Uitrusting Advies vir jul Verlowing Fotosessie

In die inskrywing deel ons Uitrusting Advies vir jul Verlowing Fotosessie op Mooi Troues.  ʼn Verlowing fotosessie is so ʼn belangrike deel van ʼn paartjie se hele trou beplanning proses.  Daar is ook verskeie redes hoekom paartjies verlowing foto’s laat neem.  Baie paartjies weet nie waar om te begin as hulle dink aan hul verlowing fotosessie se uitrustings nie.  Daar kom baie vrae op oor wat paartjies moet aantrek vir hul verlowing fotosessie.

Mooi Troue se Redaksie-span sien honderde fotosessies en het ʼn goeie idee van wat werk en nie.   Onder gaan ons deur ʼn paar punte wat jul sal help om op julle beste te vertoon op jul foto’s.  Dit is nie net so eenvoudig soos mens dink nie, daar is baie verskillende elemente wat ʼn rol speel om die perfekte verlowing fotosessie uitrusting te kies.  Rol af om meer te lees oor ons uitrusting advies.

Hoekom doen julle die verlowing fotosessie?


Hierdie is die heel eerste vraag wat paartjies moet vra.  Hoekom hulle die verlowing fotosessie bespreek het.  Alhoewel ons voel dat elke paartjie ʼn verlowing fotosessie moet doen voor hul troudag, is daar ook baie ander redes.  As jy die verlowing fotosessie doen vir ʼn foto’s vir jou trou webtuiste of trou uitnodigings, dan moet jy jou troue se kleurskema ingedagte hou.  Jy wil hê jou verlowing foto’s moet inpas by die hele gevoel van jou trou uitnodigings.  Dit help nie julle klere se kleure werk nie met die kleurskema van jul trou webtuiste of trou uitnodiging nie.

Die ligging is belangrik:


Dit klink dalk nie nou belangrik nie, maar dit is baie belangrik in die keuse van kleredrag.  Die ligging van jul verlowing fotosessie sal vir jul ʼn idee gee van wat jy moet aantrek.  As julle in die hartjie van die stad ʼn fotosessie het, wil jy nie aantrek of jy by die see is nie en jy wil ook nie in hakke loop by die see nie.  Probeer ʼn ligging vasstel voor julle besluit op uitrustings, dit sal jou baie help.

Hou dit neutraal of kies ʼn tema:


ʼn Neutrale kleurskema is altyd ʼn wenner vir ʼn verlowing fotosessie.  As jy onseker is van jul trou tema, verlowing fotosessie tema, of die ligging, dan kan is die neutrale kleurpalet die beste opsie vir julle.  Probeer alles sagte neutrale aardse kleure te hou en so ook jul skoene.

Wees anders as die res:


Moet nie bang wees om mooi aan te trek nie.  Wees anders as die res en doen waarvan julle hou.  Dit is julle verlowing fotosessie en die hele doel daarvan is om dit te geniet.

Kies ʼn tema vir jul verlowing fotosessie:


Daar is niks verkeerd om ʼn tema te kies vir jul verlowing fotosessie nie.  Baie paartjies wil iets buiten gewoond doen en kies so ʼn tema vir hul verlowing fotosessie.  As jy iets pret of eksentriek wil doen is ʼn tema altyd ʼn goeie opsie.  Daar is baie kostuum huurdienste in Suid-Afrika wat jou ʼn unieke uitrusting kan verskaf.

Wees gemaklik, maar binne perke:


Dit is belangrik om gemaklik te voel tydens jul verlowing fotosessie, veral as jy klaar op jou senuwees is.  Moet nie klere aantrek wat te styf, of te los sit nie.  Kies klere wat jy in gemaklik voel, maar ook binne perke.  Omdat jy gemaklik is in jou nagklere of sonder ʼn hemp, beteken dit nie jy moet nou so opdaag vir jou verlowing fotosessie nie.  Probeer so mooi moontlik aantrek, maar nogsteeds iets waarin jy gemaklik kan rond beweeg.

Dinge om te vermy:


Geskrewe en embleme op klere:

Asseblief moet nie onnodige geskrewe of embleme op jou klere hê vir ʼn verlowing fotosessie nie.  Dit trek jou aandag af van die hele fotosessie.  Al wat mens sien is die embleem of geskrewe op die klere.  Probeer om meer neutrale aardse kleure te gebruik, sodat die klem op julle as paartjie is en ook die agtergrond van die foto’s.

Helder kleure:

Helder kleure werk in party situasies, maar nie altyd nie.  Pasop om te helder aan te trek vir jul verlowing fotosessie, veral as die agtergrond ook redelik helder of besig is.  Helder kleure is nie heeltemal uit nie, maar jy moet weet hoe om dit bymekaar te sit.  As jy nie seker is nie, huur eerder ʼn stilis om jou te help, indien jy vir die helder kleur opsie wil gaan.

Te veel patrone vir albei paartjies:

As die een se uitrusting baie patrone het, soos blomme, lyne ens. probeer dan dat die ander een se uitrusting bietjie minder patrone het, of patrone wat dan bymekaar sal pas.  Te veel patrone, veral as albei patrone aanhet, kan jou aandag aftrek en kan te besig wees.

Artikel Krediet: