Nadia & Ciske se Selfdoen Plaastroue

Met opgewondenheid deel ons Nadia en Ciske se selfdoen plaastroue in Franskraal naby Gansbaai met julle in die inskrywing.

Hul trou venue is omring deur die mooi natuurskoon van die plaas en omliggende gebied waarin die trou venue geleë is.  Wanneer dit kom by hul trou dekor het hulle op pienk as hul hoofkleur besluit.  Twee lang tafels was in die trou venue uitgelê met ʼn lekker groot dansvloer in die middel.  Die bruide se tafel was apart met hul name op die tafel gespel.  Groen blomme ontwerp het bo die bruide se tafel gehang wat al die aandag na hul tafel getrek het.  Sagte skakerings van pienk, wit en groen lyk so stylvol op die rou hout tafels.  Die deurskynende stoele pas perfek in by die moderne gevoel hul troudag.

Stuck on You Favours and Design was verantwoordelik vir die mooiste klein vetplantjies as gaste geskenkies.  As jy opsoek is na die oulikste trou skryfbehoefte ontwerpe, gaste geskenke of oulike T-hemde, is Stuck on You Favours and Design die perfekte keuse vir jou.

Nadia se trourok het pragtige fyn detail oral op die rok gehad, wat so mooi gelyk het.  Ciske was nog altyd ʼn donkerblou pak met bruin skoene hê en dit is presies waarin sy getrou het.

Jy kan sien Ciske en Nadia het hul troudag behoorlik geniet, dit was ʼn heerlike makietie.  Rol af om meer te lees oor Nadia en Ciske se selfdoen plaastroue en so ook hul oulike liefdesreis as paartjie.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het ontmoet vir die eerste keer op skool, en ons liefdesverhaal het ongeveer 5 jaar na skool eers begin.  Ek was in Nederland en Ciske in Suid-Afrika, ons het begin gesels en net nooit opgehou nie.  Ons het elke aand video oproepe gehad en 6 Maande later toe my voete Suid-Afrika grond raak, was ons nooit weer van mekaar af geskei nie.

Ons het verloof geraak op ʼn warm Sondag aand toe Ciske my veras het met ʼn Jack Russel hondjie.  Tot my verbasing natuurlik het die hondjie ʼn verloof ring om sy bandjie gehad.  (Dit het my wel ʼn tydjie gevat om te besef dat daar ʼn ring is), en die res is geskiedenis!

Die Verlowing Tydperk:


Ons was redelik lank verloof, ongeveer 2 jaar, ons wou self die koste van ons troue dek en aan die einde van ons spesiale dag met geen skuld van die troue sit nie.  Elke sent wat ons kon spaar het ons gespaar.

Ons het nie ʼn trou beplanner gehad nie en het alles self gereël.  Baie Excel sigblaaie en beeld materiaal later het ons uiteindelik ons sprokies dag gehad.

Trou Begroting:


Ons begroting was R140 000.00 en ons het 96 gaste by ons troue gehad.  Ons het gebruik gemaak van Excel sigblaaie om ons uitgawes te beheer en so ook in ons begroting te bly.

Advies wat ons aan ander paartjies wil gee is om die klein goedjies ingedagte te hou, dit is maklik om van ietsie kleins te vergeet, maak seker alles wat jy deel van jou dag wil hê wel ingesluit is by jou beplanning en begroting.

Die Besluitnemingsproses:


Nadia het meeste van die trou beplanning gedoen en voor elke finale besluit vir Ciske ingespan vir haar opinie.  Dit was vir ons albei belangrik dat ons saam ons groot dag beplan.  Ons familie en vriende het nie ʼn groot impak gehad op ons besluitneming rondom die finale reëlings nie, maar ons het wel ons ouers en gevolg gevra vir hulle raad en idees indien ons sou vasbrand.

Merkwaardigste Oomblikke:


Nadia:

Ons het ʼn spesiale instap gehad by ons troue.  Ons het nie eers ons gevolg gesê wat ons beplan het nie, omrede ons almal wou veras.  Na ons fotosessie het ons denim badjies aangetrek en met ʼn lekker klub liedjie ingestap.  Die oomblik was vir my “Priceless” en iets wat ek nooit sal vergeet nie.

Ciske:

Nadia en haar gevolg was omtrent so 20 minute laat, en natuurlik het my hande bietjie begin sweet,  Maar een ding is verseker, toe sy uiteindelik by die padjie aankom het al my besware verdwyn. Ek het geen idee gehad hoe sy sou lyk, of hoe haar rok of grimering sou wees nie, maar meer perfek kon sy nie wees nie.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Nadia en haar gevolg moes ʼn 4X4 roete ry om by die venue se agter ingang uit te kom sodat niemand haar sien voor die seremonie begin nie.  Dit het die Vrydag gereën en hulle kon toe nie verder as ʼn sekere punt ry nie, omrede die 4×4 motor in die modder sou vas sit.  Sy en haar gevolg moes toe stap van waar hulle was tot by die seremonie (Dit was gelukkig net so 25 meter) en hulle was dus 20 minute laat vir die troue.

Ons sal niks verander van ons dag nie ons was omring met al ons vriende en familie en dit was meer as perfek vir ons.

Vermaak:


Ons het trou koerante met lekker feite-en-geite by die seremonie gehad en verwelkomingsdrankies na die seremonie gehad met die heerlikste brood en peuselhappie tafel.

Paartjie se styl:


Ons sal ons styl as paartjie beskryf as Modern, Elegant en Tydloos.

Ciske was nog altyd versot op ʼn vlootblou pak met die bruin skoene en vir my trourok wou ek iets elegant en stylvol gehad het.

Ciske se ring het ons van oorsee gekry en het baie lank gesoek vir iets met hout wat baie modern is en vir myne wou graag net iets met ʼn soliede diamant en kleiner steentjies gehad het.

Advies aan toekomstige paartjies wat trou:


Vat so 10 – 15minute op die dag en gaan sit iewers rustig en neem alles rondom julle in.  Dis waar wat hulle sê dat dit in ʼn oogwink verby is, vat die tyd om net alles om julle te waardeer.

Onthou om klein goedjies ingedagte te hou as dit kom by beplanning en begroting, dit is maklik om vat iets te vergeet wat later net meer druk op julle as paartjie plaas om dit dan gedoen te kry.

Spesiale Tradisies:


Ons het nie ʼn spesiale tradisie gehad nie, maar ons het wel ons eie begin as ons dit so kan stel.  Ons het in plaas van die kousband gooi ʼn rugbybal gegooi, dit was lekker sport vir die gaste.

Venue & Dekor:


Ons het na ongeveer 4 venues gaan kyk en het baie van die woud element gehou.

Ons het in Februarie 2021 vakansie gaan hou in Gansbaai toe ons verby ʼn bordjie gery het wat gelees het “Panorama Wedding Venue” ek het toe op die internet bietjie gaan op lees oor die venue en die Sondag voor ons huis toe is gereël met die eienaar om na die venue te kom kyk.  Dit was liefde met eerste oogopslag.  Ons was albei versot op die venue.

Vir troudekor wou ons met sagte kleure gaan om so ook die woud element te behou.  Ons het toe op pienk, as ons hoofkleur besluit, en van daar af meestal op die internet gekyk na beeld materiaal en ook na trou-webtuistes vir inspirasie.

Gunsteling Diensverskaffers:


Dit is vir ons moeilik om net een te kies, ons het met ʼn klomp fantastiese diensverskaffers gewerk en het regtig geen klagtes nie.

Ons sal wel Zandri van Zandri Du Preez Photography vir fotos aanbeveel, The Little Woodpecker en Stuck on You Favours & Design aanbeveel vir enige partytjie geskenke en trou dekor.  Little Thing en Big Moments vir my asemrowende trourok.

Wittebrood:


Ons het vir ʼn week by Brenton-on-Sea gebly in Knysna.  Dit was perfek!  Dit was hout huisies met ʼn borrelbad en die mooiste uitsig van die strandmeer.

Ons het elke dag uitgery na omliggende areas en net lekker aktiwiteite gedoen.  Albei van ons het byvoorbeeld die eendag spandeer by ʼn water pretpark en op ons laaste dag het ons die oggend in Mosselbaai die Zipline gedoen oor die see.  Ons is albei baie avontuurlustig en geniet dit om aktiwiteite te doen.

Knysna was ons keuse, omrede nie een van ons al daar was nie en vriende en familie wat al daar was dit hoogs aanbeveel het.  Ons sal dit ook nou aanbeveel, dit is die mees vriendelikste en lekkerste plekkie waar ons al was.

Eerste Dans:


Ons het ʼn eerste dans gehad en ons liedjie was “ONS” van Andriette.  Ons het ʼn dans roetine gehad wat ons by die huis geoefen het in die aande, maar ons het nie danslesse gehad nie.

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: