Mooi Troues het ʼn onderhoud styl inskrywing met IdoLife Fotografie se stigters, Christo en Wandi. Hierdie man-en-vrou fotografie span is gebaseer in Stellenbosch in die Wes-Kaap. Met ʼn passie vir trou fotografie is hulle gereed om julle troue vas te vang in foto’s wat julle vir altyd sal by bly.
Met jare se fotografie ondervinding is paartjies in goeie hande. Om ʼn trou fotograaf te kies is ʼn belangrike besluit. Dit is die persoon met wie paartjies die meeste tyd spandeer op hul troudag. Om ʼn goeie trou fotograaf te hê sal paartjies meer gerus stel en minder stres ervaar op hul troudag.
Rol af om meer te lees oor ons onderhoud met IdoLife Fotografie se stigters, Christo en Wandi.
Wanneer was IdoLife Fotografie gestig?
Alhoewel IdoLife Fotografie se hoof fotograaf, Christo van Renen, reeds vir 13 jaar ʼn fotograaf is, is daar eers vanaf 2020 onder die naam IdoLife Fotografie begin handeldryf. Christo en Wandi is ʼn man-en-vrou fotografie span en ook die twee fotograwe wat betrokke is by elke troue. Afhangende van die pakket wat die bruid en bruidegom kies, is die fotografie span heelwat groter. Vir daardie doeleindes word daar gebruik gemaak van ʼn poel van baie talentvolle fotografie konsultante en assistente.
Wat was die inspirasie agter IdoLife Fotografie se naam?
Christo en Wandi is passievol oor die lewe en mense, glo dat die lewe gevier moet word. Dit is vir hulle lekker om die lewe en fotografie saam as man-en-vrou fotografie span te doen. Christo en Wandi het ook tydens 2017 ʼn toekenning, “I do Toekennings”, gewen as “Mees inspirerende getroude paartjie”. Toe dit by die naam kies kom het hulle die “I do” gedeelte gekombineer met wat hulle passievol oor is – die lewe.
Van waar kom IdoLife Fotografie se liefde vir troues?
Christo en Wandi se liefde vir trou fotografie is gebore vanuit dieselfde plek as hulle inspirasie vir die besigheidsnaam – die lewe is ʼn viering. Christo en Wandi hou daarvan om die mooi in die gewone te vind. Wat is ʼn beter manier as om hulle talente en kreatiwiteit met die wêreld te deel as om spesiale oomblikke van trou vieringe vas te vang? Hulle is al 15 jaar getroud en het ook ʼn gelofte-hernuwing seremonie gehou na 10 jaar van getroud wees. Hulle is eenvoudig mal oor troues!
Beskryf julle trou fotografie styl aan ons lesers:
Christo en Wandi neem fotos vir visuele storie vertelling van die bruidspaar se troudag. Wat insluit die vasvang van oomblikke waarvan die bruidspaar bewus is. Asook die oomblik waarvan die bruidspaar nie bewus is nie. Dié fotografie span maak ook seker om emosies vas te vang. Christo en Wandi se fotografie styl kan beste beskryf word as iewers tussen tradisioneel en redaksioneel. Dit beteken oomblikke en emosies word vasgevang soos dit ontvou. Hulle maak ook seker dat daar genoeg gestilleerde fotos geneem word wat die bruidspaar se persoonlikhede vasvang. Wat perfek is vir die voorblad van ʼn tydskrif.
Wat IdoLife Fotografie se redigeringstyl aanbetref kan die bruidspaar lewendige en kleurvolle fotos verwag. Vol pret en lag met ʼn gesonde hoeveelheid unieke tipe swart en wit fotos, hoog in kontras, vol emosie en romanse asook ʼn bietjie drama en misterie.
As julle nie trou fotograwe was nie, wat sou julle anders wou wees?
Voltydse wild-fotograwe! Christo en Wandi het ʼn passie vir Suid Afrika se pragtige wildparke en probeer ten minste een maand per jaar in die onderskeie parke spandeer. Christo is ook ʼn baie talentvolle wild-fotograaf en sy werk kan in menigte huise gevind word. Daar is ook darem min goed so lekker as om ‘n glasie champagne te geniet terwyl jy jouself verwonder aan die land se pragtige natuurskoon!
Hoe werk dit as paartjies belangstel om IdoLife Fotografie se dienste te gebruik?
Die maklikste is om die aanlynvorm op die IdoLife Fotografie profiel te voltooi, waarna Wandi sal kontak maak om die bruidspaar se behoeftes te bespreek.
Vir bruidspare wat in die Boland area woon. Ontmoet ons sommer in persoon oor ʼn koppie koffie of ʼn glasie vonkelwyn. Daarna word ʼn kwotasie voorberei gebaseer op die bruidspaar se behoeftes.
Indien die bruidspaar die kwotasie aanvaar, word die fotografie trou kontrak onderteken tesame met die betaling van ʼn deposito om die bruidspaar se troudatum te sekuur.
Watter advies kan IdoLife Fotografie gee aan paartjies wat dink daaraan om ʼn trou fotograaf te huur?
- Christo en Wandi stel voor dat die bruidspaar eerstens besluit hoeveel hul bereid is om op die fotografie deel van hulle troue te spandeer. Trou is nie goedkoop nie en deeglike begrotings beplanning is krities.
- Nadat ʼn bedrag aan fotografie geallokeer is, is hulle voorstel om verskeie fotograwe se werk te besigtig wat binne die paartjie se begroting val.
- Maak seker julle hou van die foto styl, asook redigering styl van die fotograwe om enige teleurstelling na die troue te voorkom.
- Ontmoet vooraf met die fotograwe (al is dit net via ʼn aanlyn video gesprek) om seker te maak dat julle aanklank vind by die fotograwe. Hierdie is baie belangrik aangesien ʼn groot deel van julle troudag saam met die fotograwe spandeer word.
- Wanneer dit by pakket keuse kom, onthou meer foto’s is nie noodwendig beter nie. Besluit vooraf of dit gaan oor die hoeveelheid fotos of die kwaliteit van fotos, kreatiwiteit van die fotograwe asook die tipe ervaring wat die bruidspaar wil hê.
Enige plek in die wêreld waar julle droom om ʼn troue af te neem, waar sal dit wees?
Italië! Dit is ʼn pragtige land wat Christo en Wandi nog nie besoek het nie en daar is net iets wat beide hulle aantrek tot die land.
Wat maak IdoLife Fotografie uniek?
Wat IdoLife Fotografie anders maak, is dat die IdoLife span daarna streef om bo-en-behalwe ʼn hoë gehalte eindproduk te lewer, ook ʼn unieke, genotvolle en luukse ervaring vir ons paartjies te skep, om seker te maak die bruidspaar voel soos voorblad modelle.
Die IdoLife Fotografie span is julle droom fotografie span indien julle …
- waarde heg aan julle troudag fotografie ervaring en ʼn professionele persoonlike luukse troudag ervaring van begin tot einde wil hê.
- waarde heg aan die kuns in tydlose fotografie en kwaliteit bo kwantiteit verkies.
- lewendige en kleurvolle fotos verkies met ʼn gesonde hoeveelheid unieke swart en wit fotos, hoog in kontras.
- verkies dat jul fotografie span betrokke moet wees met deurlopende kommunikasie en voorstelle hoe om julle troudag se tydlyn te benader. Om ʼn rustige troudag te verseker met genoegsame tyd vir mooi fotos.
- passievolle en professionele fotograwe wil hê wat die spesiale oomblik vasvang presies hoe dit op julle troudag gevoel het. Die passie, die emosies, die trane en al die lag terwyl die IdoLife span saam met julle pret het.
Venues in Artikel:
- Lanzerac Wine Estate
- Idiom
- Groenvlei Guest Farm
- Wildekrans Wine Estate
- Johannesdal 1207
- De Krans
- Dasbos Barn