Onderhoud met Resound Music

In hierdie onderhoud styl inskrywing gesels Mooi Troues met Renate, die stigter en eienaar van Resound Music.  Musiek en vermaak speel só ʼn groot rol by enige paartjie se troue.  Dit is die een ding wat ʼn atmosfeer skep en heeltemal kan verander.

By Resound Music kan jy professionele musikante, platejoggies en meer huur.  Jy hoef nie rond te soek na verskillende opsies nie, want alles is beskikbaar deur Resound Music.

Renate Riedemann het jare se ondervinding in die musiek bedryf.  Sy verstaan die belangrikheid van musiek, vermaak en goeie gehalte klank.  Daarom kan paartjies weet as hulle gebruik maak van Resound Music, dat hulle slegs die beste sal kry.

Rol af om meer te lees in ons onderhoud met Renate, die stigter en eienaar van Resound Music.

Wanneer was Resound Music gestig?


Resound Music is ʼn geïnspireerde konsep deur violis, Renate Riedemann, en het reeds in 2014 vorm begin aanneem.  Dit het aanvanklik begin as ʼn verlenging van Renate se eie kunstenaars-portefeulje.  Resound Music het werklik eers gedurende die inperkings van 2020, volwaardig begin plek inneem as ʼn gevestigde netwerk van uitgesoekte musikante, platejoggies en musiek tegnici.

Renate was destyds in the instrumentale pop-groep, Sterling EQ.  Hier het  sy waardevolle ondervinding opgedoen.  Nie net in die trou-industrie nie, maar ook in korporatiewe vermaak en teater produksies.  Deur die loop van haar loopbaan het sy mense in die industrie begin identifiseer.  Mense wat nie net dieselfde manier van dink en doen het nie, maar wie se harte ook dieselfde klop as dit kom by die verantwoordelikheid wat in elke persoon se hande is wat die gawe van musiek ontvang het.

Die visie was, en is nog altyd vir Resound Music om ʼn eksklusiewe portefeulje te bly waar elke individu ʼn persoonlike verhouding met Renate het.  Dit sorg nie net vir lojaliteit teenoor die handelsnaam nie, maar ook ʼn vertroue dat die gehalte van diens regdeur konsekwent bly.

Wat is die inspirasie agter die besigheid se naam?


As gevolg van ʼn hele paar teleurstellings en leer kurwes in die musiek industrie was die hart agter Resound Music om ʼn regverdige platvorm te skep vir beide musikante en kliënte.  Die oortuiging om in die belange van beide partye in te tree bly die kern.  Daar word omgesien word na elkeen se behoeftes.

Hul naam, “Re-Sound” het uit die niet uit opgestaan met veelvuldige betekenis. Die “Re” is ʼn speel op “aangaande” musiek/klank, asook die herontdekking van musiek.  Dit het in ʼn tyd gekom waar Renate ʼn splinternuwe passie vir sang ontdek het.  Sy wou graag hierdie nuwe identiteit as violis en sanger saamvat in die naam.  Die Engelse woord “Resound” het ook pragtige betekenis soos om ʼn sterk eerste indruk te maak, of om ʼn groot effek op mense te hê.

Die oortuiging dat musiek ʼn gawe is wat die krag het om mense aan te raak tot in die geheime dele van die hart, bring mee dat die konsep van musiek nie deur elke musikant “geskep” is nie, maar eerder, sonder meriete, deur ʼn Hoër Hand geskenk word.  Daar is dus geen ruimte vir arrogansie of trots nie, maar eerder ʼn hardwerkende siel wat uit oorgawe leef.

Verduidelik presies watter dienste Resound Music bied?


Resound Music bied ʼn verskeidenheid van regstreekse musiek-opsies sowel as Platejoggies-, klank- en beligtings dienste.

Daar word ook klem gelê op die aanpasbaarheid van musiek-opsies.   Byvoorbeeld: Dat ʼn solo musikant met addisionele instrumentasie kan optree om ʼn orkes/ensemble te vorm.

Vanweë die mees gewildste navrae het Resound Music ook inklusiewe trou pakkette bymekaargetel.  Hierdie pakkette het relevante name soos “A Variation on Violin” wat akoestiese en elektriese viool by die seremonie en vooraf-drankies insluit.  Of ons gewilde ‘Eksklusiewe Alles-insluit pakket’ wat die samevatting van alle musiek-verwante dienste is wat by ʼn troue benodig word.

Resound Music het ook onlangs hulle portefeulje uitgebrei met die toevoeging van musiek ervarings.  Die idee is om hierdie afdeling te groei sodat die vreugde van musiek deur almal beleef kan word.  Perfek vir iets soos ʼn kombuistee, henne-partytjies of selfs as aktiwiteit op die troudag self om gaste interaktief besig te hou.  Loer gerus na hulle drom sirkel-ervaring met die naam “Ubuntu Jam”.

In opsomming bied Resound Music enige iets van ʼn pianis, violis, harpspeler, stryk ensemble, trekklavierspeler, kitaarspeler, liedjieskrywer, folk-, blues-, jazz en pop groepe, ʼn plaaslike koor, saksofoonspeler, blaasorkes, platejoggies, tegnici tot ʼn marimba band en meer!

Hoe werk dit as paartjies belangstel om Resound Music se dienste wil gebruik?


Resound Music nooi paartjies uit om hulle musiek-visie met Renate te deel sodat daar ʼn unieke en persoonlike pakket vir elkeen bymekaargesit kan word gebaseer op hulle behoeftes.  Selfs al het die aanlyn portefeulje nie wat gesoek word nie, kan Renate dit binne haar netwerk vind.  Paartjies kan vinnige terugvoering verwag met die bevestiging van informasie soos 1) aantal gaste wat genooi word 2) die venue en 3) presies wat verlang word in terme van regstreekse musiek en/of platejoggie dienste.

Besoek Resound Music se profiel op Mooi Troues om kontak te maak met hulle.  Lesers kan ook vir Resound Music op Instagram en Facebook.

Watter advies kan Resound Music gee aan paartjies wat dink daaraan om musiek te huur?


Resound Music beveel elke paartjie aan om te besluit wat die belangrikheid van musiek op hulle troudag is.  Hetsy dit nou ʼn platejoggie of regstreekse musiek is.

Daar moet navorsing gedoen word oor elke maatskappy deur byvoorbeeld vorige terugvoering van kliënte op Google Business of op sosiale media te lees.

Volg hulle op Instagram en kyk veral na hulle webtuiste asook die professionele kommunikasie via epos.

Dit sal ʼn goeie indikasie wees van ʼn maatskappye wat nie net betroubaar is nie maar ook vir jou waarde vir geld gaan bied.  Vir paartjies moet dit ʼn ding wees wat vir hulle berusting gee en nie twyfel nie.

Die sê-ding van “jy kry waarvoor jy betaal” is redelik vanpas en die fooie van jou verskaffer moet die kwaliteit van ʼn diens weerspieël sonder om uitermatige opgeblaas of onder-geprys te wees.

Wat is die nuutste tendens wanneer dit kom musiek en vermaak by troues?


Resound Music het gevind dat meer paartjies begin om regstreekse musiek by beide die seremonie sowel as die na-drankies te inkorporeer.  Daar is ʼn hongerte vir die menslikheid en konneksie van ʼn musikant om op te tree, eerder as ʼn speellys in die agtergrond.

Mense begin buite die boks dink.  Met versoeke soos ʼn sanger om skielik te verskyn tydens die onthaal om die “eerste dans liedjie” regstreeks op te voer. of om ʼn trekklavierspeler te kry om die gaste van die seremonie-area na die onthaal-area te begelei.

Resound Music verwelkom enige soortgelyke kreatiwiteit en is meer as bevoeg om spesiale versoeke tot gestalte te bring.

Artikel Fotograwe Krediet: