Ons gee advies vir buitelug troues in Suid-Afrika aan Mooi Troues se lesers. Baie paartjies droom van ʼn romantiese buitelug troue onder die sterre. Gelukkig het ons gewoonlik baie mooi weer in Suid-Afrika wat dit ʼn groot moontlikheid maak. Buitelug troues is altyd iets anders as die gewone. Die geluide van die natuur wat jou omring is só mooi. Mooi Troues het al baie mooi Buitelug Troues met ons lesers gedeel. Klik hier om trou inspirasie te kry van buitelug troues wat ons voorheen gepubliseer het.
Om ʼn buitelug troue te hou kan vreeslik mooi wees, maar dit verg bietjie logistieke beplanning. Daar is ʼn hele paar faktore wat mens ingedagte moet hou. In hierdie advies artikel gaan ons oor ʼn paar van die punte. Ons kon nou nie al die punte hier lys nie, want dan gaan julle verewig lees. Die punte wat ons hier lys is net om julle in die regte denk wyse te begin stuur.
Rol af vir meer advies vir buitelug troues in Suid-Afrika en punte waaraan julle moet dink as julle ʼn buitelug troue wil hê.
Ligging:
Die ligging van jul buitelug troue is van uiters belang. Hou ʼn ogie op die weer. Kyk na die weer op verskillende tye van die jaar by die spesifieke ligging. Vra die trou venue waar julle gaan trou hoe die weer gewoonlik is in die spesifieke tyd van die jaar wanneer julle wil trou. Dit is belangrik om verskillende mense se insette te kry. Party plekke kry somerreënval en ander meer in die winter seisoen.
Die ligging sal ook bepaal hoe buite die troue kan wees. Of daar byvoorbeeld ʼn tent benodig sal word of nie. Is daar bome?. Hoe is die wind waar julle die trou onthaal wil hou ensovoorts. Dit is alles dinge waaraan julle moet dink.
Vra ook of daar elektrisiteit is op die perseel waar julle buite wil trou.
Tyd van die dag:
Die tyd van die dag speel ʼn baie groot rol in die beplanning van ʼn buitelug troue. Omrede dit sal bepaal hoe laat wat van die trou program moet gebeur. As julle byvoorbeeld op ʼn oop vlakte in die middel van somer in die Karoo trou sal julle definitief voorsiening moet maak vir die hitte. Dit sal dan beste wees om vroeg oggend, of laat middag te trou wanneer die son bietjie sagter is. Met ʼn buitelug troue is die tyd van die dag van uiters belang.
Julle trou venue sal beter weet watter dele van hulle tuin of buite ligging sal beter werk vir sekere tye van die dag.
Hou ʼn Plan B ingedagte:
Omdat ʼn buitelug troue heeltemal afhanklik is van die natuur en jy nooit weet as daar ʼn rowwe wind of reën is nie, maak seker julle het ʼn tweede opsie ingedagte op die troudag. Moeder natuur bied ons fantastiese agtergronde om mee te werk wanneer dit kom by ʼn buitelug troue beplan. Maar, Moeder natuur het ook ʼn temperament van haar eie. Op jou troudag mag dit reën, of die wind kan onverwags opkom en alles net onplesierig maak. Dink aan opsies soos markies tent, groot sambrele oor die tafels of goeie beskutting of selfs ʼn binne onthaal by die trou venue.
Maak seker die trou venue waar julle trou is voorbereid om op die laaste minuut veranderinge te maak indien daar iets onverwags gebeur soos erge winde of reën.
Spyseniering:
Dit is baie belangrik om seker te maak dat die trou venue die spyseniering kan doen indien julle kies om ʼn buitelug troue te doen. Daar is baie oulike trou venues wat lekker buitelug spyseniering kan doen soos spitbraai, braaivleis en vele meer opsies. Let wel, dit is nie iets wat alle trou venues bied nie. As julle wel besluit op ʼn buitelug troue, vra die trou venue eerste of spyseniering moontlik is vir die spesifieke buitelug ligging.
Dit help nie julle beplan om in die mooiste versorgde tuin op die trou venue te trou nie, maar die kombuis is 500 meter weg van die onthaal nie. Daar is geen manier hoe al die kos daarna vervoer sal kan word nie en nogsteeds warm en mooi sal wees nie. Dit is waar baie mense die fout maak en dan teleurgestel is as hulle kos nie is soos hulle dit verwag nie.
Met ʼn buitelug troue moet al die kos baie vinnig bedien word, omrede die kos baie vinniger koud kan word as byvoorbeeld binne. ʼn Ligte briesie wind sal gaste se kos vinnig afkoel so die kos bediening moet op eenslag gebeur so spoedig moontlik.
Water en Drankies:
Hou bottels met water op ys ten alle tye vanaf die begin tot die einde van die troue. Maak seker alle gaste het toegang tot water sodat niemand dehidreer nie. Drankies moet ook lekker koel gehou word sodat gaste heerlike koue drankies het om te geniet. Onthou, ys smelt vinnig as dit in die son is. ʼn Goeie idee sal wees om die kroeg area onder ʼn skadu boom te hê of selfs ʼn tipe van ʼn mooi tent.
Die troukoek:
Gewone versiersel mag nie in die hitte mooi bly nie, dus bespreek met die bakker van jul troukoek die opsies wat sal hou in die somer se warm aande. Bakkers weet presies wat werk en wat nie en watter versiersel sal werk vir warmer klimaat. Moet nie die fout maak om ʼn troukoek te vat wat nie in hitte mag wees nie. Julle troukoek sal stadig begin smelt en nie uitdraai soos julle wens nie.
ʼn Ander opsie is om die troukoek te beskut op ʼn stoep of onder ʼn tent waar die nie so direk in die son is nie. Baie trou venues het ook groot inloop yskaste waar hulle die koek kan stoor net voor die onthaal en dit dan eers te kan uithaal.
Kussings op stoele:
Hierdie is redelik belangrik. As julle in die dag trou en die stoele het in die son gestaan mag dit dalk warm wees. Sit kussings op die stoele sodat julle gaste nie brand nie. Veral wanneer dit kom by die seremonie. Partymaal is die seremonie nog bietjie meer warm as die onthaal. Die kussings sal nie net gaste gemaklik laat sit nie, maar ook verhoed om te brand.
Son beskerming en Gogga-Afskrikmiddels:
Onthou die Sonbrand room. ʼn Goeie idee is om ʼn klein botteltjie vir elke gas te gee by die seremonie. Julle kan die klein botteltjies selfs meer persoonlik maak met ʼn ontwerp op. ʼn Buitelug troue op ʼn mooi somers dag langs ʼn dam omring met bome waar uit liggies hang klink idillies. Onthou dit is die perfekte resep vir ongenooide gaste, soos muskiete en ander insekte, of goggas. Maak seker julle kry spesiale kerse byvoorbeeld wat die muskiete en insekte sal weghou. Jy kry ook daardie waaiers wat jy op die tafel kan sit om vlieë weg te hou van die kos af.
Artikel Krediet:
- Geskryf deur Mooi Troues
- Jovan & Ruan foto’s: Chris Joubert Content
- Jacob & Jaycee’s fotos: Striped Fox Photography
- Jacques & Elke foto’s: Boland Weddings