Ons gesels met Murasie Troue Venue in Baardskeerdersbos

Ons gesels in die onderhoud-styl inskrywing met Murasie Troue Venue in Baardskeerdersbos.  Hierdie pragtige trou venue in die Overberg distrik is geleë op ʼn melkplaas, genaamd Korsika, naby aan Baardskeerdersbos.  Murasie is omring deur groen lande en die mooiste uitsig oor die groot dam.  Dit is die perfekte trou bestemming vir paartjies wat sommer ʼn lekker gesellige naweek wil maak van hul troue.

Hulle het die mooiste seremonie area onder ʼn ou Eikeboom by Murasie.  Die amfiteater styl seremonie sal jou trou gaste die mooi natuurskoon wat hul omring bewonder.  Dit is die perfekte plek om trou aan mekaar te belowe.

Die trou venue is ʼn moderne gebou met meestal glas aan die een kant van die onthaal-lokaal.  As jy instap by die onthaal lokaal sal jy sommer onmiddellik tuis voel.  Die rou steen mure gee daardie warm gevoel, waar die glas in kontras weer die moderne elemente in bring.  Met die dubbel volume dak en die klomp glas deur is paartjies en hul trou gaste verseker dat hulle pragtige uitsigte sal hê en ook die sonsak vanuit die trou venue kan aanskou.

Murasie het ʼn hele paar opsies van spyseniers in die gebied wat hulle gebruik maak van.  Julle sal verseker heerlike etes by hierdie pragtige trou venue geniet.

Daar is soveel foto geleenthede by Murasie en die omliggende gebied, so paartjies kan gewaarborg wees om pragtige foto’s te hê.  Van die mooi versorgde tuine, die dam, die bosse en bome, is daar iets vir almal.

Rol af om meer te lees oor Murasie Troue Venue en wat hulle aan paartjies opsoek na ʼn trou venue tussen Gansbaai en Baardskeerdersbos kan bied.

Wanneer was Murasie gestig en deur wie?


2011 deur Leana en Kosie de Wet

Wat was die inspirasie agter Murasie se naam?


Orals op die perseel is klei Murasies wat terug dateer uit 1800’s.  Hier was ʼn winkel, Hoefsmid, houtwerk winkel en huise in daardie jare.

Verblyf by Murasie:


Murasie het verblyf vir 37 gaste in huisies asook 25 x 2-man canvas tente met ablusie geriewe.  Daar is ook in ons area ‘n groot verskeidenheid verblyf rondom Murasie.

Spyseniering opsies:


Murasie het 5 verskillende spyseneerders wat paartjies van kan kies.  Bruidspare kontak hulle direk en bespreek hul spyskaart. Spyskaarte beskik gewoonlik oor “Canapés” met ʼn oestafel, hoofgereg, nagereg, koffie en middernag versnaperinge.  Ongelukkig kan paartjies nie hul eie spyseniering besighede inbring nie.  Murasie se voorgestelde spyseniers doen sakpas spyseniering wat almal pas.

Hoeveel gaste kan jul onthaal-lokaal onthaal?


200 met ʼn dansvloer

Watter ander dienste behalwe die onthaal-lokaal bied julle aan paartjies?


Murasie verskaf genoeg buite meubels vir die Canapés asook kussings vir die seremonie area.  Verskeie groot dekor items byvoorbeeld die Seremonie Boog, Jenever Kroeg toonbank, kussings, esels, kroegmanne asook ʼn trou venue koördineerder.  Die seremonie area is ook ingesluit.  Ons het ook ‘n braai lapa waar ons gaste heerlik braai en kuier die Vrydagaand en gedurende die naweek.

Hoekom moet paartjies Murasie kies as hul trou venue?


Murasie is ideaal vir ʼn naweek fees.  Dis omring deur mooi natuurskoon en ooptes.  Die natuurskoon is pragtig!  Murasie se pryse is ook heel bekostigbaar met baie items ingesluit.  Venue kan enige styl hanteer.  Met ons venue wat reg rondom glas stapel deure het, kan als oopgemaak word en ‘n buitelug venue geskep word.

Ingesluit in Murasie se Troupakket:


  • Trou Venue Koördineerder
  • Kroegmanne
  • Kroeg kelners
  • Buite meubels
  • Vure binne en buite
  • Groot dekor items
  • Kussings by seremonie

Uitgesluit by Murasie se Troupakket:


  • Drankies
  • Kos
  • Dekor
  • Blomme
  • Bedouin tent indien nodig
  • Akkommodasie

Artikel Krediet:

  • Foto’s verskaf deur Murasie. Sien fotograwe krediet hieronder.
  • Antwoorde verskaf deur Murasie

Fotograwe Krediet:

  • Coba Photography
  • Charl Kemp Photography
  • Adorn Photography
  • Candice Joy Photo
  • Chantel & May Photography
  • Cilliers Visser Weddings
  • Da’taan Productions
  • Dearbeb Media
  • Evergreen Visuals
  • Garland Weddings
  • Jane Ulla
  • Kobus Tollig Photography
  • Lauren Pretorius
  • Maggie Photo
  • Matthew Carr Photography
  • Nickey Bothma Photography
  • Pritti by Migneo