Veri Peri Troue Welkombord Idee vir jou troudag

Print

Veri Peri is die Pantone Kleur vir 2022 en ons deel ʼn Veri Peri Troue welkombord idee vir jou troudag ontwerp deur Invitation Café.   Alle paartjies het hul eie idee vir hul trou skryfbehoeftes, party paartjies hou van iets helder, ander van ligter kleurskakerings.  Soms wil paartjies ʼn meer simplistiese styl hê en ander soek weer baie ontwerp elemente.

Hierdie skryfbehoefte ontwerp in perfek vir die paartjies wat opsoek is na ʼn meer simplistiese ontwerp vir hul welkombord en sitplekplan.  Hierdie A1 grootte verwelkomings bord en bypassende A1 grootte sitplekplan is simplisties ontwerp in twee kleurskakerings van Veri Peri en Wit.   Dit is ʼn moderne ontwerp vir paartjies wat hou daarvan om die nuutste tendense te volg.

Om ʼn kleur as agtergrond te hê op jou sitplekplan, as net ʼn wit agtergrond, trek die aandag van jou trou gaste.  So sal hulle aandag wees op die sitplekplan en hoef hul nie te soek waar die sitplek plan is nie.  Rol af vir inspirasie vir jul eie troudag.

Meer oor Skryfbehoeftes op Mooi Troues


Trou skryfbehoeftes speel ʼn belangrike rol in jou troudag.  Daarom deel Mooi Troues weekliks trou skryfbehoefte inspirasie van ons bydraers.  Hulle is professionele grafiese ontwerpers met ondervinding in die trou bedryf.  Die bydraers verstaan waarna die moderne bruidspaar opsoek is en ken die nuutste tendense.  Mooi Troues het ʼn groot verskeidenheid skryfbehoeftes aanlyn, wat ontwerp is deur talentvolle grafiese ontwerpers.

Die trou uitnodiging is een van die eerste indrukke wat jou gaste van jou troue sal kry.  Wanneer gaste die venue binnekom, is die eerste dinge waarna hulle soek die sitplek kaartjie, asook die naamkaartjies op die tafels.  Wanneer jou gaste by hul sitplek sit, is almal gewoonlik nuuskierig om te weet wat hulle gaan eet.  Dus sal die spyskaart op die tafel ook deel wees van jou gaste se eerste indruk van die onthaal.

Is jy opsoek na trou skryfbehoeftes vir jou grootdag?  Mooi Troues bied gratis trou skryfbehoeftes inspirasie, beskikbaar aanlyn.  Elke  bruidspaar wat opsoek is na iets uniek vir hulle troue, sal by Mooi Troues iets vind.

Ons het ook ʼn groot verskeidenheid gratis aflaaibare trou skryfbehoeftes beskikbaar.  Jy kan gratis vanaf Mooi Troues aflaai, laat druk en vir jou troudag gebruik.  Klik hier om te kyk na ons gratis skryfbehoeftes.

Jy kan kies en keur tussen honderde verskillende trou uitnodigings, spyskaarte, naam kaartjies en vele ander items.  Indien jy opsoek is na skryfbehoefte ontwerpers wat Mooi Troues aanbeveel, klik hier om ons Trougids te besoek.

Mooi Troues hoop jy geniet die bron van inspirasie wat ons vir jou troudag bied.

Artikel Krediet: