Mel & Hilette se Stylvolle Bosveld Troue

Met soveel opgewondenheid deel ons graag Mel en Hilette se stylvolle bosveld troue met julle op Mooi Troues.  Die paartjie het op ʼn pragtige Wildsplaas getrou sowat 70km vanaf Pretoria, naby Bela Bela in Limpopo.  Die perfekte ligging vir ʼn pragtige troue in die bosveld, omring deur prentjie mooi landskappe en die geluide van die natuurlewe wat jou omring.

Hilette het beeldskoon gelyk in haar moderne trourok, sonder enige ekstra fieterjasies.  Die trourok het ʼn baie eenvoudige styl met ʼn mooi oop rug wat so mooi is.  Ons is gek ook Hilette se handruiker!  Dit is so elegant en mooi en pas perfek by haar trourok.  Mel se troupak staan so mooi uit in kontras teen die bosveld se kleurskakerings.  Wanneer dit kom by hul uitrustings se styl, was daar definitief baie aandag gegee aan die detail.  Die strooimeisies het net so mooi gelyk in hul groen en swart uitrustings.

Vir hul troudekor het hulle gegaan vir ʼn eenvoudiger styl, wat meer tydloos is en ook die elemente van die bosveld sal beklemtoon.  ʼn Tent troue in die bosveld is altyd ʼn wenner en gee jou daardie buite gevoel, maar beskut deur die tent.  Liggies wat aan die bome hang tydens skemer en die skitter van die kerse op die lang tafels, skep ʼn prentjie mooi resultaat.  Moderne deurskynende stoele, baie glas op die rou hout tafels en uitgedroogde takkies skep ʼn interessante voorkoms.

Alles is moontlik as jy ʼn span professionele diensverskaffers het.  Besoek gerus Mooi Troues se Trougids vir fantastiese trou diensverskaffers vir jou troue.  Rol af om meer te lees oor Mel en Hilette se stylvolle bosveld troue.  Die paartjie gee ook waardevolle advies vir toekomstige bruidspaartjies hieronder.

Paartjie se Liefdesreis:


12 Januarie 2019, het ek en Mel gelyktydig in gestap by een van ons gesamentlike vriendinne se verjaarsdag partytjie.  Hy het dadelik vir my ʼn glas wyn aangebied en begin gesels.  Dieselfde week het ons op ons eerste afspraak gegaan, waarna ons mekaar amper elke dag gesien het.  En ʼn maand later het Mel my gevra om sy meisie te wees.

Die verlowing:

Twee jaar later op 2 April 2021 het Mel afgesak op sy knie, onder die bosveld son, en my gevra om sy vrou te wees.  Dit was Paasnaweek en ons het die vorige jaar reeds gereël dat my gesin en sy gesin Paasfees saam spandeer op Mel hul se plaas in Limpopo.  Op die dag was elkeen in hul eie rigting en ek en my broers het begin Catan speel.  Halfpad deur, vra Mel dat ek saam hom ry, want sy pa hê gevra ons moet gaan kyk of die dek nie reën skade gekry het nie en of ons “sundowners” daar kan gaan drink.

Effens geïrriteerd dat ek Catan moet los (wat ek besig was om te wen), stem ek in om saam te ry.  Salig onbewus van wat aangaan stap ek op na die dek, met ʼn ongelooflike uitsig oor die lower groen bosveld, waar ek ʼn pragtige gedekte tafel sien met kerse en ʼn piekniek mandjie.  Net toe ek op die dek kom vat Mel my hand, draai my na hom toe, sak af op sy knie en vra my om sy vrou te wees.  Met ʼn vreeslike omhelsing en opgewondenheid het ek myself herinner om êrens tussen die emosies, trane en opgewondenheid “JA” te sê.

Ek en Mel het daarna tyd gehad om saam die oomblik in te neem en te geniet met ʼn piekniek mandjie en ʼn pragtige uitsig oor die bosveld.  Ons familie het later aangesluit en ons het saam die gevier met wonderlike sjampanje.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was een jaar en ʼn maand verloof.  Ons het nie ʼn trou beplanner gehad nie, ons het die troue self beplan.

Trou Begroting:


Ons wou van die begin af ʼn groot troue hê en het 200 gaste by ons troue gehad.  Ons begroting was R300 000 en ons was ongelukkig oor ons begroting.  Kostes is altyd die moeilike deel van ʼn troue.

Ons advies is om te besluit wat is belangrik vir julle en te sny op kostes wat nie belangrik is vir julle nie.  Wat vir ons belangrik was is; dat ons ʼn goeie fotograaf en videograaf het, mense ʼn goeie tyd moet hê en dat ons bruidsgevolg nie vir hul klere/grimering/hare moes betaal nie.  Ons het dit dus prioritiseer.   Ons het die kostes van die bogenoemde opgemaak met die feit dat ons geen blomme op die tafels gehad het nie.

Moenie vergeet van al die ekstra kostes soos huweliks registrasie kostes, venue brekasie deposito ens. nie.  Dit duik alles in die laaste maand op en kan maklik optel na R10,000.

Merkwaardigste Oomblikke:


Hilette:

Die oomblik toe ek vir Mel in die oë kyk en “JA” sê om verewig sy vrou te wees.

Mel:

Die oomblik toe Hilette by die trougang afstap.

Die Besluitnemingsproses:


Ons het besluite goed saam uitredeneer om al die onsekerhede uit te sorteer en te verstaan wat beide wil hê.  Maar is vreeslik dankbaar vir Mel wat meerdere tyd leiding geneem het en ʼn finale besluite geneem het (of my oortuig het om voort te gaan) as ek bietjie bang was, dit effens duur was of ek onseker was.

Beide van ons ouers het vreeslik gehelp met leiding en advies om besluite (groot en klein) te maak.  Ek het gereeld my strooimeisie ook gevra om my te help besluit met kleiner besluite waaroor ek onseker was.

Paartjie se styl:


Bruid se trourok:

Ek wou baie graag iets eenvoudig, klasiek en tydloos hê, sonder fieterjasies, kant en vreeslike detail.  Ek het ʼn rok aangepas met ʼn soortgelyke rug en dadelik verlief geraak op dit.  Later het ek ʼn halter nek rok aangepas en was mal oor die snit op my en het toe begin droom van ʼn halter nek rok met ʼn oop V-rug.

Bruidegom se troupak:

Mel wou glad nie ʼn tradisionele kleur pak, soos swart, grys of vlootblou dra nie en het van die begin af gekyk na stylvolle, maar ander kleure.

Trou Ringe:

Mel het toe ons begin praat van trou vir my gesê ek kan ʼn ring kies en moet gelukkig wees met die ring, maar hy wil graag vir my sy ouma se ring gee.   Hy het dit toe vir my gewys en ek het dadelik verlief geraak op dit.  Vir ʼn pant het ek ʼn eenvoudige/klasieke plat goue ring laat maak en Mel het dieselfde tydlose klasieke goue ring, net ʼn bietjie dikker.

Ek sal regtig voorstel dat die toekomstige bruid ʼn juwelier gaan sien voor sy besluit op ʼn ring.  Ek het ongelooflike goeie raad gekry oor die kleur metaal wat by jou vel pas (goud/silwer of witgoud), verskillende tipe bandjies (plat/rond) en wat moontlik is in terme van ontwerp.

Gunsteling Diensverskaffers:


(Dis nie ʼn regverdige vraag nie) 😜

  • Fotograaf (Kreativ) en videograaf (Frank and the Misses) – Hulle kan jou dag maak of breek met die “vibe” wat hulle bring.
  • Spyseniering (Bish Bash Boosh) – Die kos was ongelooflik lekker en absoluut stres vry
  • Dekor (Bish Bash Boosh/Lu-anne Mc Cord) Die venue het vreeslik mooi en stylvol gelyk en hulle het sonder moeite met enige krisse uitgehelp en vooruit beplan.
  • Rok (Estelle Visser) – Dit was net sooo lekker om te gaan vir rok aanpassings, met haar te gesels en saam opgewonde te wees vir die groot dag.
  • Platejoggie (Multi Music) was ook fantasties en het die skare ongelooflik goed gelees en vermaak.  Hy was oop vir versoeke en het dit vir almal ʼn fees gemaak.  ʼn Platejoggie is regtig ongelooflik belangrik en kan jou dansbaan ʼn vol lewendige universiteits dansbaan maak of absoluut vervelige “perks of being a wall flower” dansbaan maak.

Vermaak:


Ons het verwelkomingsdrankies gehad (sjampanje en gin bar), gaste kon vroeg Canapés geniet en die platejoggie het agtergrond musiek gespeel.  Daar was geen ander musiek vermaak buiten die platejoggie nie.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Daar is altyd iets wat verkeerd loop:

Daar het mense 20min laat gekom en dit het die hele program vertraag en baie “rushed” laat voel het.  Ons moes ook dinge in die program uitruil om by alles uit te kom, maar mens vertrou die diensverskaffers en alles het goed uitgewerk.

Daar was beurtkrag net voor ek ingeloop het en waar die liedjie net eweskielik gestop het, wat ʼn ongemaklik oomblik was.  LOL SA!

Ek sou graag by my oorspronklike tydlyn wou bly en sou eerder op die uitnodiging wou sit dat die troue 30min vroeër begin.  Dit is baie belangrik as die venue ʼn entjie vanaf die “Google point” af is.  Ek het die uitdruklik op die trou uitnodiging gesê, maar mense lees nie.

Venue & Dekor:


Trou Venue

Ons wou beide in die bosveld/Limpopo trou en het “by word of month” by die venue uitgekom.  Ons het gaan kyk en het dadelik verlief geraak op die venue en het dieselfde dag eerste beskikbare datum bespreek.

Trou Dekor

Ons wou graag ʼn stylvolle, elegante bosveld troue hê.  Die fokus was op tydloosheid en klassiek met ʼn bosveld kinkel.  Vriendin het dit verduidelik as “luxurious, earthy with jewel tones”.  Ons het nie juis ʼn tema gehad nie, maar ʼn paar idee gekry waarvan ons hou en met die hulp van ons ongelooflike diensverskaffers by die finale produk uitgekom.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bruid:

“Trust you gut” en onthou dis jou dag, daarom moet jy nie verplig voel om by ʼn diensverskaffer te bly as dinge nie vir jou lekker is nie, of snaaks voel nie.  Ek het twee diensverskaffers verander gebaseer op my “gut” en is tot vandag toe nog dankbaar daarvoor.

Vra vroegtydig raad oor die tydlyn (ek weet rerig nie hoe lank dit vat om konfetti te gooi of koek te sny nie).

Bruidegom:

Ondersteun jou bruid ten alle tye in die laaste paar maande, dis baie meer emosioneel vir haar en haar ouers as vir die manne.  Die week voor die troue, vind uit wat jou toekomstige bruid op stres oor die dag, soos onvoorspelbare weer, en neem leiding om ʼn plan te maak.

Wittebrood:


Ons was Mauritius toe vir ons Wittebrood.  “AMAZING!!!”  Ons stel voor om ʼn “all inclusive package” te vat, maar moenie probeer om al die skemerkelkies op die spyskaart in eendag te drink nie. LOL

Eerste Dans:


Ons het ʼn baie spesiale eerste dans gehad.  Ons het saam op “Storm” van Spoegwolf besluit.  Die liedjie is baie simbolies van ons verhouding en ons het mekaar ontmoet toe ons altwee 26 jaar oud was, waarna ons lewens handomkeer verander het en “het die vloer gestyg”.

Ons het nie vir dans klasse gegaan of die liedjie vooraf geoefen nie.  Ons dans gereeld saam en het dit sommer net “ge-wing”.

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]