Stefan & Carlé se Plaas Verlowing Fotosessie

Met opgewondenheid deel ons Stefan en Carlé se plaas verlowing fotosessie op Mooi Troues.  Hierdie paartjie se spontane fotosessie was gevul met glimlagte en baie pret!  Jy kon sien die paartjie het hul verlowing sessie baie geniet en was op hul gemak gewees.

Carlé en Stefan se verlowing foto’s se agtergrond was die mooi landskappe van die plaas.  Van hoenders wat deel was van hul fotosessie tot die prentjie mooi berge in die agtergrond en die goue sonlig van die son wat sak.  Alles is net só mooi.  Ons hou ook daarvan dat die paartjie se uitrustings so mooi gepas het by die hele gevoel van hul verlowing fotosessie.

Hulle wou graag foto’s hê vir hul trou webtuiste en -uitnodigings en is seker hulle het sommer baie oulike foto’s gekry om van te kies.  ʼn Verlowing fotosessie moet geniet word en ten volle benut word.  So leer jy ook jou fotograaf se styl van foto’s neem ken en voel julle meer op jul gemak op jul troudag.

As jy opsoek is na fantastiese trou fotograwe, besoek gerus Mooi Troues se Trougids.  Dit is gevul met talentvolle trou fotograwe wat jou spesiale dag sal vasvang.   Rol af om meer te lees oor Stefan en Carlé se Plaas Verlowing Fotosessie en ook hul liefdesreis as paartjie.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ek en Stefan het ontmoet by Opskop.  Ons het een keer gedans en daarna by ʼn huisfondsdans mekaar weer gesien.  Hy was saam met een van my vriendinne by die dans.  Ons is albei baie lief daarvoor om te dans.  Hy het my 27  September 2017 uitgevra op die plaas met ʼn kerslig piekniek. Ons was 3 jaar en 7 maande saam voordat hy my gevra het om te trou.

Die groot vraag:


Ek en my familie gaan kamp elke Desember by die see teen die Weskus, Skaapvlei.  As klein dogtertjie het ek altyd gedroom om daar verloof te raak, maar dit was my geheim.

23 April 2021 het ons gaan kamp saam met goeie vriende by Skaapvlei.  Dit was baie bewolk toe ons daar aankom, maar tot ons verbasing het dit oopgetrek toe ons tente begin opslaan.  Nie lank daarna is die son besig om te sak oor die see en soos ons meisies altyd is met ʼn son sak, jaag ons die mans aan om fotos te neem.  My een vriendin sê toe ek en Stefan moet eerste staan en daarna kan ons van hulle fotos neem.

Na die eerste 3 fotos sien ek Stefan is op die grond doenig en dog hy het iets laat val.  Na ʼn paar sekondes besef ek eers wat aan die gebeur is en raak toe vuurwarm en opgewonde op dieselfde tyd.

My hart het uit my bors gespring en toe word die blink klippie aan my vinger gesit.  Ek het altyd gesê ek sal weet as hy my gaan vra om te trou.  Ons het daaroor gepraat, maar ek het nie verwag om daar gevra te word nie.  Daardie nag het ek kort kort wakker geraak en gedink ek droom tot ek die verloofring aan my vinger voel dan besef ek dis die begin van ons veraltyd.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Stefan is lewenslustigheid, hardwerkend en spontaan.  Carlé is die mees saggeaarde persoon wat ek ken.

Die verloofring:


Tannie Salome van Jewel D’zine het my ring ontwerp en gemaak.  Ek het 3 vereistes gehad vir my verloofring; dit moet ʼn solitaire wees geset in ʼn blompatroon met iets spesiaals.  En dit is mooier as wat ek ooit van kon droom en het my wildste drome oortref.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Om die foto’s in die huis te gebruik en vir die webtuiste wat gedien het as die trou uitnodiging.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Die plaas is baie spesiaal vir my en Stefan.  Ons wou die fotosessie so spesiaal, spontaan en gemaklik as moontlik gehad het.  Tannie Magriet het ons op ons gemak laat voel en ons kon net onsself wees.

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]