Antonio & Cassandra se Oulike Paartjie Fotosessie

Met opgewondenheid deel ons Antonio en Cassandra se oulike paartjie fotosessie met julle op Mooi Troues.  Hierdie paartjie se pret paartjie fotosessie bied tonne inspirasie vir ander paartjies opsoek na idees.  Ons glo dat elke paartjie ten minste een keer ʼn professionele fotosessie moet hê.  Dit moet nie ʼn stresvolle ervaring wees nie, maar eerder ʼn prettige tyd saam met mekaar.

Mooi Troues het baie oulike fotograwe in ons verskaffers gids.  Bespreek jou datum, tyd en plek en geniet julle fotosessie.  Daar is soveel redes hoekom paartjies ʼn fotosessie kan hou.  Een van die redes is vir oulike herinneringe as paartjie.   Daar is niks so spesiaal soos ʼn foto nie.

Die paartjie se fotosessie was in die natuurskoon by ʼn natuurreservaat net buitekant Johannesburg.  Omring deur uitgedroogde gras, heuwels en die pragtige natuurskoon was die paartjie se oulike fotosessie so mooi.  Hulle uitrustings was ʼn neutrale kleurskema wat so mooi uitgestaan het teen die agtergrond.  Rol af om meer te sien van Antonio & Cassandra se Oulike Paartjie Fotosessie.

Die eerste ontmoeting:


Antonio en Cassandra het in graad 7 ontmoet in laerskool, maar het kontak verloor toe hulle na verskillende skole geskuif het.  Hulle het weer inkontak gekom oor Instagram in Januarie 2021.  Hulle is nou al ʼn jaar en ʼn half lank in ʼn verhouding.

Gunsteling eienskappe van mekaar:


Vir Antonio is sy gunsteling eienskap van Cassandra, dat sy altyd hom bietjie hoop gee wanneer hy gestres is en dit maak hom werklik voel dat alles in die einde okay gaan wees.

Vir Cassandra is dat maak nie saak wat nie, hy maak haar altyd veilig voel.  Sy sukkel met baie erge stres aanvalle in winkelsentrums of groot skare, maar sy raak dadelik kalm wanneer sy sy hand vashou.

Drome as paartjie:


Hulle droom saam is om ʼn huis saam te koop in ʼn landgoed en om ʼn ‘rescue’ Bernese Berg Hond aan te neem en baie saam te toer.

Dinge wat die paartjie hou van om saam te doen:


Hulle het onlangs saam begin skaak speel, en hulle geniet dit baie om teen mekaar te speel.  Hulle gaan ook elke naweek deur ʼn ‘date jar’ wat hulle saam nuwe goed doen elke naweek.

Inspirasie agter die fotosessie:


Ons as fotograwe wil net mense se verskillende stories en liefde op hulle unieke manier vasvang.  Ons gaan in ʼn fotosessie met ʼn leë doek en vang net vas wat die paartjie so duidelik uitbeeld van hulle liefde en storie.

Visie vir ʼn romantiese afspraak:


Hulle is mal daaroor om vas te dans en saam in die kombuis koffie te maak en vir mekaar lang drukkies te gee net om dinge stadig te vat en in die oomblik te wees met mekaar.

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: