Dominic & Shannon se Rustieke Troue

Ons deel in dié inskrywing Dominic en Shannon se rustieke troue met julle op Mooi Troues.  Dié paartjie het op ʼn plaas in die Stellenbosch gebied getrou.  Hul seremonie tussen die bome het ʼn woud atmosfeer gegee en ook skaduwee gebied vir hul trou gaste.  Die wit Tiffany stoele skep die perfekte kontras teenoor die bome en aardse kleure van die bome.

Hulle trou dekor het perfek ingepas by hul rustieke tema, met moderne elemente daarby.  Die gebruik van Groene en tikseltjies goud gee die trou dekor ʼn meer elegante gevoel.  Rou hout tafels en die donker dak met hout balke pas weer mooi by die rustieke gevoel.  Die blom ontwerpe wat oor die tafels hang met die ligte daar tussen is so mooi en trek gaste se aandag. Dun goue kers staanders met wit kerse bring ʼn romantiese gevoel tevore.

Shannon se trourok is só mooi gewees met fyn detail op haar vloeiende trourok.  Ons hou baie van haar trourok se skouers en die oop rug.  Dominic het gegaan vir ʼn formele swart troupak met ʼn onderbaadjie en strikdas.  Die pragtige paartjie het baie deftig gelyk op hul troudag.

Vir hul fotosessie was die plaas landskappe die paartjie se agtergrond.  Die paartjie se troue was omtrent ʼn lekker gesellige kuier met vriende en familie.

Alles is moontlik as jy professionele trou diensverskaffers het.  Besoek Mooi Troues se Trougids vir diensverskaffers vir jou troudag.

Shannon en Dominic het enige paartjie se droom wittebrood gehad.  Hulle het deur Europa ge-toer en verskeie lande en stede besoek insluitende Italië, Oostenryk, Nederland, Duitsland, Frankryk en Switserland.

Rol af om meer te lees oor Dominic en Shannon se rustieke troue en ook hulle paadjie saam as paartjie.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het aanvanklik ontmoet as kinders, ons susters was vriende.  Dominic en sy vriende het na my huis toe gekom om te swem (en om my en my vriend te terg). Dit was eers baie jare later toe ons mekaar toevallig weer sien en dadelik geweet het daar is iets meer.

Dominic het my gevra om te trou, hy het vir ons ʼn dag uit beplan, en ons eerste stop was Chapman’s Peak waar hy my die groot vraag gevra het teen ʼn asemrowende uitsig.   Ek het eintlik na die uitsig gekyk en toe ek omdraai, het ek die skok van my lewe gekry.  Hy was op sy knie – ek het dit glad nie sien kom nie, ek het trane gehuil van geluk.

Die Verlowing Tydperk:


Ons verlowings tydperk het ongeveer vir ʼn jaar en 3 maande. Ons het die troue self beplan, ons het aanvanklik beplan om net na binnelandse sake te gaan, maar het besluit ons wil hê ons troue moet meer spesiaal wees met al ons familie en vriende.  Dit is eers vroeg in Desember 2021 besluit, so ons het net 3,5 maande gehad om die troue te beplan!

Merkwaardigste Oomblikke:


Shannon:

Die merkwaardigste deel van die dag vir my was toe ek in die troupaadjie moes afloop met die liedjie, Christina Perri se “A Thousand Years“.  Tesame met my emosies en dan my toekomstige man met hierdie voorkoms van pure liefde en geluk in sy (effens nat) oë 😊 te sien was net ʼn oomblik en ʼn gevoel wat ek nooit sal vergeet nie.

Dominic:

Die merkwaardigste deel van die dag vir my was toe Shannon in die troupaadjie afgestap het.  Toe ek haar vir die eerste keer sien en hoe mooi sy gelyk het, het ek heeltemal emosioneel geraak.

Trou Begroting:


Die begroting was so R60,000.00.  Ons het probeer om die koste so laag as moontlik te hou, wat die moeilikste deel van troubeplanning was.  Met beplanning het ons daarby gehou deur die aantal gaste te verminder, verskeie kwotasies vir dieselfde dinge te kry en vir die beter prys te gaan.  Familie en vriende het ook bygedra, ons was baie dankbaar.  Daar het 101 gaste het ons troudag bygewoon en het aanvanklik gemik op 50 gaste, maar dit was ʼn onmoontlik taak.

Paartjie se styl:


Shannon:

Ek het ʼn visie vir my trourok gehad deurdat ek ʼn sprokies geïnspireerde rok wou hê met ʼn slee en moue wat van die skouer af is.  Yolande Kruger van Eulogeo Zeloo Couture het ‘n ongelooflike werk gedoen!

Dominic:

Ek was op soek na ʼn klassieke, elegante en pasgemaakte Tuxedo.  Ons wou die trouringe eenvoudig en klassiek hou. Dominic het ʼn silwer band gekry, en ek het ʼn rond gesnyde verloofring met ʼn versierde troupand gekry om by te pas.

Die Besluitnemingsproses:


Ek (Shannon) het meer van die finale besluite geneem.  Die bruidegom het gesê hy was gelukkig solank ek gelukkig was, maar hy het ook vertroue in my visie gehad en was tevrede daarmee.  Ons het geweet wat ons wou hê, familie en vriende het ons gehelp om daardie dinge te vind, so daar was nie veel moeilike besluite om te neem nie, maar ons het familie en vriende geraadpleeg en ook hul mening gevra.

Gunsteling Diensverskaffers:


Die fotograaf, Larry September, het ʼn fenomenale werk gedoen.  Sy teenwoordigheid en werksetiek was net fantasties, hy het ons baie gemaklik laat voel.  Jy kan sien/voel dat hy opreg omgee om ʼn werk goed gedoen vir sy kliënte te doen. Ons is mal oor die foto’s.

Die Platejoggie het ook seker gemaak ons dans die aand weg.

Vermaak:


Die enigste vermaak wat ons gehad het was die platejoggie, dit was genoeg vir ons.  Familie en vriende het dit ʼn onvergeetlike dag gemaak.

Venue & Dekor:


Die trou venue was die maklikste besluit.  Ons visie was rustiek, met ʼn woud atmosfeer en flikkerende ligte.  Dit is al wat ek (Shannon) in gedagte gehad het. My Ma en strooimeisies het trou venues gesoek en my Ma het op Ou Stal in Stellenbosch afgekom.

Ons het deur foto’s gegaan en besluit dit is ʼn moet sien, want dit het die blink lig en verskeie rustieke liggings vir wonderlike foto’s (perdestalle, boskapel, kerk ens.).  Dit was ook kostedoeltreffend! Dit was die eerste en laaste venue wat ons besoek het; ons het nie nodig gehad om ʼn ander venue te besoek nie, want dit het alles gehad wat ons begeer het.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Die enigste ding waaraan ek kan dink was ʼn bietjie van ʼn probleem was die versengende hitte.  Dit was ʼn warm dag in Stellenbosch.  ʼn Paar aktiwiteite was bietjie ongemaklik in die hitte, maar ons het nietemin die meeste daarvan gemaak.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Shannon:

Gryp die dag aan, leef in die oomblik en geniet dit.  Moenie bekommerd wees oor al die aandag en oë op jou nie, dit is jou oomblik!  Ek noem dit juis omdat ek ʼn baie skaam persoon is wat nie van baie aandag en/of oë op my hou nie, maar as ek terugdink aan sekere oomblikke, sou ek beslis sê leef in die oomblik.  En dames, berei jouself voor vir enige onvoorsiene situasies – pak grimering, ʼn mini waaier, plat skoene, haar spelde ens.

Basies, enigiets waaraan jy kan dink – jy kan nooit te voorbereid wees nie!

Dominic:

Ek sal aanraai om niks vir die laaste minuut te los nie – organiseer jou en die bruidegoms pakke ens. in plaas daarvan om op die laaste oomblik rond te hardloop.  Onthou om die proses te geniet.

Eerste Dans:


Die liedjie keuse was ʼn bietjie van ʼn stryd.  Dominic het ʼn vinnige salsa styl liedjie in gedagte gehad, terwyl ek die “Crazy Rich Asians” trou toneel liedjie in gedagte gehad het, maar toe ons op albei liedjies probeer dans het, was die een liedjie te vinnig en die ander te stadig, so ons het besluit op ʼn ander liedjie, naamlik Ariana Grande & Justin Bieber – Stuck With U.

Hierdie liedjie het die perfekte tempo vir ons dans tempo gehad, en dit het ons herinner aan ʼn tyd tydens die COVID-19 inperkings tydperk waar ons regtig waarderend en dankbaar was om mekaar te hê.

Ons het nie vir danslesse gegaan nie; ons het net saam met die ritme gegaan (meer soos Dominic wat my rondswaai).

Wittebrood:


Vir ons wittebrood het ons op ʼn Europese reis besluit waar ons na verskeie lande en stede in Europa gereis het, insluitende Italië, Oostenryk, Nederland, Duitsland, Frankryk en Switserland.

Ons het dit gedoen deur Expat Explore.  Ek (Shannon) wou nog altyd na Europa reis en verskillende kulture en argitektuur en meer verken en watter beter manier om dit te doen as met die liefde van jou lewe.  Dit was ʼn reis van ʼn leeftyd en iets wat ons albei vir altyd saam sal koester.

Ons gunstelinge was die Switserse Alpe en Venesië.  Die Switserse Alpe was net mooi, asemrowend en die natuur was oral.  Venesië was ook pragtig, baie kleurvol, ons het op ʼn romantiese gondelrit gegaan waar Dominic sy eie weergawe van ʼn serenade gedoen het.

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: