Michael & Niel se Strand Troue in die Weskus

Met baie opgewondenheid deel ons Michael en Niel se strand troue in die Weskus met jou op Mooi Troues.

Die paartjie het by die prentjie mooi trou venue, Blue Bay Lodge in Saldanhabaai getrou.  Hul seremonie was langs die ligte blou water van die baai wat die perfekte agtergrond maak vir ʼn besonderse troudag.  Blue Bay Lodge is die perfekte keuse vir ʼn strandtroue in die Wes-Kus.  Die Weskus is ʼn populêre bestemming vir paartjies om te trou en ook ʼn wittebrood te hou.  By Blue Bay Lodge sal jy nie verkeerd gaan nie.  Dit is ʼn wêreldklas trou venue met die mooiste see uitsigte en fantastiese falsiteite en geriewe.   ʼn Moderne trou venue met klomp natuurlike lig, sal verseker dat jou trou gaste ʼn gesellige kuier het.  Daar is ook oorgenoeg verblyf vir al jul trou gaste.

Hul trou dekor was wit en groen elemente en lang tafels waar gaste lekker kan gesels met mekaar.  Die elemente op die tafel het so mooi uitgestaan op die rou hout tafels en stoele.

Die bruidegomme het baie deftig gelyk op hul troudag.  Michael het ʼn lig groen trou pak aangehad en Niel ʼn donker blou trou pak.  Die twee kleure het so mooi saamgewerk en pas perfek by die hele atmosfeer van hul troudag.  Hulle gevolg het net so mooi gelyk.  Die dames in hul wit rokke en die mans in hul Khaki-kleur broeke en wit hemde.

Rol af om meer te lees oor Michael en Niel se Strand Troue in die Weskus en ook hul liefdesreis as paartjie.

Paartjie se Liefdesreis:


Ontmoeting:

Ons eerste ontmoeting was by Blue Peter (Niel was laat), en ons het saam gestap vanaf Big Bay, en op die gras gaan sit en die sonsondergang gekyk (ook waar ons ons eerste soen gehad het).

Verlowing:

Niel het vir Michael ʼn naweek weg bespreek in September 2020.  Maar ongelukkig, het Michael se ma op die dag wat ons sou vertrek het siek geraak, en die naweek is toe uit gekuif na Niel se verjaarsdag.  Dit is toe wanneer Michael nie gedink het die man sal ooit vir hom vra om te trou nie.  Die Saterdag oggend, het ons ontbyt geniet by die gastehuis in Shelley Point, en toe besluit om die sonskyn dag te geniet deur op die strand te gaan stap.

Omtrent so 1km in, het ons omgedraai en ek (Michael), het vooruit gestap en nie besef dat Niel stadiger stap nie.  Ek het toe omgedraai en na hom toe gestap, waar hy iets in die sand geteken het (dit was ʼn verloofring).  Ongelukkig, was die ring nog nie klaar nie, en ek het vir hom gevra of dit ʼn dolfyn is (hahaha).  In daai selfde oomblik het ek besef wat dit was, maar nogsteeds bietjie dom gespeel.

Hy het toe agter my op sy knieë gegaan en ʼn elle lange storie vertel (wat hy gehoor het by sy beste vriendin Nella, dat hy moet net baie praat).  Die romantiesste dag waarvoor ek kon gevra het.  Hy het na sy pragtige geselsie vir my gevra om die res van my lewe saam met hom te spandeer.  Natuurlik was my antwoord ja.  Met die branders in die agtergrond, son wat om ons bak – en ʼn elle lange pad om terug te stap).

Die Verlowing Tydperk:


Ons het twee troues gehad.  Ons was verloof vir 6 maande voor ons die wettig gemaak het saam met ons ouers, suster en broer.

My (Michael) se ma was gediagnoseer met kanker, en my skoonma het voorgestel dat ons ʼn klein troue hou voor haar afsterwing.  Die dag het ek en Niel self beplan met die hulp van die familie. Dit was vir my die spesiaalste dag in 2021 (14 Mei).  My ma is toe minder as ʼn maand later oorlede.

Die 12 Maart 2022 troue, was vir die familie en vriende gehou om ons huwelik te vier saam met ons.  Ons het ʼn trou beplanner gehad wat ons gehelp het met die venue se beplanning.

Trou Begroting:


Ons begroting was eers R100,00; maar met beplanning het ons dit op gestoot na R120,000.

Ons het meeste van die klein goedjies self gedoen (trou uitnodigings en ander skryfbehoeftes self ontwerp en laat doen), en ongelooflik baie tyd spandeer aan die beplanning van die dag.

My voorstel, is sit elke week 2 ure uit om deur die lysies te werk van die dag.  Dit het soveel druk af gehaal nader aan die tyd omdat dit klaar gedoen is.

Jou troudag is minder as 12 ure, maar die beplanning is 200 ure plus.  Doen jou huiswerk, dink aan wat jou ideaal dag gaan wees, en hoe jy dit persoonlik lekkerder kan maak.  Om iets self gemaak te sien op die dag, gaan jou meer trots laat voel oor die totale uitkoms.

Merkwaardigste Oomblikke:


Twee oomblikke wat vir ons uitstaan:
1. Die seremonie:

Die mooiste preek van ons dominee (wat ook Niel se niggie is, en nou tans die dominee by Michael se tuis Kerk waar hy gedoop en voorgestel is).  Sy het die liefde baie mooi verduidelik as ʼn wyn rank wat groei.

2. Ons eerste dans:

Ons het die aand voor die tyd probeer oefen, maar gits ons het beide twee linker voete gehad.  Op die dag, toe die liedjie begin speel, het ons voete gegly oor die baan asof ons al vir maande geoefen het.  Die totale liefde wat ons beide gevoel het in daai dans, was wonderlik.  Ons het 14 Mei 2021 getrou, maar ons het heeltemal weg gebly om vas te dans tot 12 Maart – dus was dit ons eerste dans as ʼn getroude paartjie.

Die Besluitnemingsproses:


Elke besluit, groot of klein, is saam geneem (tensy Niel bietjie langer gevat het om sy besluit te neem, dan het Michael vinniger besluit en Niel oortuig na die tyd).

Ons familie het geen besluit gehad in die troue nie.  Ons familie het wel net wanneer ons vas gehaak het, vir ons advies gegee oor besluite wat geneem moes word.

Paartjie se styl:


Ons het getrou in verskillende kleure.  A.g.v. die somer weer op die dag, het ons besluit op geen das.  Michael in lig groen.  Niel in donker blou.

Ons ringe het ons elkeen self gekies wat ons eie styl is.  Michael se ring is Tungsten met hout en “moon rock”.  Niel se ring is Tungsten – swart en silwer met ʼn roos goud streep

Spesiale Tradisies:


Ons het probeer by die meeste tradisies hou van ʼn “normale” troue.

Ons het wel a.g.v. die kleur skema van ons troue, het ons besluit op die wonderwerk van die natuur.

Na ons seremonie, het ons ʼn wit Laventel bos geplant op die venue, wat daar sal groei as bewys van ons liefde wat ons gedeel het met al ons naastes, en wat sal groei en blom vir jare te kom.

Ons het ook ʼn ma-seun dans gedoen op ‘Radio Dancing’ van Engelbert Humperdink.  Dit was my ma en pa (Michael), se gunsteling dans liedjie.  As die liedjie by ʼn funksie begin speel het, het die twee geliefdes gehardloop na die dansbaan.  Niel het dit gedeel met sy ma, en ek het die liedjie gedans met my suster, Franzette.

Gunsteling Diensverskaffers:


  • Shanie Jooste Fotografie
  • Concept Capsule (Mark West trou koördineerder)

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Daar is ʼnie-so-perfek’ oomblikke, maar dit is definitief nie twee keer se dink daaraan nie.  Ons fokus op die mooiste oomblikke van die dag, en dit sal ons koester.

Eerste Dans:


Ons eerste dans was op die liedjie, ‘‘Dance Dance D’Amour’ van David Hasselhoff.  Die liedjie het betekenis in ons beide se jonger dae.  Vir Niel was die liedjie baie gespeel by familie kuiers, en vir Michael sal dit herinner word as die liedjie wat altyd gespeel het op die langpad na Namibië.

Dit is ook die eerste liedjie wat ons op vas gedans het die aand van ons eerste ontmoeting by Niel se woonstel (waar ek vir hom probeer help verf het aangesien hy daardie week uit getrek het). “Die moeite wat ek sou gedoen het om die man te beïndruk – ja, dit is hoeveel ek van hom gehou het.”

Vermaak:


Ons het gebruik gemaak van SKS Entertainment, wat al die musiek op die dag gedoen het.

Wat werk van dié verskaffer, is dat hulle het ʼn danser saam gebring wat die mense “op gehits” het – dus was daar heeltyd mense op die dansvloer.

Venue & Dekor:


Niel wou graag by die see trou.

Beide ons ouers bly in Saldanha, wat die keuse spesiaal maak dat ons trou op die dorp “van ons ouers”.

Blue Bay Lodge se venue is simplisties maar baie stylvol.  Die lig blou see van Saldanhabaai streel oor die hele eiendom, en die groot glas vensters wat uit kyk oor die baai.

Ons dekor is gekies volgens die natuur se kleure – groen, bruin en wit.  Ons het besluit op teksture van hout, glas en porselein.

Eenvoudig, maar elegant.

Advies aan paartjies wat op trou staan:


Nooi die mense wat betekenis het in julle lewe.

Hou dinge ʼn geheim vir alle gaste (familie en vriende), om hulle asem weg te slaan op die dag.  ‘DIY’ so veel as wat julle kan om kostes te bespaar.

Vir enige gay paartjies wat graag will trou – doen iets anders wat nog nie gedoen is nie.  Geniet julle self nie net op die dag nie, maar ook die beplanning en die opbou tot die dag.

Die dag gaan baie vinnig verby, vat elke oomblik in.  Gee vir jouself en jou geliefde ʼn 5 minute oomblik deur die loop van die aand/middag alleen met ʼn bottel sjampanje, en wees lief vir mekaar in daai oomblik.  Glo my, jy sien mekaar redelik minder soos wat die kuier begin.  Dans soveel as moontlik saam.

Kies jou gevolg vir mense wat vir jou spesiaal is, nie omdat jou ander helfte drie mans het, beteken nie jy moet ook drie vriendinne, of drie vriende kies nie.  Kies die mense wat jy weet sal daar wees al die pad, verlede en toekoms.

Wittebrood:


Ons het aanvanklik gekyk na ʼn eiland as ʼn wittebrood.  Ons het die opsies oorweeg, en besluit op Mauritius.

Eerstens, die vlugte is nie so elle lank nie, en dit is paradys.

Ons het juis meer spandeer op ‘DIY’, sodat ons kon ‘splurge’ op besigheids klas (glo my, dit is die moeite werd).  Veral as jy twee dae na jou troue op ʼn rooi oog vlug is.

Ons het in die suide gebly, met die naam Creole.  Die strande is pragtig, water is warm, en die drankies het gevloei.  Ons oord was op die selfde plek waar die “underwater waterfall” is.  Ons het die dae om spandeer op die strand en om die swembad.

Jou wittebrood gebeur net een keer, spandeer die geld om na ʼn mooi plek toe te gaan.

    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    [endsection]