Morné & Elana se Wynlandgoed Verlowing Fotosessie

Ons is opgewonde om Morné en Elana se wynlandgoed verlowing fotosessie met Mooi Troues se lesers te deel.   Die paartjie het die mooiste verlowing fotosessie gehad by Lourensford.  ʼn Pragtige wynplaas in Somerset-Wes, omring deur prentjie mooi natuurtonele en berge.  Elana se pragtige blomme patroon rokkie en Morné se donker blou hemp en Khaki-kleur broek het perfek gewerk by die agtergrond.

Dit was die paartjie se eerste fotosessie en as jy na die foto’s kyk sou jy nie so sê nie.  Hulle lyk op hul gemak in die foto’s met baie glimlagge.  ʼn Verlowing fotosessie is só ʼn belangrike element.  Nie almal is van die begin af gemaklik voor die kamera nie en dit kan nogal stres veroorsaak op jou troudag.  Daarom beveel ons aan dat paartjie ʼn verlowing fotosessie voor hul troudag doen met hul trou fotograaf.

Elke trou fotograaf het hul eie styl en manier van werk.  Tydens die verlowing fotosessie kan jy jou trou fotograaf beter leer ken en so ook meer gemaklik voel voor die kamera.  Dit help paartjies baie om meer gemaklik te wees voor die kamera op hul troudag.  So sal jy ʼn stresvrye fotosessie hê op jul troue.

Is julle besig om jul troue te beplan?  Besoek Mooi Troues se Trougids vir professionele en betroubare trou diensverskaffers.  Blaai af om meer te lees oor Morné en Elana se wynlandgoed verlowing fotosessie.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons eerste ontmoeting was op ʼn heerlike warm middag in November, by ʼn gesamentlike vriend se verjaarsdag braai.  Morné en die vriend ken mekaar al van jongs af en ek was redelik nuut in hierdie vriendekring.  Ek het nie verwag om daardie aand só lekker te lag en om só lekker na stories te luister nie.  Morné erken dat hy daardie dag al geweet het hy gaan eendag met my trou. Ons het die volgende jaar in April amptelik begin uitgaan.  Ons was drie jaar en 8 maande in ʼn verhouding voor ons verloof geraak het.

Die groot vraag:


Ons het op die 11de Desember 2021 verloof geraak.  Morné weet dat as daar twee goed is waarvoor ek baie lief is, is dit pieknieks en verrassings.  ʼn Maand of twee vantevore het ons piekniek planne gehad, maar dit word toe in die wiele gery. Uiteindelik, na ʼn hele paar keer se uitstel, kon ons gaan.  Niksvermoedende pak ek vir ons ʼn piekniekmandjie en ons is die sonnige Saterdag Kirstenbosch toe.  Daar gekom, het ons bietjie rondgeloop en later op ʼn stil bankie gaan sit om ʼn bietjie te rus en die natuur in te neem.  Toe ek langs my kyk, sien ek net hoe hy die ring uit sy beursie haal.  Dit was asof alles in stadige aksie gebeur.  Daardie besonderse gevoel en spesiale woorde is vir ewig in my herinnering gegraveer.  Dit was perfek, want dit was ʼn enorme verrassing, en net ons.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Morné kan beskryf word as intelligent, bedagsaam, nederig en getrou en moenie sy sin vir humor vergeet nie.

Elana se beste eienskappe is haar vriendelikheid, bedagsaamheid, omgee vir ander en dat sy ander se belange altyd bo haar eie stel.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons wou graag óf in die lente, óf in die herfs trou.  Ons het toe besluit om hierdie jaar in die lente te trou.  Dus het ons 8 maande gehad om ons troue te reël.

Die verloofring:


Ons het redelik baie daaroor gesels.  Ek het heelwat foto’s en prentjies gesien waarvan ek gehou het en wou graag iets uniek hê.  Ek het nie voorgeskryf dat die steen spesifiek ʼn diamant moes wees nie, maar Morné wou dit baie graag só hê.

Elana het ‘n spesifieke ontwerp in gedagte gehad, maar dit was moeilik om presies te weet hoe om die ontwerp bymekaar te sit.  Ons het toe besluit om die ontwerp meer eenvoudig te maak en dan kan sy haar troupant ontwerp soos wat sy dit wil hê om by haar ring te pas.

Nou dat ek my ring het, is die eenvoud van die ovaal diamant vir my perfek.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons het nog nooit ʼn fotosessie saam gedoen nie en daarom wou ons graag ons fotograwe ontmoet en foto’s neem vir ons trou uitnodiging.  Ons het ook gedink dat dit die senuwees ʼn bietjie sal kalmeer en dat ons nou weet wat ons te wagte is op die groot dag.  Dit was ʼn baie wyse besluit, want ons fotograwe is fantasties.

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: