Romantiese Strand Trou Inspirasie

Met opgewondenheid deel ons hierdie pragtige romantiese strand trou inspirasie met julle op Mooi Troues.  Maak julself gereed om ʼn besonderse mooi fotosessie te sien wat Joy beplan het. ʼn Groep trou diensverskaffers van die Mosselbaai omgewing het hierdie oulike trou inspirasie fotosessie op Dana Baai gehad.  Hierdie fotosessie bied pragtige trou idees vir paartjies opsoek na idees vir hulle Strand troue.

Ember Heart Films het ʼn oulike video verfilm, so maak seker jy rol af om ook na die video van hierdie fotosessie te kyk.  Dan kan jy die hele fotosessie in aksie sien.  Nick VT Videography se styl is natuurlik en vang jou oog.  ʼn Trou Videograaf soos Nick VT is altyd ʼn goeie bate vir julle troudag.

Oh Aarde!  Die hele gestileerde fotosessie is net so mooi gewees.  Ons is dol verlief op die sagte skakerings van blou en blou grys elemente wat deel vorm van die trou inspirasie.  Dit pas perfek in by die strand tema.  Alles was perfek, van die mooi vloeiende trourok wat so mooi vloei met die wind se waai tot die tafel uitleg en trou skryfbehoeftes..

Onthou die fotosessie is op klein maat gedoen, om te bied as trou inspirasie vir julle troue.  Visualiseer dit self op ʼn groter maat en dink julle self in hoe mooi dit kan lyk by jul troue.  Pragtige wit en sagte pienk blom ontwerpe gee dit ʼn vars en lewendige gevoel.  Die gebruik van die donker blou kerse en tikseltjies goud van die eetgerei gee die fotosessie ʼn moderne elegante gevoel.

Dan is daar die pragtige wit troukoek in twee groot lae.  Met al die fyn detail soos die skulpies en blom versierings op die troukoek trek dit onmiddellik jou aandag.

Rol af om meer te lees oor die fotosessie en vir die mooiste foto’s.

Wie het die fotosessie gereël?


Joy Blom van Sweet Joy Wedding Cakes het die fotosessie gereël.

Inspirasie agter die fotosessie:


Dit was nog altyd Joy se droom om by die see te woon, daar is iets aan die sagte blou golwe wat haar siel verkook. Laas jaar het haar familie huis kom soek in die Tuin Roete in die Wes Kaap en toe Joy die strand sien in Dana Baai het dit haar hart gewen.

Die rotse, die see en die hoe golwe het haar verbeelding wakker gemaak en “a Sirens Romance” het begin oor en oor speel in my kop.  Joy wou baie graag ʼn storie vertel met die fotosessie.  ʼn Verlore meermin wat soek vir die liefde van haar lewe voor sy weer in die see moet verdwyn.

Die styl van die fotosessie was baie romanties en storieboek geïnspireer, met sagte blou kleure en skulpe.  Joy hoop hierdie fotosessie sal nog baie bruide oortuig om ʼn wegbreek strand troue in Mossel Baai toe hou.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Joy is nuut in Mossel Baai en ek wou met die beste werk.  Sy het op Instagram gegaan en trou diensverskaffers gesoek wat sy kon sien trots neem in hulle werk neem.  Joy het die trou diensverskaffers vir die fotosessie baie versigtig gekies en sy is so bly hulle het “Ja” gesê om hierdie fotosessie saam met haar te doen.

Agter die skerms van die fotosessie:


Hierdie was een van die moeilikste fotosessies wat Joy nog moes reël vir ʼn paar redes:

    • Sy was nuut in Mossel Baai en het niemand geken nie en nie die kultuur verstaan nie. (Mossel Baai is nie Johannesburg nie)
    • Diensverskaffers het uitgetrek of het nie haar visie verstaan nie.  Sy het ʼn paar diensverskaffers gevra om dekor of blomme te doen vir haar maar een na die ander het hulle onttrek, op die ou einde het sy dit self gedoen.
    • Joy moes die sessie uitstel oor die weer: Hulle sou oorspronklik die fotosessie in die Winter gedoen het maar die weer het nie saam gespeel nie toe moes hulle die fotosessie uitstel.
    • Die strand ligging sou oorspronklik by ʼn ander deel van die strand gewees het, maar ʼn week voor die fotosessie het die strand verander en die rotse het oopgespoel wat dit nie moontlik gemaak om op daardie plek die fotosessie te doen nie.  Alles het op ou einde reg uitgewerk.
    • Die see en die son: ʼn Strand troue is mooi,  maar verg bietjie beplanning.  As die son se lug reg is, is die water te hoog en as die lae water was, is die lig nie reg nie, maar hulle het toe die perfekte dag gehad, sagte lug en lae water.

Merkwaardigste deel van die fotosessie:


Vir Joy was dit persoonlik toe Sammy, die model, in die water klim met die troukoek wat Joy gemaak het.  Hierdie sal julle meer van sien in die video wat Nick VT Videography verfilm het.  Die golwe was aggressief, maar Sammy het daar gestaan soos ʼn kampioen aan die troukoek vas geklou sodat Nick die perfekte oomblik kan vasvang.

Dekor:


Die dekor was baie eenvoudig gehou, want hulle moes alles self af strand toe dra.  Hulle het die mooiste blomme gekry by Bells and Blossoms en Mabu Blooms, wat lewe aan die tafel gebring het. Blou kerse en blou borde was gebruik om te pas by die blou van die see.

Dvites het die pragtige gaste naam kaartjies en spyskaart ontwerp vir die fotosessie.

Joy wou fokus op die troukoek hou, so alles of die tafel was daar om die troukoek te beklemtoon.

Kleurskema:


Die see en die sagte blou lig was die inspirasie vir die kleurskema van die fotosessie.

Kleurskema:


Die see en die sagte blou lig was die inspirasie vir die kleurskema van die fotosessie.

Venue en Ligging:


Dana Baai se eerste strand was die ligging van die fotosessie.  Dana Baai is Joy se nuwe tuiste.  Sy het so ʼn paar maande terug vanaf Krugersdorp getrek en alles agter gelos en ʼn nuwe lewe hier in Dana Bay te begin.  Sy wou graag die fotosessie op die pragtige strand gehou het.  Die strand is baie stil en sy dink dit is een van die mooiste strande wat sy nog gesien het. Daar is die mooiste rotse en klip formasies. Walvisse en dolfyne swem ook gereeld verby.

Trourok:


Die trourok was deur Silver Swallow gemaak en kan gehuur word by Haute Finery.  Joy wou ʼn sagte blou kleur rok gehad het wat mooi sou vloei wanneer die model in dit hardloop.  Silver Swallow se trourok ontwerpe is altyd asemrowend en hierdie rok se detail was perfek vir die fotosessie

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:


Hou ʼn ogie op die weer en kyk wanneer hoog water en lae water is as julle ʼn strand troue reël.  Trou bietjie later in die middag dat die son nie jou trou gaste brand nie en ook dat jou trou foto’s mooi sagte lig het.

Inspirasie agter die Troukoek:


Jou wou iets nuut probeer met die troukoek se ontwerp. Sy het regte mossel skulpe op die strand opgetel en gekook en toe liggies met goud geverf en op die koek geplak.  Joy dink die mossels kyk so bietjie soos skoenlappers as jy van ver af kyk wat sy baie van hou.

Sy het ook baie met teksture gespeel in die troukoek ontwerp.  Fyn pêrels is op die troukoek gesit dat dit amper soos sand korrels lyk en toe klein fondant skulpies geplak vir meer van die see gevoel.  Sy het toe blommetjies gemaak wat deur Silver Swallow se trourok geïnspireer was.  Die suiker blommetjie gee ook ʼn sagte gevoel aan die koek.

Joy sit altyd baie tyd en moeite in die ontwerp van die troukoeke wat sy maak.  Mense sien nie altyd die klien details nie, maar hulle kan sien dat dit mooi is en dit maak haar bly.

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: