Keegan & Lauren se Troue in die Atlantiese kus

Met opgewondenheid deel ons Keegan en Lauren se troue in die Atlantiese kus met julle op Mooi Troues.  Die paartjie het ʼn intieme troue gehad by ʼn luukse boutiek hotel op die voet van die Twaalf Apostels bergreeks in Kaapstad.  Ononderbroke see uitsigte en berg uitsigte was die agtergrond van die paartjie se troue.

Lauren het beeldskoon gelyk in haar moderne Boheemse styl trourok.  Haar trourok was geïnspireer deur die trou rok boetiek by wie sy werk in die Verenigde Koninkryk.  Keegan het ʼn neutrale sagte troupak aangehad met ʼn wit hemp, sonder ʼn das.  Dit pas perfek in by hulle lekker gemaklike trou tema.

Hulle buitelug seremonie was so mooi gewees op die grasperk van hul trou venue en die Atlantiese Oseaan in die agtergrond.  Die mooiste blom ontwerpe wat die pilare van die kapel omvou was so mooi.  Ons is net so gaande oor Lauren se pragtige hand ryker.

Ons is absoluut versot op hulle fotosessie.  Die sagte sonsak lig met die majestueuse berge in die agtergrond en die see is iets besonders mooi.

ʼn Kombinasie van vars en uitgedroogde blomme was gebruik regdeur die paartjie se troue.  Jy kan ook die Boheemse gevoel kry wanneer jy kyk na hul trou dekor.  Elemente van aardse kleure op die rou houttafels en rottang plek matjies pas so mooi in bymekaar.  Alles is moontlik as jy fantastiese trou diensverskaffers het.  Besoek Mooi Troues se Trougids vir professionele diensverskaffers vir jou troue.

Rol af om meer te lees van Keegan en Lauren se troue in die Atlantiese kus en hul reise as paartjie.

 

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het ontmoet by ʼn kroeg in Kaapstad, sedertdien is alles geskiedenis!  Keegan het my gevra om te trou op ʼn privaat langstert-boot in Phi Phi, Thailand.   Dit was magies met die wonderlikste uitsigte en natuurtonele wat ons omring.  Ons het daarna ook gaan snorkel.

Die Verlowing Tydperk:


Ons het op 23 Desember 2019 verloof geraak en weens Kovid, net minder as twee jaar later op 8 Desember 2021 getrou.  Ons het ʼn troubeplanner as deel van ons venue-pakket gehad en sy was briljant!

Merkwaardigste Oomblikke:


Vir Keegan was dit om my vir die eerste keer te sien, hy het gehuil soos ʼn baba!  Vir my was dit om hom te sien, maar ook net die trou bubble” waarin ek was, ek was op ʼn alledaagse hoogtepunt met die wete dat ek die res van my lewe saam met hom gaan deurbring.

Trou Begroting:


Ons het nie regtig ʼn troubegroting gehad nie, maar ons het geweet ons sou net ʼn intieme troue hou, aangesien Kovid nog ʼn ding in Suid-Afrika was toe ons getrou het.  Suid-Afrika was ook die week voor ons vlug op die rooi lys geplaas vir Kovid reis vanaf die Verenigde Koninkryk.  Die meeste van my familie woon in die Verenigde Koninkryk en kon dit ongelukkig nie maak nie, as gevolg van vlug verbod en beperkings.  Ons het net ʼn kans gevat!

Paartjie se styl:


My trourok was  geïnspireer en ontwerp by ʼn bruidswinkel waar ek in die Verenigde Koninkryk werk – Alice Elizabeth Bridal, Coxhoe.  My baas, saam met die naaldwerksters het met ʼn baie unieke ontwerp vorendag gekom wat nogsteeds ek was, maar met ekstra glans-aanrakings.  Dit was nogal ʼn glans-boho-voorkoms en dit was net perfek.  Dit was vir my moeilik om ʼn rok te kies wanneer ek elke dag met hulle werk en dit vir ons sosiale media gemodelleer het, so ek het net geweet dit moet baie anders en spesiaal wees, en so was dit!

Keegan se pak was ʼn hawermout kleur van Mossbros, dit was net so ʼn warm kleur en dit het so goed gewerk met ons trou tema en kleurskema.

My ring is gemaak en ontwerp deur ʼn onafhanklike ringmaker in Kaapstad, wat dit nog meer spesiaal gemaak het!  Keegan se troupand is van Goldsmiths, ook so ʼn pragtige en unieke ring.

Die Besluitnemingsproses:


Ons het die finale besluit geneem, want dit was ons groot dag.  Ons het dit alles gedoen deur ʼn Zoom-oproep met ons troubeplanner, wat vir haar inspirasie gestuur het en haar die regte verskaffers vir die werk gekry het.

Gunsteling Diensverskaffers:


FOTOGRAAF – sonder twyfel sal ek nooit ophou om Ayeh aan te beveel nie.  Sy het net ʼn oog vir iets meer natuurlik, haar foto’s staan altyd vir my uit.  Ek sal beslis nie op ʼn fotograaf afskeep nie, foto’s is die enigste herinnering waaraan jy fisies kan vashou na jou groot dag.

Venue & Dekor:


Ons het ons venue eenvoudig gekies vanweë die ligging, die natuurskoon, die see.  Dit was net perfek en ʼn droom venue.  Ek is mal oor boho – so het die tema redelik natuurlik gehou met gedroogde grasse en warm, aardse kleure.

Vermaak:


Ons het ʼn platejoggie gehad – ons het vir die maatskappy ʼn snitlys gestuur van al die liedjies wat baie vir ons en ons families beteken het.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Dames:

Ek dink wanneer jy jou aan jou groot dag dink, is dit belangrik om duidelike instruksies aan jou troubeplanner, dekor persoon, al jou verskaffers te gee sodat hulle jou visie tot lewe kan bring. Wees eerlik en verander die klein aanpassings, want dit sal die verskil maak.  Het ook ʼn sitplek plan en maak dit duidelik waar jou gas bedoel is om te sit.

Manne:

Neem tyd om stil te staan en neem die dag in want dit vlieg oor en die nag is verby voor jy dit weet, minder is meer as dit by toesprake kom.

Eerste Dans:


Ons het wel ʼn eerste dans gehad, West Side – The Kooks was ons liedjie, want dit beteken so baie vir ons.  Dit is nie jou tipiese eerste dans liedjie nie, maar dit was meer oor hoe sentimenteel dit vir ons was.  Ons het nie danslesse gehad nie, ons het net met die vloei gegaan wat dit meer natuurlik laat voel het.

Wittebrood:


Weens Kovid en reis beperkings het ons net ons wittebrood plaaslik gehou en besluit om eerder in ons pragtige land rond te reis.  Ons het na Blue Crane Farm lodge gegaan – wat selfsorg en afgesonder is.  Dit was baie rustig en net ongelooflik.  Ons is toe na Krakeelpoort wat ʼn soortgelyke atmosfeer is as Blue Crane.  Twee heeltemal verskillende natuurtonele en weer net so mooi en ongelooflik.

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: