Ons deel graag Dehan en Annemie se karnaval verlowing fotosessie met Mooi Troues se lesers. Die paartjie het besluit om ล prettige verlowing fotosessie te doen by ล karnaval in Pretoria. Wat ล oulike en unieke idee vir ล verlowing fotosessie. Daar is soveel redes hoekom paartjie ล verlowing fotosessie wil doen.
ล Verlowing fotosessie moet pret wees en Annemie en Dehan het hulle verlowing fotosessie by die plaaslike karnaval gate uit geniet. Daar is net ล prettige energie as mens by ล karnaval is. Die geluide van die verskillende speletjies, kleure en dan die reuke van die lekkernye. Alles saam speel ล rol om die perfekte karnaval gevoel te bied. Hierdie paartjie se fotosessie is gevul met baie glimlagte en sommer baie pret!
ล Verlowing fotosessie is die perfekte geleentheid vir paartjies om meer gemaklik te raak met hul trou fotograaf. Dit gee paartjie ook die geleentheid om self as ล paartjie meer gemaklik te raak voor die kamera. Dit kan nogal stresvol wees as iemand heeltyd met ล kamera in jou spasie is, veral as mens nie gewoond is daaraan nie. Op julle troudag wil jy definitief nie onnodig gestres wees oor jou spesiale dag se fotoโs nie. Daarom raai ons aan dat julle ล verlowing fotosessie doen en sommer daardie stres wegbรชre vir jul troudag.
As julle besig is om jul troue te beplan en opsoek is na fantastiese trou fotograwe, besoek gerus Mooi Troues se Trougids. Ons aanlyn trougids is propvol fantastiese trou fotograwe wat jou verlowing fotosessie stresvry sal laat wees.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Ons eerste ontmoeting was in die Crossfit Gimnasium. Die eerste keer wat Dehan my gesien het, het ek onderstebo teen ล muur gestaan!.
Die groot vraag:
Ons verlowing was die perfekte flop! Ek het vermoed dat hy my 16 Desember by die see sou vra. My familie het my baie gedwing om my naels te laat doen voor ons vlieg! Die 4de Desember het ล fotograaf-vriendin my gevra of ek vir haar ล gestileerde fotosessie sal doen. Dit het gestorm reรซn en dit was pikdonker!. Ek en Dehan was sopnat. Hy het my in middel van ล donderstorm gevra om te trou!
Hoekom ons mekaar liefhet:
Ek is verlief op die sagte persoonlikheid en geduld wat Dehan het. Hy laat my wรชreld ook meer kalm voel.
Ek is mal oor die manier wat haar perfeksionisme haar beheer! Haar passie vir mense en kinders is baie spesiaal.
Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Ons was 10 maande verloof voor ons getrou het.
Die verloofring:
Die bruid het ล styl gekies waarvan sy hou. Dehan het uit sy eie vir my ring ล โhidden haloโ gekies en ek kon dit nie beter kies nie.
Rede vir die verlowing fotosessie:
Dehan het ล fotograaf gereรซl vir die dag wat ons verloof geraak het, maar as gevolg van die swaer reรซn kon ons geen mooi fotoโs kry nie. Daarom het die fotograaf vir ons ล fotosessie oor gedoen.
Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Ek wou bitter graag iets anders doen vir ons troudag. Nie net dieselfde as al die boeke op die oomblik nie. Toe besluit ek om ook met die verlowings fotosessie anders te wees as om net in ล veld of op die strand fotoโs te neem.
Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
Ek kan eerlik sรช dat daar geen vrese was nie. Ons was regtig gelukkig en geseรซnd met alles wat glad verloop het.
Visie vir droomtroue:
Verkieslik nie weer donderstorms nie. Ons sal graag ล kalm dag wil hรช en onthou om alles in te neem.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ล internet konneksie het en ล toestel wat gekonnekteer is tot ล aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ล rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy โn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Fijn photography
- Fotosessie Venue: Carnival @Grove mall
- Verloofring: Lumen By Poggenpoel Diamonds