Ons is opgewonde om hierdie moderne Pienk met Wynrooi trou inspirasie met julle te deel op Mooi Troues. Die span fantastiese trou diensverskaffers het saamgekom om hierdie pragtige fotosessie bymekaar te sit. As julle ʼn paartjie is wat besig is om jul troue te beplan en opsoek is na inspirasie vir julle troudag, dan is jy op die regte plek. Liezl van Stuck On You Favours and Design het die koördinering van die fotosessie behartig en almal mooi bymekaar gekry om saam te werk. Skakerings van Pienk met Wynrooi is besonders.
Venue:
ʼn Pragtige trou venue in die Wellington gebied, Bakenhof Winelands Venue, was die perfekte ligging vir die moderne styl gestileerde fotosessie. Die moderne glaskas trou venue met die prentjiemooi uitsigte oor die landerye is so pragtig. Altyd ʼn fantastiese keuse vir paartjies wat opsoek is na ʼn trou venue.
Skryfbehoeftes:
Stuck On You Favours and Design is ʼn talentvolle trou skryfbehoefte ontwerper. Dié skryfbehoeftes wat ontwerp was vir dié gestileerde fotosessie was stylvol, modern en baie elegant. Met ʼn fokus op klein besonderhede en verskillende elemente en teksture het hierdie trou skryfbehoeftes so mooi gewerk. Liezl het ook die dekor se stilering gedoen en al die elemente op die einde bymekaar gebring.
Blomme:
Zahn van Bulb Flowers, wat Mooi Troues voorheen self mee gewerk het by ʼn gestileerde fotosessie het fantastiese werk gedoen. Haar blom ontwerpe is so indrukwekkend en trek onmiddellik jou aandag. Sy het definitief die hele visie van die fotosessie só perfek weerspieël.
Fotografie:
Mark Jackson Photography, ʼn professionele trou fotograaf het elke detail vasgevang in die mooiste foto’s. Dit is altyd belangrik om ʼn professionele trou fotograaf te gebruik wat weet hoe om jou visie uit te voer. Mark se styl werk is spontaan, modern en lig wat perfek gepas het by die fotosessie.
Rol af om meer te lees oor die Moderne Pienk met Wynrooi trou inspirasie fotosessie.
Wie het die fotosessie gereël?
Stuck On You Favours and Design het die konsep beplan. Asook al die reëlings, koördinasie, dekor stilering en skryfbehoeftes rondom die fotosessie behartig.
Inspirasie agter die fotosessie:
Ek het lank gedink oor die styl en kleure wat ek wou hê vir hierdie fotosessie. Omrede ek graag wou wegbreek van die konvensionele styl wat ons nog so gereeld vind op sosiale media platforms. My grootste dryfkrag was om vir moderne bruide daar buite trou inspirasie te kan bied waarmee hulle kan vereenselwig en om in te voer in die romanse van Lente.
Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?
Vandat ek die fotosessie begin beplan het was ek seker oor een ding! Ek wou diensverskaffers gebruik wat professioneel is en wie se styl pas by my visie. Ek het elkeen van die verskaffers noukeurig uitgesoek en gekontak. Almal was besonders in hulle eie veld, en ons het almal heerlik saam gewerk!
Agter die skerms van die fotosessie:
Ek het ʼn lysie vir alles, asook ʼn lysie van oplossings vir elke probleem wat mag opduik. Selfs al is dit onvoorsiene omstandighede. Daar het eintlik niks verkeerd geloop agter die skerms nie. As ek nou aan net een ding kan probeer dink was dit seker die beurtkrag. Gelukkig was die model se hare reeds klaar en dit het ons glad nie beinvloed nie. Ek dink ons was baie bevoorreg dat alles so vlot verloop het.
Die tydlyn het presies verloop soos dit uiteengesit was, en ons het selfs genoeg tyd gehad om ʼn happie te geniet tussendeur.
Merkwaardigste deel van die fotosessie:
Die merkwaardigste deel was definitief hoe mooi alles bymekaar gekom het. Meeste van die reëlings was oor Epos/WhatsApp kommunikasie gedoen, en die dekor wat ek gehuur het was ook aanlyn afgehandel. Op my skerm het al die elemente mooi gelyk, maar daar is so baie variasies en veranderlikes waneer alles bymekaar gesit word. Om die volle effek in lewende lywe te beleef wanneer alles mooi gestileer is by die venue is ʼn gevoel soos geen ander!
Nog iets wat vir my so merkwaardig was is hoe mooi die donker blomme die res van die dekor gekomplimenteer het. Dit was net genoeg om te dien as ʼn abstrakte element aangesien alles anders Wit en skakerings van Pienk was. Die koek was vir my vreeslik besonders omrede elke blaartjie met die hand gemaak en uitgekerf is.
Dekor:
Ek het ʼn baie duidelike visie vir die algemene – sowel as tafeldekor gehad. Ek wou graag ʼn moderne wit tafel gebruik sodat dit kon kontrasteer met die Pienk elemente. My eerste keuse vir die stoele sou Pienk Fluweel stoele wees, maar ek kon ongelukkig nie dit vind nie. Die ‘ghost’ stoele het pragtig gelyk op die ou end – en vreeslik mooi gepas by die res van die tafel.
Die tafel plasings:
In terme van die tafel plasings het ek glas onderborde gebruik met ʼn goue rand, ʼn moderne wit porselein bord en ʼn klein bordjie met ʼn fyn goue randjie vir ʼn tikkie elegansie. Daarby was ʼn Pienk servet, afgerond met die spyskaart en ‘n akriel gaste naam. Die gaste naam bordjie het sy eie pootjies waarop dit staan, en dit is dan ook sommer ʼn oulike ‘souvenir’ wat die gaste kan huis toe vat. Vir die doel van die fotosessie het ek sommer ons verskaffers se name gebruik en vir hulle gegee na die tyd om huis toe te neem vir hulle lessenaar. Vir my gaan ALLES oor detail – om mense welkom en geliefd te laat voel!
Gaste Geskenkies:
In terme van die dankie-sê geskenkies het ek dit oulik gedink om die klein botteltjies met Pienk Sout te gebruik, omdat dit die kleure so mooi komplimenteer – met ʼn kaartjie wat lees: “Sewe Sakke Sout is makliker met jou in ons lewens.” Dit is vir my só mooi en gepas as ʼn dankie sê geskenkie. Dit speel sin op die eeu-oue spreekwoord en die kaartjie gee ʼn dieper betekenis deur te sê dat wanneer ons mense in ons lewens het wat ons ondersteun, lief het en dra – help hulle ons om ons laste te dra. Die sewe sakke sout (wat nog kom vir die pasgetroudes) is op verdeel en elke spesiale gas by die troue se houertjie, want almal wat spesiaal is aan die paartjie help hulle dan in hulle eie unieke manier om goeie tye te vier en om deur swaarder tye te kom.
Blom Ontwerpe:
Ek het gefokus op baie kerse in verskeie skakerings van pienk, en Zahn van Bulb Flowers het vir ons 3 pragtige rangskikkings gemaak om rond te skuif soos ons goed dink. Ek wou graag hiermee bewys dat drie kleiner rangskikkings genoeg is wanneer dit op die regte manier gedoen word en dat kerse ʼn groot verskil kan maak en die tafel kan opvul. Ethereal Candle Crafters se kerse het die dekor perfek afgerond.
Die kroeg dekor en ander dekor wou ek graag ekstra inbring om ʼn speelvolle fotosessie te kon hê. Van my gunsteling foto’s is dié waar die model by die kroeg sit en ʼn drankie geniet, asook waar sy pret het op die groot pienk stoel en langs die koek.
Kleurskema:
Die kleurskema van die fotosessie was skakerings van Pienk met Wynrooi vir ʼn dramatiese effek.
Ek het onmiddelik geweet wat my visie is toe ek op dié kleure besluit, en het dit my werk gemaak om te verseker dat alles perfek bymekaar gesit word om my visie na lewe te bring. Ek wou graag ʼn ander effek skep as slegs die ‘bloos pienk’ troues wat ons so gereeld sien, daarom het ek besluit om Wynrooi in te bring.
Venue en Ligging:
Ek was opsoek na ʼn stylvolle, moderne venue met baie glas en ruimte.
Bakenhof bied ʼn pragtige, ligte seremonie area wat die perfekte effek was vir baie van die foto’s wat ek wou hê.
Die groot onthaal saal is omring met glas deure en skep ʼn luukse gevoel – wat presies die gevoel was van die fotosessie. Die oop ruimtes bied soveel potensiaal vir enige styl en kleur skakering – die moontlikhede is eindeloos!
Trourok:
Marietjie van La Belle Marieé het dadelik geweet waarna ons opsoek is en om haar boutiek te besoek is ʼn behoorlike belewenis!! Sy het die pragtigste rokke van internasionale ontwerpers – en ʼn baie groot verskeidenheid daarby.
Gelukkig het die rok vir Demi gekies en nie anders om nie, want toe sy dié rok aan trek het ons dadelik geweet – dit is die rok waarna ons soek! Die rok se naam is Orla (Ontwerper: Modeca) en het haar waarlik soos ʼn handskoen gepas.
Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:
My advies sal wees om te verseker dat jy ʼn professionele bloemis nader om hierdie inspirasie na te volg. Zahn van Bulb Flowers het presies geweet hoe om hierdie kleure te gebruik en ʼn stylvolle, kreatiewe rangskikking te maak. ʼn Goeie bloemis sal weet watter blomme gebruik moet word om diepte en tekstuur te skep – en die blomme het ʼn baie groot rol gespeel in hierdie styl.
Wanneer die fotograaf gekies word, maak seker dat die fotograaf se styl van foto’s pas by die lig en effek wat jy wil hê vir hierdie styl. Bv. ʼn Fotograaf wat bekend is vir warm, ‘moody’ foto’s sal nie heeltemal dit vasvang soos ʼn fotograaf wat ʼn ligter styl het nie.
Addisionele Inligting:
Die grimering en hare is gedoen deur Leedra Glam, en sy het ʼn uitstekende werk gedoen. Sy het vrye teuels gehad om te besluit wat sy wou doen en alles het só mooi by die model gepas! Die haarstyl het ook vreeslik mooi gegaan met die pragtige oorbelle van LAUTA Handmade. Cornelia het vir ons 4 pare gestuur vir die fotosessie en dit was so moeilik om op ʼn paar te besluit dat ons sommer almal afgeneem het!
Die koek was waarlik ʼn treffende fokuspunt by hierdie fotosessie. Kollewyntjie het ʼn dubbel laag koek gemaak met glinster wit fondant. Die koek was afgerond deur handgemaakte fondant blomme, elke blaartjie noukeurig aanmekaar gesit en uitgekerf. Haar talent is waarlik besonders!
Mark Jackson is ʼn wel berese fotograaf wat homself al oor en oor in dié industrie bewys het – en ons kan sien hoekom! Sy professionele benadering is voortreflik, en sy fotografie styl was perfek vir hierdie inspirasie fotosessie.
Die skryfbehoeftes was elegant maar tog simplisties – omrede daar soveel kleur in die dekor was. Die fluweel welkom bord met goue letters was die hoogtepunt in die skryfbehoefte proses, en ek het dit vreeslik geniet om die gasteboek alternatief te doen, waar gaste twee notas kan skryf en in ʼn houer gooi. Een vir huweliks advies, en een vir ʼn briefie uit die hart. Die sitplek plan het kaartjies gehad wat uit trek en die tafel nommer aandui. Dit was vir my so mooi en lekker gewees om dit te doen!
- Fotograaf: Mark Jackson Photography
- Blomme: Bulb Flowers
- Skryfbehoeftes + Dekor + Koördineerder: Stuck On You Favours and Design
- Venue: Bakenhof Winelands Venue
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Grimering+ Hare: Leedra Glam Makeup Artist Cape Town
- Huurdienste: All Things Wedding SA
- Juweliersware: LAUTA Handmade
- Troukoek: Kollewyntjie
- Trourok: La Belle Marieé Bridal Couture
- Kerse: Ethereal Candle Crafters
- Model: Demi Meyer