Jean & Courtney se Buitelug Tuin Troue

Met opgewondenheid deel ons Jean en Courtney se buitelug tuin troue in Somerset-Wes op Mooi Troues.  Die paartjie het sulke mooi weer gehad op hul troudag en die sonlig het alles so mooi opgehelder.  Van die gaste het met hul voete in die swembad gesit terwyl ander gesellig met mekaar gesels het.  Hulle seremonie was ook buite tussen en onder die bome en versorgde tuine van hul trou venue.

Courtney het ʼn stylvolle trourok aangehad wat die mooiste detail bo gehad het en meer eenvoudig na onder gevloei het.  Haar strooimeisies het Khaki-groen rokke aangehad wat so mooi ingepas het by die strooijonkers se sandkleur uitrustings.  Jean het ook ʼn sandkleur troupak aangehad met donkerbruin skoene.

Courtney en Jean se onthaal was buite in die pragtige tuine van die trou venue.  Rou hout tafels was op die grasperk opgestel met die tikseltjies groenigheid, wit en aardse kleure wat deel gevorm het van hul trou dekor.  ʼn Buitelug troue is altyd mooi, veral as die weer so mooi is soos by die paartjie se troudag.   Alles is moontlik as jy ʼn fanatiese span trou diensverskaffers het.  Mooi Troue se Trougids word deur honderde bruide jaarliks gebruik om trou diensverskaffers te vind vir hul troudag.

Ons is gaande oor die paartjie se fotosessie gewees. Die pragtige oranje sonsak lig is so romanties en mooi!  Hulle het tot ʼn draai by die perdestalle gemaak waar die perd saam vir ʼn foto poseer het.  Vir hul wittebrood het hulle ʼn lieflike wegbreek geniet na na Mosambiek.

Rol af om meer te lees oor Jean en Courtney se buitelug tuin troue en hul liefdesreis.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het een aand ontmoet toe ons twee apart saam met ons eie vriende uit was. ’n Gemeenskaplike vriend het my (Courtney) vir Jéan uitgewys en gesê dat ek die perfekte pasmaat vir hom sal wees. Jean het my genader en die res is geskiedenis. Ons paaie het vir so 2 jaar aangehou kruis, toe vertrek ek Thailand toe vir 2 jaar se onderwys.

Toe ek van Thailand af terugkom om te kuier, het ons paaie weer gekruis, en ek is weer vir 6 maande weg voor ek teruggekom het en ons dit amptelik gemaak het … Ons is sedertdien saam.  Ons het ʼn huis gekoop, ʼn hond gekry en dis toe dat Jean my vra om met hom te trou. Dit was prentjie mooi in die tuin van die huis waar ons ‘n tuiste geskep het.  Om saam lewe te bou was so ʼn avontuur. Van die beplanning van ons eie troue tot ons wittebrood in Mosambiek.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was een en ʼn half jaar verloof voordat ons die knoop deurgehak het.  Ons het ons troue self beplan, wat soms uitdagend was, maar so lonend.

Trou Begroting:


Ons trou begroting was sowat R80,000, maar ons het egter sowat R120,000 spandeer.  Dit sluit alkohol en verblyf vir ons bruids-gevolg in.

Raad:

Daar is so baie onverwagte kostes wanneer dit kom by die beplanning van ʼn troue.  Dinge soos prokureurs fooie, pastoor fooie en geskenke vir strooimeisies waaraan ons nooit regtig gedink het nie. Nie eens gepraat van die res nie.  Ons trou venue het nie ʼn dranklisensie gehad nie, so ons het uiteindelik ook al die drankies verskaf.

Ons het ʼn spitbraai gedoen, wat beslis gehelp het om koste te besnoei en so ʼn ontspanne en familie atmosfeer by die hele geleentheid gevoeg het.  Daar was 60 volwassenes en 5 kinders gaste.

Merkwaardigste Oomblikke:


Dis so moeilik om te sê.  Ek dink dit sal moet wees om voor ons familie en vriende te staan en te sê “I Do”.  Dan ook al die toesprake was ongelooflik.  Daar is nie woorde om al die emosies en betowering wat ons op daardie oomblikke gevoel het, te verduidelik nie.

Gunsteling Diensverskaffers:


Sjoe, dis ʼn moeilike een. Die troue sou nie wees wat dit was sonder almal se bydrae nie.

Paartjie se styl:


Ons het gegaan vir ʼn baie elegante, tog natuurlike styl.  Ons strooimeisies het ʼn kakie-groen kleur skema gedra.  Die bruidegom het ʼn sanderige beige kleur aangehad.   Hierdie kleure was sag en natuurlik, en het ʼn ontspanne. tog elegante atmosfeer aan die dag gegee. Die trou venue het so goed voorsiening gemaak vir ons styl/voorkoms wat ʼn moderne en vars atmosfeer ingebring het wat gaste tuis laat voel het. Die bruid se trourok was eenvoudig en wit met sweempies kant.  Ons ringe was nie oorbodig nie, maar het gepas by die simplistiese skoonheid van beide ons en ons spesiale dag.

Vermaak:


Ons het ʼn ongelooflike platejoggie gehad wat deur die dag gespeel het.  Hy het goeie werk gedoen deur die musiek wat ons verskaf het te gebruik om die perfekte atmosfeer te skep.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Nie seker of iets verkeerd geloop het nie, die bruidspaar se gevolg was wonderlik om alles glad te laat verloop.  Ons sou nie ʼn enkele ding verander nie – die dag was perfek.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


As jy die dag sonder ʼn troubeplanner kan organiseer, het dit ons beslis nader aan mekaar gebring en al ons idees tot lewe gebring.  Die troue het so ʼn persoonlike aanslag gehad wat alles soveel meer skouspelagtig en spesiaal gemaak het.

Venue & Dekor:


’n Familievriend het vir ons die venue gewys wat hy besig is om te restoureer en vir ons rondgewys.  Willie, die eienaar was ongelooflik, hy was so tegemoetkomend en bereid om op soveel maniere te help – hy het beslis bygedra om die ervaring so aangenaam te maak.  Die venue se styl het ons dadelik vasgevang en ons het geweet dis die plek wat die elegante en natuurlike styl waarvoor ons gaan, lewe sou gee.

Die trou dekor wat ons gekies het was simplisties.  Ons het baie natuurlike en vars kleure ingewerk om ʼn sagte en ontspanne atmosfeer te skep wat steeds elegansie toon.  Enigiets groen, wit en bruin.

Die Besluitnemingsproses:


Ons (die bruid en bruidegom) het al die finale besluite geneem.  Dit is dit beslis aan die bruidspaar se gevolg verskuldig omdat hulle ons in die laaste oomblikke gehelp het om ons idees bymekaar te kry.

Wittebrood:


Terwyl ons tans hierdie skryf, is ons op wittebrood in Mosambiek.  Ons bly by die mooiste oord genaamd Neptune’s wat op Barra strand geleë is.  Van oorvloedige hoeveelhede seekos eet, kokosneut drink, snorkel met dolfyne en manta-rays, en ontspan op die strand.  Ons kon nie vir ʼn beter plek gevra het om ons wittebrood saam deur te bring nie.

Ons het nie ons wittebrood direk na die troue gedoen nie, dit het beslis die opwinding van ons troue verleng en ons kan twee keer fees vier!

Eerste Dans:


Ja, ons het gedans.  Ons het nie geoefen nie en dit het op die oomblik perfek uitgedraai.  Sal niks verander nie.

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]