Ons deel met opgewondenheid Danie en Jané se klassieke troue in die Noord-Kaap met julle op Mooi Troues. Hierdie paartjie se pragtige plaastroue is een wat jy nie moet mis nie. Hulle visie was om ʼn troue te hê wat klassiek is en nog vir die volgende vyftig jaar wat kom mooi sal wees. Alles is moontlik as jy ʼn span trou diensverskaffers het wat passievol is. Mooi Troues se Trougids het fantastiese trou diensverskaffers wat jou troudag se visie sal bewaarheid. Blaai gerus deur ons aanlyn trougids vir trou diensverskaffers wat jy kan vertrou.
Jané en Danie se trou dekor was skakerings van aardse kleure. Die hout tafels en die meer helder aardse kleure skep die perfekte kontras. Blom ontwerpe wat bestaan uit gedroogde en ook die mooiste vars blomme kan gesien word in die middel van die trou gaste se tafels. Ander dekor elemente sluit in die simplistiese, moderne tafelnommers met tikseltjies goud, wat weer ʼn elegante element inbring. Dun swart kersstaanders met wit- en perskekleur kerse skep die hoogte en ʼn romantiese gevoel.
Die mooi plaas landskappe en sagte sonlig was die agtergrond van die pasgetroude paartjie se fotosessie. Ons is dol verlief op hulle trou motor. Daardie klassieke swart Mercedes-Benz het totaal en al ons aandag getrek en dit pas perfek in by die tema van die paartjie se troue.
Danie het en sy gevolg het swart pakke aangehad, wit hemde en swart dasse. Jané se trourok is besonders mooi en ons hou veral van die detail aan die bokant van die rok en hoe mooi die rok vloei na onder. Haar ligte hand ruiker het só mooi by haar trourok gepas en ʼn baie elegante voorkoms geskep.
Rol af om meer te lees oor hul liefdesreis as paartjies en mooi klassieke troue in die Noord-Kaap.
Paartjie se Liefdesreis:
Dié paartjie se liefdesreis het in 2003 alreeds begin toe Jané se pa ʼn Kombi by Danie se pa gekoop het. Danie sou jok en sê dat hy daardie dag al geweet het hy gaan eendag met Jané trou. In 2020 het hulle paaie egter eers weer gekruis, en dit het nie te veel koppies koffies gekos om te besef dat hulle mal was oor mekaar nie. In September 2021 het Danie tydens die mooiste sonsak die groot vraag gevra, en die antwoord was ongetwyfeld JA!
Die Verlowing Tydperk:
Ons is mense wat floreer op impulsiewe besluite, en daarom was ons net ʼn volle twee maande en een week verloof. As ons dit alles oor kon doen, sou ons vir selfs nog korter verloof wou wees. Ons het ons hele troue self beplan, en alles het verbasend glad verloop!
Trou Begroting:
Ons het begroot om binne R200,000 te bly, en ons het net-net daarin geslaag. Ons het 110 mense op ons troue gehad, wat vir ons presies reg was. Spandeer jou geld aan jou mooiste dag, moenie te veel probeer spaar nie. Om op ʼn nul weg te trek na die troue, maak mens net meer kreatief om planne te maak as ʼn span!
Gunsteling Diensverskaffers:
Sjoe, dis baie moeilik as mens slegs goeie diensverskaffers gehad het. As ons een verskaffer kon uitsonder sou dit ons fotograwe/videograwe (Tales of light) wees. Hulle was vol lewe, vol idees en sommer net deel van die hele party. En ons was só tevrede met hoe ons foto’s en ons video uitgekom het.
Paartjie se styl:
Ons het probeer gaan vir die stylvolle, tydlose en elegante, klassieke voorkoms. Iets wat 50 jaar terug in die mode was, en wat oor 50 jaar van nou af steeds stylvol sal wees.
Merkwaardigste Oomblikke:
Jané:
Om die dansvloer die eerste keer te open as getroudes, en om te voel dat al ons naastes daar is om ons liefde te vier.
Danie:
Die gevoel wat ek ervaar het toe ek vir Jané in die paadjie sien afkom, is ʼn oomblik wat ek altyd sal koester.
Die Besluitnemingsproses:
Ons was ʼn baie goeie span wat besluitneming aanbetref het, ons smaak stem baie ooreen wat dit maklik gemaak het. Danie was hoofsaaklik verantwoordelik vir die platejoggie en musiek, venue en kontrak opstel. Jané het hoofsaaklik oor die dekor, geskenkies, en tydlyn van die dag besluit. Die res was een groot spanpoging. Omdat ons so min tyd gehad het om alles te beplan, het ons min vriende en familie genader om te help met die besluitnemingsproses.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Bruid:
Moenie te veel tob oor jou besluite nie, jou aanvanklike idees en styl is altyd die beste. Gaan daarmee, en moenie bang wees om iets anders en unieks te doen nie. Dis JOU dag!
Bruidegom:
Onthou dat ʼn vrou van dogtertjie-dae af droom oor hierdie dag. Gun haar om dit uit te leef, maar neem ook deel in die besluitneming. Dis die enigste dag wat al jou naaste mense daar is net vir jou, so neem elke oomblik daarvan in.
Venue & Dekor:
Ons was op ʼn vorige troue by The Venue naby Hartswater, waar ons al twee ons harte verloor het op die Bolandse styl en lowergroen pekanneut bome so in die hartjie van die Noord-Kaap. Albei van ons is plaaskinders, so ons wou graag ʼn stukkie van die plaas in ons dekor inbring. Ons het verskillende gras-tipes uit die veld gepluk, en gekombineer met vars blomme om ʼn aardse beeld te skep. Al twéé van ons is mal oor kerse, wat ook ʼn groot deel van ons tafel dekor uitgemaak het.
Eerste Dans:
Ons het die dansvloer geopen soos wat ons in die saal ingestap het, op die liedjie “Always” van Izak Danielson. Ons mis nie sommer ʼn dans nie, en het gevoel om dit so eg as moontlik te hou, moet ons net dans soos wat ons vanaf die eerste dans op die teerpad tydens sonsopkoms, gedans het.
Wittebrood:
Ons was Mosambiek toe en het in Bilene gebly. Dit was ons albei se eerste keer in Mosambiek, en was ʼn trougeskenk van een van ons gaste. Ons het 6 ure lank gery aan 230km, omdat ons perongeluk op die verkeerde pad beland het.
Mango’s en tjips was ons stapelvoedsel vir daardie 10 dae, omdat ons glo dat hitte, bedompigheid en vleis ʼn resep moes wees vir ʼn lekker deurmekaar maag. Daarna het ons ʼn paar dae in Marlof Park deurgebring, waar ons sokker met olifante gespeel het en mak wild gevoer het. Ons het daar ook besef dat Danie nie die een is wat die spinnekoppe in die huis gaan doodmaak nie, daarvoor is hy te bang.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf + Videograaf: Tales of Light
- Venue: The Venue, Hartswater
- Blomme + Dekor: Nigel Londt
- Bruidegom-pak: Woolworths
- Fotohokkie: KDL Photobooth
- Gaste Geskenke: Koester Exclusive Pty Ltd
- Grimering + Hare: Simoné Niebuhr Makeup Artistry
- Huwelik kontrak: Duncan & Rothman Attorneys
- Huweliksbevestiger: Marais Kluge
- Juweliersware: Lovisa
- Koördineerder: Arline Herbst (The Venue)
- Kroegdiens: The Venue
- Platejoggie: DJ Liquid Ice
- Paartjie se verblyf: The Venue, Hartswater
- Strooijonkers bykomstighede: Dasse (Truworths), Hempde (Woolwortjies), Belde (Adriaan du Plessis)
- Skoene: Shein
- Spyseniering: The Venue
- Strooimeisie-rokke: Shein
- Trouring: Martin Nagel Jewellers cc
- Troukoek: Anita Lotz (Bruid se ouma)
- Vervoer: Kobus van Zyl
- Wittebrood plek: San Marthino Beach Club (Mosambiek)