Wat moet ʼn Strooimeisie doen by ʼn Troue?

Hier by Mooi Troues kry ons gereeld die vraag: “Wat moet ʼn strooimeisie doen by ʼn troue?”   Om gevra te word om een van die bruid se strooimeisies te wees is ʼn groot eer.  Alhoewel dit klink na ʼn lekker uitstappie is daar ook werk daaraan gekoppel.

Toekomstige bruide moet mooi besluit wie hulle wil hê hul moet help met hul troue se beplanning proses en op die dag van hul troudag.  Strooimeisies moet veral goed wees daarin om te luister, twee take op ʼn slag te kan doen, bereid wees om met alles te help en selfs leiding neem sou dit nodig wees.

Dit is strooimeisies se plig om seker te maak alles verloop vlot, sonder om die hele dag oor te vat.  Laat die bruid voel dat sy die belangrikste persoon is op haar troudag.  Moet nie met ander bruidsmeisie stry oor kleinighede nie.  Werk eerder saam as ʼn groep fantastiese strooimeisies en gee die bruide die beste ervaring ooit.

Rol af vir ʼn paar punte oor wat ʼn strooimeisie moet doen by ʼn troue.

Au d'Hex Estate – Luxury Event & Function Venue

Verstaan wat die bruid van haar strooimeisies verwag:


Dit is baie belangrik om al die strooimeisies bymekaar te kry, indien moontlik en deur hulle rol te gaan.  Nie elke bruid se strooimeisies het dieselfde rol nie.

Party bruide wil hê hulle strooimeisies moet hulle help met hul trou beplanning, ander wil net hê die strooimeisies moet op die troudag opdaag en daar wees, sonder om enigsins te help met die trou beplanning.

Dit hang af van die bruid wat die strooimeisies se betrokkenheid sal wees.  Party mense hou daarvan dat almal hulle help, ander bruide wil alles eerder alleen doen.

In kort – As jy ʼn bruid is maak seker jy kommunikeer met jou strooimeisies wat jy van hulle verwag.  Indien jy ʼn strooimeisie is, probeer uitvind by die bruid wat haar verwagting is van jou as strooimeisie.

weddings joubertsdal country estate swellendam

Hoe kan strooimeisies die bruide help?


  • Beplan die toekomstige bruid se kombuistee.  Op die dag van die kombuistee, maak seker die strooimeisies is in beheer van dinge en weet wat aangaan.
  • Hou rekord van almal wat geskenke gebring het by die kombuistee, sodat die bruid dankie kaartjies na die tyd kan stuur.
  • Met die troue se beplanning indien nodig, veral as dit ʼn selfdoen troue is.
  • Soek vir strooimeisie rokke, skoene en juweliersware om te dra by die troue.  Moenie kla oor die strooimeisie rokke nie.  Die laaste ding wat ʼn bruid wil weet is dat jy nie van jou rok hou nie.
  • Help die toekomstige bruid haar trourok kies.  Dit sal ook insluit of die bruid haar rok wil laat ontwerp, of sy ʼn rok gaan huur, of ʼn klaar gemaakte rok gaan koop.   Dit is nie jou besluit nie, maar jy kan help om die bruid in die regte rigting te wys en die besluitneming ʼn bietjie te vergemaklik.
  • As jy gevra word.  Gaan saam met die toekomstige bruid na die kies van die blomme, venues, troukoek, dekor ensovoorts.
  • Probeer jou beste om die bruid so rustig en ontspanne moontlik te hou op haar troudag.   Wees daar vir haar op die troudag en ondersteun die bruid, sodat sy nie onnodige stres het op die dag nie.
  • Hou rekord van al die geskenke wat die paartjies ontvang op die troudag.  Maak aak seker dat jy die gaste lys byderhand hou.  Dit maak dit makliker vir die bruidspaar om dankie kaartjies te skryf en uit te stuur na die troue.
  • Help die bruid pak vir haar wittebrood.  Dit is baie stresvol, veral as die bruid nie weet waarna sy gaan op haar wittebrood nie.  Die laaste ding wat jy wil hê is die bruid wat land in die Maldives sonder ʼn swembroek!

Op die dag van die troue:


  • As jy die hoof-strooimeisie is, maak seker die ander strooimeisies is gereed op tyd en dat elke een die regte ruiker het, grimering en hare gedoen en dat almal gelukkig is.  Hou ook iewers sneesdoekies indien iemand gedurende die loop van die dag aan die huil raak.   Troues kan nogal oorweldigend wees vir party mense, insluitende die bruid en bruidegom.
  • Tyd is ʼn belangrike faktor by troue.  Soos ons dit al voorheen bespreek het in ʼn advies artikel “Die Belangrikheid van ʼn tydlyn” op Mooi Troues, so maak seker dat die bruid op tyd is en perfek lyk die oomblik as sy uitklim by die seremonie.
  • Help die bruid om gemaklik te wees as sy in die gang afstap tot by die kansel.  As die bruid by die kansel kom, neem haar hand ruiker sodat sy haar man se hand kan vashou en nie die ruiker op die grond hoef te sit nie.
  • As die paartjie nie getuies het om as getuies te teken nie, maak seker dat jy bereid is om te teken as ʼn getuie in die trou register.
  • Tydens die fotosessie, maak seker die strooimeisies (ook die strooijonkers) is daar om te help waar hulle gevra word.  Hou die handruiker vas, of ʼn water bottel ensovoorts.  Alles om die paartjie gemaklik te laat voel en dat hulle nie self goed hoef rond te dra nie.
  • By die onthaal.  Maak seker die paartjie is gemaklik en dat hulle wel drankies en kos kry om te eet.  Dit is uiters die paartjie se troudag.

weddings joubertsdal country estate swellendam

Artikel Krediet: