1920’s Geïnspireerde Trou Inspirasie

Ons deel in die inskrywing ʼn stylvolle 1920’s geïnspireerde trou inspirasie met Mooi Troues se lesers.   Die groep fantastiese trou diensverskaffers het koppe bymekaar gesit en hierdie pragtige gestileerde trou inspirasie  geskep.  Die fotosessie was by ʼn trou venue in Stanford in die Overberg distrik – ʼn prentjie mooi trou bestemming so wat 25km vanaf Hermanus. Julle moet nie die pragtige fotosessie mis wat die fotograaf so mooi vasgevang het nie.

Hierdie 1920’s geïnspireerde fotosessie bring inspirasie van meer as ʼn eeu terug.   Die stylvolle, klassieke styl wat tot vandag toe nog seker elemente het wat in moderne troues deurtrek.  Baie van die moderne trou style is gebaseer op die tydperk en aangepas deur die jare om in te pas by die hedendaagse modes.  Die beplanner van hierdie gestileerde fotosessie wou spesifiek wegbly van The Great Gatsby en hierdie fotosessie bied ʼn meer oorspronklike weerspieëling van die 1920’s trou styl.

Trourokke met baie detail op en ook ander elemente soos die hoedens en kopstukke wat gesien kan word in die fotosessie.  Die bruidegom se neutrale amper vaal kleur troupak met ʼn bruin das en bruin skoene.  Ons hou van die moderne weergawe van die styl en hoe die span trou diensverskaffers dit so mooi laat lyk het.

Die trou dekor elemente is hand geselekteer om so na moontlik aan die oorspronklike 1920’s styl te pas, net met meer moderne elemente.  Ons hou van die vuil pienke, donker blou en tikseltjies goud gemeng met die meer helder blomme.  Die troukoek is so mooi en die blomme detail daarop trek onmiddellik jou aandag.

Rol af om meer te lees oor die 1920’s geïnspireerde trou inspirasie en wat die organiseerders van die fotosessie te sê het oor die beplanning proses.

Wie het die fotosessie gereël?


Ek, Marinda Potgieter Wedding by Saffron, het die fotosessie gereël, die diensverskaffers bespreek, ‘look en feel’ beplan en kommunikeer.  Al die diensverskaffers het ook hulle insette gebied en almal het so verstaan wat die brief was en so lekker saam gewerk.

Inspirasie agter die fotosessie:


Ek is absoluut mal daaroor om gestileerde fotosessies te reël.  So baie keer is bruide huiwerig om iets nuut te probeer en ʼn gestileerde fotosessie gee ons die geleentheid om ʼn unieke styl en dalk iets anders te wys aan toekomstige bruide.

Ons almal se lewens was geruk deur Kovid en ek wou so graag weer werk na die inperking.  Ek het ook gewonder hoe ons vir paartjies weer opgewonde kan kry vir trou in die onsekere tye.  Ek het vermoed dat kleiner, intieme, wegbreek vir ‘n naweek tipe troues baie gewild kan raak na Kovid.  Persoonlik het Kovid my geleer om my lewe eenvoudiger te maak en minder rond te jaag vir onnodige goed en mens se tyd en belang toe te spits op wat saak maak.  Die mense om ons wat ons die meeste lief het.

Die ‘Roaring Twenties’ het só mooi ingepas met my hoof prentjie van tydlose, intieme, luukse troues.  Minder gaste, maar meer eksklusief en bestemming tipe troues vir ʼn hele naweek.  Die Overberg en venue, Blue Gum Country Lodge, is ideaal vir sulke wonderlike wegbreek naweek troues.  Sorg ook dat die troue naweek baie minder spanningsvol is en is gefokus op kleiner, intieme en luukse troues.

Dit is ʼn heerlike tema, maar ek wou spesifiek weg bly van “The Great Gatsby”.  Dit is net te veel al gedoen so ek het my eie styl probeer smelt met die 1920”s.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Dit is my gunsteling diensverskaffers vir hierdie tydlose, romantiese styl wat ons gekies het.

Agter die skerms van die fotosessie:


Ons het deeglik beplan voor die tyd met ʼn goed beplande skedule, padkaarte na die venue, foto-skiet lysie sodat almal kon weet wat die verwagting is.  Ek het ook heelwat van die dekor items klaar gemaak om sodoende niemand te laat wag nie.

Merkwaardigste deel van die fotosessie:


Die span het baie goed saam gewerk en regtig ingekoop in die styl.  Elke lid het bygedra tot hulle eie uniekheid, was professioneel en só talentvol in elkeen se taak.  Dit was regtig ʼn droom span.  Ek dink ons was ook almal so dankbaar dat ons weer kon saam werk en kreatief kon wees saam.  Die venue het dit vir ons baie lekker gemaak om daar te werk.

Ons modelle was fantasties en my kinders het my kom help (Luca en Ava) wat baie spesiaal was vir my.

Dekor:


Ek het probeer werk met style wat van toepassing is, maar het ook die warm en luukser kleure van die 1920’s probeer inbring.  Ek het gewerk met baie gedroogde elemente en die gedroogte tema ‘muur’ het baie ure geneem om klaar te maak.  Dit bring ʼn ander element by die tafels is.  Ek wou graag ʼn bietjie weelderigheid uitbeeld, maar blomme gebruik wat nie baie dikwels gesien word nie.  Baie elemente het gepluk en ook my inspirasie gekry by verskillende lappe en is so mal oor die roesbruin en herfs kleure wat deur die styl van die fotosessie hardloop.  Dit skep ʼn gevoel van warmte, luuksheid en ouwêreldse sjarme, tydlose elegansie maar terselfdertyd nie outyds nie.

Kleurskema:


Die meng en pas van herfskleure en roesbruin is baie romanties en tydloos.  Die sagte pienke, teen roes oranje, as net reg gebruik word is so treffend.

Ek hou baie van die naaswit, bietjie sprankel of tekstuur van die lap en die verskillende kleure pienk van die een trourokke van Alana van Heerden.   Dit is elegant en seker bietjie die teenoorgestelde van wit en minimalisties. Dit is sentimenteel en nostalgies.

Die kleure wat hierdie uitbeeld is die ligte pienke, roes kleure, naaswit, bruin en gedroogde elemente.

Venue en Ligging:


Die venue sit in die mooiste vallei net buite Stanford.  Dit skep die ideale vertoonvenster vir die styl wat ons wou uitwys.  Dit is ideaal vir naweek troues aangesien hulle ook akkommodasie bied.
Die sentimentele, nostalgiese gevoel en mooi tuine was net perfek vir ons fotosessie.  Ek het al ʼn paar troues by die venue gedoen en wou graag daar werk vir ʼn fotosessie.

Trourok en bruidegom pak:


Ek het vir Alana van Heerden ons ‘mood board’ gestuur.  Ons het saam gewerk aan style en modelle se mates om die beste rokke vir die sessie te kry.  Alana se rokke is ongelooflik mooi met so baie besonders detail.

Ek het saam met Lezar (ons een model) gewerk en hy het ook geloer na die ‘mood board’ en ons het saam besluit om sy pak.  Ek en Louwina Camille het nog bykomstighede aangekoop om die prentjie voller in te kleur.

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:


Dit is belangrik om diensverskaffers te vind wat inkoop in jou styl en jou optimisties te laat voel oor jou styl en keuses.  Ek glo dat paartjies meer hulle eie unieke style kan volg en hulle troudag eie maak aan hulle persoonlikheid.  Ek se altyd vir my paartjies dat die mooiste troues is vir my die waar ek die paartjies se persoonlikheid kan sien blom in die dekor.  Moenie bang te wees om jou eie idees te voeg tot die dag nie.

ʼn Goeie fotograaf is só belangrik, ek dit is baie belangrik om vooraf te gaan soek vir die spesifieke fotografie style wat jy van hou en dan ʼn kortlys te maak van watter fotograwe/videograwe jy die meeste van hou.  Hou dop watter mense se oë ophelder as hulle gesels oor hulle werk.  Passie is alles in ons industrie en dit is belangrik om mense deel te maak van jou troudag wat hulle werk gaan geniet en jou dit gaan laat geniet.

Dit is altyd goed om ʼn toetslopie te doen van jou dekor en blomme voor die troue, op so ʼn manier kan julle sien of julle gelukkig is met al die elemente.  Dit is ook ʼn wonderlike dag om beplanning te doen by die venue en dan sommer opgewonde te raak oor die troudag.

Onthou dit is julle baie spesiale, persoonlike dag so julle kan baie van julle eie insette gee aan julle verskaffers maar volg ook hulle leiding oor praktiese elemente.  Hulle is daar om te help en sal net die beste raad gee.

Onthou om elke tree van die beplanning ook te geniet en die dag gaan oor julle liefde en toekoms saam so geniet dit meer as om te kommer oor kleiner dinge

Addisionele Inligting:


Chrissie en Lezar is ʼn paartjie wie se troue ek ʼn paar jaar terug gedoen het.  Dit is ʼn ongelooflik voorreg vir my om die twee dop te hou.  Hulle is ongelooflik lief vir mekaar en so goed vir mekaar.
Ek geniet dit baie om hulle as modelle te gebruik.  Hulle is altyd net so aanpasbaar en maklik om mee te werk en hulle nederigheid en omgee vir mense is so mooi om te sien.

Ek wil vir die hele span uit die diepte van my hart dankie sê, dit was ongelooflik.   Markus Raj Gericke van Boland Wedding het ʼn ongelooflike oulike agter die skerms fotosessie gedoen, klik hier om dit te sien.  Dankie Markus, ek is mal daaroor.

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: