JJ & Shené se Moderne Troue in Hemel-en-Aarde Vallei

Met opgewondenheid deel ons JJ en Shené se moderne Troue in Hemel-en-Aarde Vallei, Caledon by The One Heaven & Earth met Mooi Troues se lesers.  Die paartjie se troudag het soveel pragtige elemente, wat jou asem sal laat wegslaan.  The One Heaven & Earth is die ideale trou venue vir paartjies wat opsoek is na ʼn trou venue in Hemel-en-Aarde Vallei tussen Caledon en Hermanus.   Omring deur pragtige landskappe van omliggende plase en die mooi natuurskoon om dit.  Die paartjie se buitelug seremonie tussen die hoë bome is so mooi gewees en het die natuur betrek tot hul troudag.

Wanneer dit kom by hul trou dekor het hulle geen moeite gespaar nie.  Gedroogte pampas gras het in die middel van die die twee lang tafels gehang.  Ons hou van die ligte wat bo die tafels gehang het, wat ekstra lig gegee het vir gaste by die tafels.  Die kerse op die tafels het gesorg vir ʼn romantiese gevoel en ʼn warm gevoel tot die venue gegee.  Skakerings van pienk en pers was geïmplementeer op die tou hout tafels.

Shené en JJ het van hulle trou dekor items gehuur by Goeters.  Goeters bied ʼn groot verskeidenheid dekor items te huur vir troues.  Letterlik alles waaraan jy kan dink wat jy sal nog hê vir jou troue.

Shené se trourok was so mooi vloeiend en het die mooiste detail op gehad.  Haar strooimeisies se rokke was skakerings van pienk en pers pastel kleure gewees.  JJ en sy strooijonkers het net so dapper gelyk in hulle neutrale aardse kleurskema troupakke.

Die paartjie het ook ʼn romantiese wittebrood in die Maldives geniet.  ʼn Populêre bestemming vir Suid-Afrikaans paartjies om na te reis.

Rol af om meer te lees oor JJ en Shené se troudag in die Hemel-en-Aarde Vallei.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het mekaar op skool ontmoet, ek was in Graad 11 en JJ was net uit die skool toe ons begin uitgaan, Mei 2014.  Hy het my op 23 Augustus 2021 gevra om te trou.

Gunsteling Diensverskaffers:


Ruth Mao-Cheia het my hare en grimering gedoen en dit was verstommend!

Die Verlowing Tydperk:


Ons het 8 maande na die verlowing getrou, ons moes dit mooi beplan rondom JJ se werk rotasie.  Ek en my ma het grotendeels die troue beplan.

Trou Begroting:


Ons is bevoorreg met ouers wat ons nie perke gegee het nie.  “Wedding tax is a real thing.”  Dis maar oë toe knyp en op tande byt.  Ons was ongeveer 85 mense.

Merkwaardigste Oomblikke:


Definitief dat ALMAL na die tyd nie ophou kon praat oor hoe almal hulself kon wees en dit geniet het.

Die Besluitnemingsproses:


Ek, my ma en JJ het ewe veel bydrae gelewer in terme van besluite maak.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Neem elke sekonde in.  En haal asem!

Paartjie se styl:


  • Simplisties
  • Aards
  • Boho/modern

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


As daar iets verkeerd geloop het weet ek nie daarvan nie.

Venue & Dekor:


Ek wou nog altyd by The One Heaven & Earth getrou het, so dit was gelukkig eenvoudig. Pinterest was my “BFF”.

Vermaak:


Martinus van Tee!  Hy skets die gaste as spotprente/karikatuur en almal was gek oor hom.

Eerste Dans:


Ons het die dansvloer geopen met Soos Bloed van Theuns Jordaan.  Ons het op ons voete gedink en nie een van ons twee kan dans nie.

Wittebrood:


Ons het in die Maldives gaan wittebrood hou en dit was onvergeetlik.  Dit was nog altyd my droom.

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: