Ons deel graag met ons lesers advies vir jou wittebrood beplanning op Mooi Troues. Elke paartjie droom daarvan om ʼn salig en romantiese wittebrood te hê na hul troudag. Om ʼn wittebrood te beplan kos beide tyd en geld, so dit verg ʼn bietjie meer beplanning.
Ons kyk in dié inskrywing na ʼn paar belangrike punte wat julle in ag moet neem wanneer julle jul wittebrood beplan. Die laaste ding wat ons hê is dat jy ook moet stres oor jou wittebrood se beplanning. Die wittebrood moet ʼn romantiese wegbreek wees om julle troue te vier en ook jul eerste periode saam as ʼn getroude paartjie volkome te geniet.
Rol af vir ons wittebrood beplanning advies.
Begroting:
Werk eers jou begroting vir die wittebrood uit. Dit sal vir jou baie tyd en moeite bespaar en vir jou antwoorde gee op baie van jou vrae. Julle begroting sal ook bepaal waar julle kan gaan vir jul wittebrood en wat julle kan doen en nie kan doen nie. Indien jy droom om iets spesifiek te doen, kan jy dalk ʼn aand of twee plaaslik doen en dan spaar vir julle eintlike wittebrood. Niemand het gesê jy moet onmiddellik na jy troue op wittebrood gaan nie. Spaar vir julle droom wittebrood en geniet elke oomblik daarvan.
Tydperk:
Is die tydperk wat julle sal gaan op wittebrood in- of buite seisoen in die spesifieke gebied waar julle gaan op vakansie? Binne seisoen periodes is gewoonlik bietjie hoër geprys as buite seisoen periodes.
Onthou, die seisoen beteken nie gewoonlik sonskyn nie. As jy toer na ʼn ski-oord dan sal sneeu hulle piek seisoen periode wees. As jy gaan na ʼn eiland dan sal somer en sonskyn hulle piek seisoen wees.
Maak seker dat die aktiwiteite wat jy beplan om te doen beskikbaar is gedurende daardie tydperk wat julle die bestemming sal besoek. Party aktiwiteite is seisoenaal, so is nie altyd beskikbaar nie.
Reis agentskap of self beplanning?
Dit is vir baie paartjies ʼn moeilike besluit om te neem, veral as jy oorsee toer. Ons advies sal wees as jy nasionaal toer kan jy dit self beplan omdat jy min/meer jou eie land ken. As jy internasionaal toer en nog nie voorheen die bestemming besoek het nie, sou ons aanbeveel dat jy ʼn reis agentskap nader om jou te help met die beplanning proses.
ʼn Goeie reis agentskap kies die beste plekke reg oor die wêreld. Sodoende seker te maak toeriste bly in ʼn veilige area en ʼn plek wat op standaard is en waarde vir geld sal wees.
Kry kwotasies van verskillende reis agentskappe om seker te maak jy kies die beste beskikbare opsie teen die beste waarde vir geld.
Visums:
Afhangende van die tipe paspoort waarmee jy reis, onthou om ook visum kostes in af te neem. As jy na lande reis waar jy ʼn visum benodig, kyk na die vereistes om ʼn visum te kry. Maak seker jy verstaan daardie vereistes en maak ʼn afspraak by die spesifieke ambassade.
Lees die terme en voorwaardes.
Maak seker jy lees die terme en voorwaardes, veral as jy gebruik maak van reis agentskap se vakansie pakkette vir wittebrood. Seker kostes mag dalk nie ingesluit wees in die pakket nie. Daar mag dalk addisionele kostes wees wat jy moet inbetaal. So maak maar seker dat jy weet waarvoor jy betaal. As jy nie iets verstaan nie, laat iemand dit vir jou verduidelik in skrif via e-pos.
Pak die regte klere.
Maak seker jy weet hoe die temperatuur en die weer is waarna jy gaan. Baie mans wil nie vir hulle nuwe vrouens sê waarheen hulle gaan vir hulle wittebrood nie. Dit is baie belangrik dat jy vir jou vrou sê watter tipe klimaat sy gaan in wees tydens julle wittebrood. Dit is glad nie aangenaam om in die middel van somer met winter klere te sit, of in die middel van winter met somers klere te sit nie.
Artikel Krediet:
- Artikel: Mooi Troues
- Foto’s: Pexels