Verseker jou troue met I Do Insure™️

Verseker jou troue met I Do Insure™️.  Jy lees reg!  Jy kan nou jou troue verseker sodat jy ʼn stresvrye trou beplanning ervaring het.  Paartjies het genoeg stres wanneer dit kom by hul trou beplanning.  Zavion Kotze, ’n bekroonde trou koördineerder en bekende gesig in die trou bedryf het  I Do Insure™️ in 2021 gestig.  Hy het jare se ondervinding in die trou bedryf en ervaring met wat alles kan fout gaan in die beplanning proses.

’n Troue is ’n groot belegging vir paartjies, daarom wil jy seker wees jou belegging word beskerm.  Omdat ’n troue iets is wat uit ’n klomp elemente bestaan, is dit maklik dat iets nie kan verloop soos dit moet nie.  Mooi Troues het met die span by I Do Insure™️ gesels oor hulle versekering vir paartjies se troues.  Rol af om meer te lees oor ons onderhoud met I Do Insure™️.

Wanneer was I Do Insure™️ begin en deur wie?


I Do Insure™️ is in 2021 begin deur Zavion Kotze, na hy deur ervaring gesien het wat kan skeef loop tydens die troue beplanning-proses.  Dié versekering is ontwerp om paartjies met enige begroting in ag te neem.  So te verseker dat enige paartjie hul spesiale dag met gemoedsrus kan geniet.  Troue-versekering is reeds oorsee ’n neiging met groot impak en beloning vir die paartjies wat besluit om geld daaraan te bestee.  Waarom sal mens nie die belangrikste dag van hul lewens verseker nie?  Wanneer dit so maklik is om ander belangrike items te verseker (troetel diere, motors, huise, en selfs lewens)?

Wat presies is I Do Insure™️ en watter dienste bied julle aan paartjies wat trou?


I Do Insure™️ is trou versekering wat aanbied om die egpaar se belegging te beskerm teen omstandighede buite hul beheer.  I Do Insure™️ sal dan uitbetaal vir onverhaalbare uitgawes wat alreeds aangegaan is. Die I Do Insure™️ span is toegewyd om top gehalte diens en advies te verskaf aan paartjies wat belangstel om hul groot dag te beskerm.

Hoekom moet paartjies hul troue verseker?


Na jare se ervaring het Zavion en die I Do Insure™️ span al ondervind daar kan enige iets gebeur terwyl ’n troue beplan word.  Van hewige weer storms, tot foute met die trourok en menige ander verskaffer mislukkings.  Trou versekering bied paartjies ekstra gemoedsrus, dat sou enige iets onverwags gebeur, hul belegging in hul spesiale dag beskerm word.

Hoekom moet paartjies hul troue verseker?


Na jare se ervaring het Zavion en die I Do Insure™️ span al ondervind daar kan enige iets gebeur terwyl ’n troue beplan word.  Van hewige weer storms, tot foute met die trourok en menige ander verskaffer mislukkings.  Trou versekering bied paartjies ekstra gemoedsrus, dat sou enige iets onverwags gebeur, hul belegging in hul spesiale dag beskerm word.

Wat dek I Do Insure™️ alles by paartjies se troues?


I Do Insure™️ bied ’n verskeidenheid dekking opsies, insluitend maar nie beperk tot kansellasie van die troues, inkorting en herskedulering, noodsaaklike dokumente (soos ID ’s en paspoorte), blomme, koek en geskenke, asook verskaffer mislukkings.

Wat sal I Do Insure™️ nie dek nie?


Voorbeelde van I Do Insure™️-uitsluitings is verliese wat verhaalbaar is vanaf enige ander bron, vrywillige kansellasie van die troue, en aansteeklike siektes.  Enige en alle uitsluitings word uiteengesit in die polis skedule wat elke paartjie ontvang.

Hoe lank voor die troue moet paartjies ʼn I Do Insure™️ dekking uitneem?


Hoe vroeër, hoe beter!  Dekking kan uitgeneem word sodra die egpaar met die trou beplanningsproses begin.  I Do Insure™️ stel egter voor dat hierdie versekering nie minder as 3 maande voor die troudatum af uitgeneem word nie.

Watter informasie sal julle vanaf paartjies benodig vir dekking?


Slegs die name van elke eggenoot, beide hul ID-nommers, kontakbesonderhede, trou venue en -datum word vereis wanneer jy aansoek doen vir dekking.  Tydens die aansoek moet die betaal opsie en pakket keuse ook aangedui word.

Hoe kan paartjies ʼn kwotasie kry vanaf I Do Insure™️?


Daar is geen kwotasie nodig nie.  Om aansoek te doen is maklik en vinnig.  Die paartjie kan deur die vier pakkette wat aangebied word (Patience, Integrity, Respect en Adoration) kyk om te bepaal watter een die beste dekking vir hul trou geleentheid sal bied.  Sodra ʼn pakket gekies is, word ’n aansoek vorm ingevul en aan die I Do Insure™️-span gestuur.  Paartjies kan ook direk vanaf die webwerf inteken deur die vorm aanlyn in te vul.  Vir ʼn meer persoonlike ervaring kan paartjies I Do Insure™️ direk kontak by 011 312 6784 om met ʼn konsultant te praat.

I Do Insure™️ se Kontak Besonderhede:


Volg I Do Insure™️ op Instagram en Facebook vir die nuutste nuus oor hul trou versekering opsies.  Jy kan ook meer inligting vind op hul webtuiste.  Indien jy direk met ʼn konsultant wil gesels kan jy hulle telefonies kontak by 011 312 6784.

Meer oor I Do Insure™️:


I Do Insure™️’ word aan u gebring deur Genesis Insurance Brokers in vennootskap met iTOO Special Risks (Pty) Ltd (Reg No: 2016/281463/07), ʼn gemagtigde Finansiële Dienste Verskaffer (FDV No. 47230).  Onderskryf deur The Hollard Insurance Company Limited (Reg No. 1952/003004/06), ʼn gelisensieerde nie-lewensversekeraar en ʼn gemagtigde Finansiële Dienste Verskaffer.

Artikel Krediet:

  • Foto’s verskaf deur:  I Do Insure™️
  • Geskrewe verskaf deur:  I Do Insure™️
  • Inleiding geskryf deur:  Mooi Troues