale slaaie gewees en Montagu Muskadel Sous vir die braaivleis.  Montagu Wyne se 2016 Mont Massif Cabernet Sauvignon was die perfekte wyn vir die aandete en het die braaivleis só lekker gekomplimenteer.

Oh aarde, ons het so lekker geëet en teen dié tyd was ons só opgewonde om die heerlike nagereg te probeer.  Nagereg was ʼn kombinasie van heerlike soet vingerhappies.

Rol af om meer te lees oor ons tweede dag.

Dag 2:


Na die vorige aand se feestelike ete was ons baie opgewonde vir die tweede dag.  Met die aankoms by die trou venue, was daar ʼn klein ontbyt vinger happie en heerlike vars granaatsap.  Dit was die perfekte keuse vir die skroeiende warm oggend in Montagu.  Almal was baie opgewonde om  die trou venue binne te sien.  Ons was lekker gesellig saam met die ander media gaste en die majestueuse berg uitsigte en wingerd landerye geniet.

Ons het die dag begin weer met ʼn trekker toer:

Na die vorige dag se trekker toer was ons opgewonde om dit weer te ervaar.  Dit is nie aldag wat ʼn klomp stadsjapies op ʼn trekker rondry nie.  Oppad na die uitkyk punt het ons gestop vir ʼn vinnige verduideliking hoe hulle die suiker vlakke meet.  Twee media lede het ʼn paar druiwe gaan pluk en dit sommer met die hand gedruk in ʼn glas vir die sous om uit te kom.  Daarna sit mens die sap op ʼn suiker leser en kyk direk na die son.  Jy sal dan sien op watter vlak die suiker min of meer is en wanneer die druiwe gereed is vir oes.  Dit was nou nogal ʼn baie interessant om te leer.  So by ons volgende geselligheid kan ons ook soos wynkenner klink.

Net bo die trou venue is ʼn styl pad op in die wingerde waar die trekker gestop het sodat ons die plaas se mooi uitsigte kan geniet.

Bekendstelling van die trou venue se nuwe naam:

Hierdie is die deel van die media bekendstelling waarvoor almal gewag het.  Die bekendstelling van die trou venue se nuwe naam wat verander het van Cabrières na Cellar 1848.  Hulle nuwe naam is iets wat paartjies maklik sal onthou en vind wanneer hulle in Montagu is.  Die trou venue is slegs 20 minute se ry vanaf die middedorp van Montagu.

Hulle kan vir tussen 100 en 120 gaste voorsiening maak by dié trou venue.  Die omliggende landskappe en berg uitsigte is só asemrowend vanaf die trou venue se stoep.

Ete tussen die wingerde:

Na die bekendstelling van die trou venue se nuwe naam het ons ʼn heerlike brunch tussen die wingerde geniet.  Dit was idillies gewees en ons kon die Karoo son lekker geniet met heerlike kos en drankies.  Die ete was ʼn verskeidenheid vingerhappies wat op die tafel bedien was.

Die vingerhappies het ingesluit Vye Filo Koppies, Gevulde Eiers, Kaas en Tamatie Sosaties.  Sampioene en Polenta, Granola Koppies, Hoender op Wafels, Benedict Eiers Rosti, Croque Montagu en Suurlemoen Palet Skoonmaker.  Dan was daar oor heerlike Geposjeerde nektariens, Vrugte stokkies en Mosbolletjie Franse roosterbrood.

Dit was omtrent ʼn heerlike ete gewees in ʼn pragtige ligging.  Definitief iets wat ons weer eendag sal wil ervaar.

    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    [endsection]