Armand & Lea se Verlowing Fotosessie tussen die Olifante

Ons is baie opgewonde om Armand en Lea se verlowing fotosessie tussen die Olifante met julle te deel.  As jy nou praat van ʼn verlowing fotosessie wat anders is, dan is dit nou Armand en Lea se verlowing fotosessie!  Die paartjie se fotosessie is een wat jy nie moet misloop nie.  Lea en Armand het saam met die olifante geloop in die Bela-Bela gebied in Limpopo.  Dit het die mooiste agtergrond gemaak vir hulle verlowing foto’s.

Olifante is sulke pragtige, reuse diere wat mens eintlik baie klein laat voel.  Dit is nie elke dag waar jy die geleedheid kry om sulke pragtige foto’s te kry saam met hierdie reuse diere nie.  Die paartjie se rede vir hul verlowing fotosessie was om meer gemaklik te raak met hul trou fotograaf.  Dit is belangrik dat jy op jou gemak is op jou troudag.

As jy ʼn professionele fotograaf het, soos die fotograwe in Mooi Troues se Trougids sal jy op jou gemak wees.  ʼn Verlowing fotosessie moet nie stresvol wees nie.  Gebruik die tyd om jou fotograaf se advies in te neem en ook lekker te lag vir jul foute!  So as julle sommer ʼn stresvrye fotosessie op jul troue hê.  Rol af om meer te lees oor Armand en Lea se verlowing fotosessie tussen die Olifante en ook hul liefdesreis.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ek het verlief geraak om Armand deur net stories van hom te hoor.  Hy was ʼn klein en skaam seuntjie met ʼn groot lus vir avontuur, toe hy klein was het hy in velde rond gekruip opsoek na ʼn verlore skatkis.  Hy het snaakse see monster aan gevat in die middel van ʼn dam.  Daar was niks wat hy nie kon doen as kind nie.  En terwyl Armand opsoek was na seerowers en kastele was ek opsoek na hom.  Dit het darem nie te lank gevat vir ons bende om te vorm nie en nie lank daar na nie toe vind ek my prins en Armand het my deel gemaak van die grootste avontuur ooit!

Groot word, of wel oud word, was nog nooit rêrig iets wat ons voluit kon reg kry nie.  Daar word nogsteeds kombers kastele gebou in die sitkamer boom huise word uitgeklim en ons kan nogsteeds volle bors saam met elke Disney fliek sing.  Armand is en sal altyd my grootste, beste en gunstelinge avontuur bly.  Die dag toe hy my gevra het om te trou het ek geweet ek het sopas die grootste skat gekry!

Ek kan nie wag vir nog vele meer avonture saam die liefde van my lewe nie.

Die groot vraag:


Ons is al ʼn hele rukkie verloof.  Armand het my gevra om te trou in 2019 op die 21st Desember in Cape Vidal by St Lucia.  Ons het tyd gevat om elke deel van ons droom troue te beplan.  Nou dat die groot dag amper op ons is voel ek net nog nader aan Armand as ooit.  Ons gaan ʼn baie intieme troue hê wat al die opgewondenheid van ons kinderdae gaan by hê.

Die verloofring:


My verloof ring is ʼn 9ct Rose Gold Morganiet ring.  Ek en Armand het hom saam gaan kies.  Met sy sagte pienkerige kleur word die Morganiet dikwels geassosieer met onskuld, romanse en liefde.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ek dink dit is iets wat elke bruid en bruidegom moet doen saam hul fotograaf om gemaklik te raak met mekaar en om te weet wat jou fotograaf van julle gaan verwag die dag van die troue.  Bv Nici het ons verduidelik hoe om te poseer om die beste fotos te kan kry.  Ek voel dit is belangrik, want op jou troudag met al die opgewondenheid sal ʼn mens dalk nie besef waar jy wat moet doen vir jou fotograaf om elke oomblik vas te vang nie.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Dit was op ons “bucket list” om tyd saam Olifante te spandeer en saam hulle te kan loop.  Dit was die wonderlikste ondervinding ooit!  En ek sal enige tyd Adventures with Elephants in Bela-Bela voorstel vir so iets.

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: