Raymond & Lize se stylvolle plaastroue in Clarens

Ons deel met ons lesers Raymond en Lize se stylvolle plaastroue in Clarens in die Vrystaat.  Hierdie paartjie se troue is ล‰ bron van inspirasie vir paartjies wat ล‰ stylvolle plaastroue wil hรช.  Die paartjie het pragtig gelyk en het die perfekte agtergrond gehad vir hul trou fotoโ€™s, omring deur pragtige natuurtonele en plaasdiere.

Hul trou dekor was prentjie mooi en ล‰ totale kontras as wat jy sou dink van ล‰ plaastroue.  Lang tafels, groenigheid wat uit die dak hang, baie liggies en elemente soos rottang mandjies, trek onmiddellik jou aandag.  Dit voel of hulle ล‰ tuin binnehuis gebring het.  Regtig prentjie mooi.  Sagte pienk en tikseltjies blou blomme bedek die tafel in die middel en hang af vanaf die tafels tot op die vloer.  Die tikseltjies goud skep ล‰ baie elegante gevoel en pas mooi in by die mandjies en warm ligte wat uit die dak hang.

Alles is moontlik as jy ล‰ groep fantastiese en professionele trou diensverskaffers het.  As jy besig is om jou troue te beplan en trou diensverskaffers soek, besoek Mooi Troues se Trougids.

Lize en Raymond het ล‰ lieflike wittebrood na Mauritius geniet.  Wat is nou meer perfek as ล‰ romantiese eiland wittebrood.  Mauritius is ล‰ populรชre wittebrood bestemming vir Suid-Afrikaanse paartjies en is nie ล‰ te lang vlug weg nie.

Rol af om meer te lees oor Raymond en Lize se stylvolle plaastroue in Clarens en hul liefdesreis as ล‰ paartjie.

Paartjie se Liefdesreis:


Ek en Raymond het mekaar ontmoet in Augustus 2016 deur ล‰ โ€œblind dateโ€.  My vriendin het my vertel van die oulike kรชrel wat haar, nou man ken, ons het toe saam met hulle gaan uiteet.

Die volgende dag het hy my genooi om alleen ล‰ koffie te gaan drink en ons het net meer begin kuier.  Hy het 3 maande later ล‰ werksaanbod gekry in Johannesburg en ons het begin lang afstand uitgaan terwyl ek nog in Bloemfontein gebly het.

In 2020 het ek Johannesburg toe getrek om nader aan hom te wees.  Ons het verloof geraak in Augustus 2021 in Clarens Golden Gate tussen die berge tydens ล‰ piekniek waar hy my gevra het.

Die Verlowing Tydperk:


Ons wou oorspronklik eers iewers in Maart 2022 getrou het, maar daar was belangrike mense wat oorsee werk (My pa en Oom) wat ons graag daar wou hรช.  Twee maande voor die troue het ons besluit om op die 1ste Januarie te trou omdat dit die laaste naweek was wat altwee mense in Suid-Afrika sou wees.  Ons het dit eers half as ล‰ grap voorgestel, tot ons eintlik begin besef het dat dit nie so onmoontlik is nie.  Dit sou ล‰ lekker huweliksherdenking datum hรช, wat my man nie sommer kon vergeet nie.

Ons het presies 60 dae voor die troue ons eie troue begin beplan met die behulp van my Tannie (Marlise) wat in die trou bedryf werk.

Trou Begroting:


Die begroting was R75 000 en ons venue sou gratis wees.  Ons het daarby probeer hou deur alles self te doen.  Ons het 50 gaste genooi en so het ons dit intiem gehou. Dit was baie lekker want, ons kon by al ons gaste uitkom en lekker saam almal kuier.  Ons moes wel nog koste aangaan deur ล‰ venue te kry 2 weke voor ons troue met die weer toestande in Clarens.  Die idee was om ล‰ buite tuin trou te hou in my Tannie se pragtige tuin, maar ons het besef dit sou nie realiseer nie.  Dit het net teveel gereรซn.

Ons ken die mense van Andes Clarens en hulle was gaaf genoeg om vir ons die venue te gee in die kort kennisgewing.  Ons het nog geld probeer spaar deur nie onnodige goed te doen soos dankie sรช geskenkies nie, maar eerder op die fyner detail te fokus en alles tot die beste van ons vermoรซ te probeer doen.  Die blomme op die mark was ook heelwat duurder, omdat daar nie baie beskikbaar was nie.

Paartjie se styl:


Ons styl was klassiek en elegant.  Ons het iets eie aan ons gesoek.

Die trourok het ek gesien en gedink dat dit nou die soort rok sal wees waarin ek myself sien trou.  Ek het hom toe gaan aanpas en dadelik geweet dat dit my trourok is.  Ek het geen ander rok eers aangepas nie. Wat vir my uitgestaan het van die rok was sy kleur en die kant. Dit was iets wat ek nie sommer al gesien het nie.

Die troupak het ons van die begin af gesluit op vloot- of donker blou met bruin skoene en belt.

Ons trouringe is baie eenvoudig, maar klassiek.  Ons het iets tydloos gesoek.

Merkwaardigste Oomblikke:


Daar was baie spesiale dele van die dag, maar die merkwaardigste deel vir ons was hoe alles net bymekaar gekom het vir ons troue.  Mense het regtig uit hulle pad gegaan om ons te help in die kort tydjie.  Ons het ล‰ droom troue gehad en dit was sรณ spesiaal.  Dit het vreeslik gereรซn voor ons troue en selfs die dag van die troue, maar ons het verseker die seรซn gevoel.

Dit het gevoel of ek sweef en ek kon nie wag om met my man te trou nie.  Die dag was sprokie mooi en ek sou nie in my wildste drome kon raai hoe mooi dit sou uitdraai nie.  Dit het gereรซn die oggend van die troue tot die fotograaf daar opgedaag het, en toe hou dit op.  Eers toe ons by die onthaal aangekom het, het dit weer begin reรซn.

Dit was nie lank nie toe kon ons familie en vriende fotoโ€™s neem.  Daarna is ons wildkamp toe om fotoโ€™s te gaan neem, waar dit weer begin reรซn het.  Net toe ons wou opgee het dit oop getrek en kon ons die mooiste fotoโ€™s neem.

Gunsteling Diensverskaffers:


Dit is baie moeilik om ons heel gunsteling diensverskaffer van die dag te kies.

Die spyseniering was van top gehalte gewees en ons gaste praat nou nog van hoe lekker die kos op ons troue was.  Die beligting is ook baie mooi gedoen en verander om by die venue in te pas sonder enige ekstra kostes.

Maar ons fotograaf is verseker ons heel gunsteling diensverskaffer gewees.  Sy kon ons help in die kort kennisgewing wat ons haar gegee het en ons verlowings fotosessie was 4 keer as gevolg van die weer uitgestel.  Die laaste keer kon ons net ล‰ halwe fotosessie doen voor die donderwolke ons gevang het en dit het van die mooiste fotoโ€™s gemaak.  Sy het haar bes op die dag van die troue gedoen en ons baie gemaklik laat voel.  Regtig uit haar pad gegaan om aan al versoeke te kon vervul.  Sy het ook die volgende dag al vir ons โ€œsneak peakโ€ fotoโ€™s gestuur.

Vermaak:


Ons het ล‰ platejoggie op ons troue gehad wat vir ons musiek gemaak het.  Hy het net voor die troue Kovid gekry en my laat weet, maar die oggend van die troue het hy weer gaan toets en toe negatief getoets.  Dit was baie amper, of ons het nie musiek gehad nie.

Wittebrood:


Ons het wittebrood gaan hou by Solana Beach in Mauritius en wou baie graag ล‰ tropiese wittebrood iewers oorsee gehad het.  Ons kon die vroegste die 12de Januarie vertrek waaroor ons nou baie bly is.  Die grense het toe gemaak vir Suid-Afrikaners en dit sou die 1ste Januarie weer oopgaan.  ล‰ Week voor ons troue het ons gehoor dit word verleng en ons pakket is gekanselleer.

Ons het besluit op ล‰ kort wegbreek na die troue te neem en Leisure Bay toe te gaan.  Terwyl ons wag om te hoor wanneer ons op ons regte wittebrood sou gaan.  Ons het lekker uitgerus na die trou en die 7de Januarie het die agent ons laat weet weet Mauritius het oop gemaak en ons kan ons oorspronklike datum terug kry.

Ons wittebrood was heerlik, ons het heeldag op die strand gelรช en die water aktiwiteite was heerlik.  Wat ons wel op die eerste aand geleer het was om nie die skuif deur agter ons toe te maak op die balkon nie.  Ons het op die derde verdieping gebly en onsself 11 uur die aand op die balkon toegesluit.  Dit was vrek snaaks, my man moes op die dak klim om hulp te roep.  Dit sal ons verseker veraltyd onthou.

Venue & Dekor:


Ons inspirasie was ล‰ sprokie tuin troue met lang Italiaanse feestafels en baie liggies.  Ons het dit wel verander na die die venue op die wildsplaas toe, waaroor ons baie bly was.  Die dekor wat ons gekies het vir die tuin het sรณ mooi in die die saal ingepas.  Ons wou rottang mandjies en glas vase in bring by die wit, groen en goue kleure.  Ons wou ook graag in Clarens trou, omdat my familie daar bly en ons daar verloof geraak het.  Dit is ล‰ merkwaardige plek vir ons altwee.

ล‰ie-so-perfekโ€™ oomblikke:


Die nie-so-perfekte oomblikke is wat ons troue vir ons spesiaal gemaak het.  Twee dae voor ons trou was die venue 10 cm onder water van die baie reรซn, maar dit het was vinnig opgelos.

Ons moes die familie en vriende fotoโ€™s kort knip as gevolg van die reรซn en paartjie fotoโ€™s en het eers die vriende fotoโ€™s geneem net voor ons die saal ingegaan het.  Ek sou graag nog van die familie fotoโ€™s wou klaar neem, maar daar was regtig net nie tyd gewees nie.

My knippie het ook uitgespring toe ons die kerk uitgaan en almal ons geluk wens, wat nogal snaaks was.

Die Besluitnemingsproses:


Ek het die meerderheid van die finale besluite gemaak met die hulp van Marlise (my Tannie).  Sy het ons baie gehelp.  Ek het wel die bruidegom se opinie gevra voor ek die besluite geneem het.  Ons familie was ook betrokke in ons besluitnemingsproses.

Eerste Dans:


Die eerste dans liedjie was Heartโ€™s Desire van Kip Moore.  Ons het op hom besluit omdat dit ล‰ lekker liedjie was met lekker ritme.  Ons wou nog ล‰ dans roetine uitwerk en oefen, maar die tyd het net so vinnig verby gegaan.  Die eerste dans was spontaan en natuurlik en dit het dit so spesiaal gemaak.  Ons gaste het om die dansvloer gestaan met vonkel stokkies terwyl hulle vir ons gekyk het.  Die was asemrowend mooi.

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ล‰ internet konneksie het en ล‰ toestel wat gekonnekteer is tot ล‰ aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ล‰ rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ล‰ diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: