Hier by Mooi Troues kry ons die vraag gereeld: “Is ʼn Trou Videograaf die moeite werd?” Definitief ja! Dink het hoe spesiaal dit is om terug te kyk na julle troudag en alles te herleef. Al daai mooi herinneringe sal van vooraf weer herleef word.
Alhoewel dit elke paartjie se eie keuse is wat hulle watter dienste hulle as belangrik ag en watter nie, kan ons wel ʼn paar punte uitlig. Om ʼn trou videograaf, net soos om enige ander trou diensverskaffer te huur is nie goedkoop nie. Daar is net soveel dinge om na te kyk wanneer julle ʼn videograaf huur vir julle troudag.
Rol af vir ʼn paar advies punte waarna julle moet uitkyk wanneer julle ʼn trou videograaf wil huur en volg die skakel om professionele trou videograwe te vind op Mooi Troues se aanlyn trougids.
Portefeulje:
Hierdie is ʼn baie belangrike punt. ʼn Trou Videograaf se portefeulje is van uiterse belang. Julle moet seker maak die videograaf het al voorheen troues afgeneem of ten minste bekende trou videograwe bygestaan by troues. Kyk na die videograwe wie julle in belangstel se portefeulje op hulle webtuiste en ander platvorms soos YouTube of Vimeo. Vra of die videograaf vir julle ʼn volledige troue se video kan stuur, sodat julle ʼn gevoel kan kry van hoe die videograaf verskillende dele van die troue vasvang. Alles kan goed lyk op ʼn vinnige 3 minute voorskou.
Video Styl:
Net soos met fotograwe, het videograwe ook elkeen hulle eie styl. Dit sluit in die manier hoe hulle die dag verfilm, die kleur van die die finale video en ook die manier hoe die video geredigeer is. Party videograwe het ʼn meer natuurlike styl, waar ander weer ʼn donkerder of ligter styl het. Party videograwe hou daarvan om ligte te gebruik as hulle verfilm, ander hou weer van natuurlike lig.
Elke videograaf het hul eie styl en kunstige manier hoe hulle die diens aan paartjies bied. Wanneer julle ʼn videograaf vir julle troue wil huur is dit belangrik om ʼn videograaf te kies met wie se styl julle kan aanklank vind.
Klank:
Luister na die videograwe op julle kortlys se klank, veral as julle enige toesprake of so aan wil deel hê van julle trou video’s. Party videograwe is beter met klank en ander nie, so maak seker wat belangrik is vir julle as ʼn paartjie.
Ervaring:
Ervaring is iets wat niemand van mens kan wegvat nie. Maak seker julle weet hoeveel ervaring die videograwe op jul kortlys het. Lees vorige kliënte se resensies. Vra die videograaf hoeveel jaar se ervaring hy/sy het en hoeveel troues hy/sy al verfilm het. Dit is belangrik dat die videograaf wel trou ervaring het, want ʼn troue is heeltemal anders as byvoorbeeld ʼn kommersiële video vir ʼn maatskappy. Daar is klein elemente by ʼn troue wat verfilm moet word wat slegs videograwe met ervaring in troues sal kan vasvang.
Kyk wat ingesluit is in die pakket:
Net soos met enige ander trou diensverskaffer is daar sekere dienste en produkte wat ingesluit is in die pakket en ander nie. Maak seker julle verstaan wat ingesluit is in jou videograaf se pakkette. Onder is ʼn paar punte waarna julle kan kyk:
- Hoeveel uur is die videograaf by jul troue?
- Is daar slegs een videograaf, of is dit ʼn span?
- Kry julle ʼn kort en lang weergawe van jul trou video?
- Hoe sal die video aan julle afgelewer word?
- Wat is nie ingesluit in jul pakket nie?
Prys:
Wanneer dit kom by die prys van ʼn trou videograaf hang dit regtig af van elke paartjie se afsonderlike begrotings. As julle dit kan bekostig om die beste trou videograaf te huur vir jou troue, dan doen julle dit. Indien jou begroting slegs ʼn seker begroting toelaat, bly binne daardie begroting. Nie alle fantastiese en baie talentvolle trou videograwe se pryse is heeltemal buite bereik nie. Maak seker julle maak ʼn lys van al die videograwe se verskillende pryse en wat hul bied. So sal julle ʼn beter kan sien wie bied wat teen watter prys.
Artikel Krediet:
- Fotografie: Pexels
- Geskrewe: Mooi Troues