Eric & Heneline se Vogue Verlowing Fotosessie

Ons is baie opgewonde om Eric en Heneline se Modetydskrif verlowing fotosessie geïnspireer deur die populêre modetydskrif, Vogue.  Hierdie paartjie se Vogue verlowing fotosessie voel soos ʼn mode fotosessie op die glans blaaie van ʼn tydskrif, of selfs ʼn Amerikaanse advertensie wat jy op die kassie sien!  Ons is gaande oor die fotosessie en dit bied tonne inspirasie vir paartjies wat idees soek vir hul eie verlowing fotosessie.

Heneline en Eric het die fotosessie gehad om hul herinneringe van die spesiale tydperk vas te vang.  Foto’s is so belangrik, dit vries tyd en jy kan altyd terugkyk na goeie herinneringe.  Hulle het ook die foto’s gebruik vir hul trou uitnodigings.  Verlowing foto’s hoef nie net een gebruik te hê nie, daar is baie redes hoekom ʼn verlowing fotosessie ʼn goeie idee is.

Maak gebruik van Mooi Troues se Trougids en bespreek ʼn fotosessie by ʼn professionele trou fotograaf as jy nog nie besluit het op ʼn trou fotograaf nie.  Maak jul verlowing fotosessie ʼn prettige ervaring en so raak julle ook meer gemaklik voor die kamera.  Julle leer ook jul trou fotograaf beter ken en is sommer op jul gemak op jul troudag en kry pragtige foto’s.

Eric en Heneline se Modetydskrif verlowing fotosessie is een wat jy nie moet mis nie.  Rol af vir tonne inspirasie en om meer te lees oor Eric en Heneline se liefdesreis.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ek en Eric het begin uit gaan in 2012.  Ek was 14 jaar oud en hy was 15 jaar oud.  Ons was in dieselfde Hoërskool (Hoër Tegniese Skool Middelburg ).  Dis ‘n baie jong ouderdom om te besef dat hy my trouman is, maar ek het dadelik geweet.  Ek het voordat ek Hoërskool toe gegaan het elke aand gebid dat ek ‘n man sal kry wat PERFEK by my pas, ‘n man waarvan my ouers hou, ‘n man wat my gelukkig maak al gaan dit sleg, ‘n man wat my op die hande dra.  En toe kry ek hom toe ek in graad 8 instap.

Ons is deur elkeen se “up’s and down’s” en steeds wil ons saam met niemand anders wees nie.  Hierdie jaar is ons 10 jaar saam (een dag voor ons troue vier ons hierdie spesiale oomblik).  Ons het mekaar steeds spasie gegee om te ontwikkel en groei en ons eie voete te vind, omdat ons van so jong ouderdom af al bymekaar is.

Ons trou die 12de Augstus 2022 by Cavalli, waar slegs ons ouers en boetie en sussie die dag met ons gaan deel. ‘n Baie intieme klein troue. Ons hou dan die 3de September 2022 ‘n onthaal/feesviering saam met ons familie en vriende.

Die groot vraag:


Ons het Desember 2021 Mosambiek toe gegaan saam met ons vriende.  Ek het geweet hy gaan my in 2021 vra om te trou … ek het net nie geweet wanneer nie.

So het die vakansie aan gegaan en op Kersdag het ek dalk gedink hy gaan my vra, maar niks gebeur nie.  Ek het besluit om dit te los anders gaan ek heeltyd op iets hoop wat dalk nie gaan gebeur nie.

Op Oujaar and het ek aanvaar dat hy my nie in 2021 gaan vra nie.  Die volgende dag het die meisies gesê ons moet almal ‘n middag slapie vat en dan later aantrek en mooi fotos op die strand gaan neem, hulle het my toe kom wakker maak en gesê die een seuntjie is siek ek moet asb na sy sy klein boetie kyk, want die mamma moet by hom wees.  Ek staan toe op en kyk na die kleintjie. Ewe skielik kom roep almal my en sê iemand het seer gekry op die strand ek moet kom help, ek is toe haastig oppad strand toe en toe ek om die hoek kom staan Eric op sy knieg in ‘n hartjie wat hy uit feetjie liggies gemaak het.  Ek het dit toe glad nie verwag nie.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Ons het mekaar liefm want ons behandel mekaar altyd met respek, ons respekteer mekaar se opinie al verskil ons van mekaar, ons vertrou mekaar ten alle tye, ons stel God eerste in ons lewe, ons droom saam, ons moedig mekaar aan om ons verskillende doelwitte te bereik, ons vertel mekaar altyd die waarheid maak nie saak hoe erg dit is nie, ons werk elke dag aan ons verhouding.

Ons het mekaar lief omdat ons ons liefde bou op die regte fondasies.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons troudag is die 12de Augustus 2022.  So ons sal dan 7 maande en 2 weke verloof wees.

Die verloofring:


Ek het self gegaan om my verloofring te ontwerp.  So dit is presies wat ek wou gehad het.  Die ring was eintlik vir Eric ‘n verassing.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ek wil elke oomblik van hierdie ‘journey’ vasvang.  Dit is ‘n oomblik in ons lewe wat ons nooit weer oor gaan kry nie.  Ek het dit ook gedoen om ons huwelik feesviering uitnodiging te maak.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


My inspirasie was Vogue tema.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk:


Ek het geen vrese vir hierdie tydperk nie.  Seker omdat ons so lank bymekaar is.

My verwagtinge vir hierdie tydperk is, dat ons mekaar nog liewer sal hê en al die opwinding van ‘n nuwe fase in ons lewe.

Visie vir droomtroue:


My visie vir ons droom troue is klein en intiem maar nogsteeds elegant en WOW.

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: