Kombuistee Beplanning Advies

In dié inskrywing op Mooi Troues gesels ons oor kombuistee beplanning advies vir toekomstige bruide.  Hier by Mooi Troues kry ons gereeld kombuistee beplanning vrae.  ʼn Kombuistee is baie meer as net ʼn kuier saam met vriendinne en familie lede.  Dit is ʼn geleedheid waar jy verskillende trou gaste aanmekaar kan bekendstel en die ys te breuk voor die troudag.  So sal jou trou gaste meer op hulle gemak voel wanneer hulle mekaar weer sien op jul troudag.

Die fokus van ʼn kombuistee het baie verander oor die jare.  Dit is nou meer ʼn viering van die toekomstige bruide se troudag binnekort saam met haar vriendinne en familie.  Gewoonlik is dit net die dames wat ʼn kombuistee bywoon, maar vandag is dit oop vir almal.

Wie ookal julle voel om te nooi, is welkom.  Dit is nogsteeds die toekomstige bruid se besluit.  ʼn Kombuistee hoef ook nie ʼn geheim te wees nie, maar as julle dit so wil doen, dan is dit ook reg.  ʼn Kombuistee en ʼn hennepartytjie is amper dieselfde, maar het ook hul verskille.  Die kombuistee sluit alle dames in en mag ook die Ma, Ouma, Skoonma en moontlik van hul vriendinne wat die troudag bywoon insluit.  Rol af om ʼn paar punte advies te kry om die kombuistee beplanning proses te vergemaklik.

Wie betaal?


Gaste van die kombuistee betaal nie gewoonlik vir hulle self nie.  Die toekomstige bruid of anders die persone wat dit reël betaal gewoonlik vir die kombuistee uitgawes.  Maar, soos alles, kan die reëls gebreek word.  Jy kan ook vir ʼn donasie vra vir die kombuistee indien jy wil.  Daar is baie aanlyn platvorms wat jy vir donasies kan vra en insamel indien jy so voel.

Formeel of Informeel


Wil jy ʼn meer formele kombuistee hê, waar almal om ʼn tafel sit en gesels met ʼn heerlike ete en drankies? Of is wil jy net ʼn samekoms hê waar almal kan sit of staan waar hulle wil en dalk vingerhappies geniet?  Dink bietjie hieroor, want dit gaan jou beplanning proses ook beïnvloed.

Verrassing of nie?


Dit is die besluit van die toekomstige bruid.  Baie mense hou nie daarvan om verras te word nie en wil in beheer wees van die beplanning proses.  As die toekomstige bruid sou dit ʼn baie goeie idee wees om so spoedig moontlik met jou vriendinne te gesels voor hulle dink daaraan om jou te verras.

Indien jy jou eie kombuistee wil beplan, verduidelik dit so aan jou vriendinne en span hulle eerder in om jou te help met die beplanning.

As jy wil hê jou vriendinne dit moet beplan as ʼn verrassing, dan kan jy hierdie artikel na hulle stuur vir ʼn paar punte van advies.

Dink aan ʼn gastelys


Jou gastelys sal bepaal watter grootte venue jy moet kyk na en ook die begroting van jou kombuistee bepaal.  Maak ʼn lys van al die mense wat jy wil nooi na jou kombuistee.  Onthou om moontlik ook dames van jou toekomstige bruidegom/bruid se kant te nooi, sodat almal mekaar beter leer ken.   Probeer die aantal gaste finaliseer so gou moontlik, sodat jy kan aan beweeg.

Tema of geen tema?


Wil jy ʼn tema hê vir die kombuistee of nie?  Hierdie is ook ʼn belangrike besluit en sal ook deel vorm van jou besluit vir ʼn venue.  As jy nie ʼn spesifieke tema wil hê nie, dink dalk aan ʼn kleurskema, sodat jy jou gaste kan inlig daaroor.  Dit is nie nodig vir ʼn tema of kleurskema nie, jy kan eintlik ook net almal saam nooi en die tyd geniet by jou gunsteling koffiewinkel as jy wil.

Besluit op ʼn venue


Wanneer jy weet hoeveel gaste jy wil nooi en min of meer ʼn idee oor die tema of kleurskema het, kan jy begin besluit watter venue jy wil bespreek.  ʼn Kombuistee venue hoef nie ʼn peperduur venue te wees nie.  Maak seker wanneer jy venues kortlys, dat hulle wel funksies doen, veral as dit by ʼn koffiewinkel of restaurant is.  Party van die besighede spesialiseer nie in kleiner funksies soos kombuistee’s nie en sal nie dit toelaat nie.

Hieronder is ʼn paar dinge waaraan jy moet aandag gee:
  • Begin met die ligging waarin jy jou kombuistee wil hou.
  • Dink dan aan die tyd van die dag wat jy die kombuistee wil hou.
  • Die prys wat jy wil betaal vir die venue en/of per kop.
  • Sluit die venue kos en drankies in of moet jy ʼn spysenier in huur vir dit.
  • Sal die venue dekor toelaat?

Dekor


Wil jy enige dekor hê vir jou kombuistee?  Indien ja, dan moet jy begin dink aan watter dekor items jy gaan kort.  Maak ʼn lys van dekor items en kontak ʼn dekor verhuring besigheid in die area vir kwotasies.  Onthou ook dan hulle dit aflewer of jy sal moet reël dat iemand die dekor items optel.

Kos en Drankies:


Watter tipe kos en drankies wil jy hê vir jou gaste.  Wil jy dalk ʼn deftige middagtee doen met soet en sout vingerhappies of wil jy meer van ʼn ontspanne ontbyt hê met vonkelwyn en oesters?  Hierdie besluit is belangrik om te weet wanneer jy jou venue bespreek.

Eetgoed en drankie pryse verskil ook baie afhangende van wat jy op besluit.  Dink wat binne jou begroting sal wees en besluit so watter eetgoed en drankie jy wil insluit by jou kombuistee.

Dit hang ook af wat jy dink meeste van jou vriende en familie van hou.

Geskenke


Hierdie is nie nodig nie, maar indien jy geskenke wil verwelkom kan jy ʼn geskenke tafel hê.  Indien jy eerder spesifieke geskenke ingedagte het, spesifiseer dit dan so in jou uitnodiging na die kombuistee.   Party mense het ʼn geskenk lys by ʼn seker aanlynwinkel.  Sit dalk daardie skakel in die uitnodiging.  Dit sal jou gaste in die regte rigting wys vir jou geskenke.

Die uitnodigings


Jou kombuistee uitnodiging is baie belangrik.  Dit sal belangrike informasie bevat vir jou kombuistee gaste.  Al jou besluite moet min of meer gefinaliseer wees voordat jy jou uitnodigings uitstuur.  Jy kan jou uitnodiging per hand gee, e-pos of WhatsApp.  Dit maak nie saak nie, dit is jou persoonlike besluit.

Op die uitnodiging moet jy die volgende aandui:
  • Jou naam of beskrywing van die kombuistee waarna die persoon genooi word.
  • Datum van die kombuistee.
  • Begin tyd van die kombuistee.
  • Teen wanneer gaste moet RSVP.
  • Venue van die kombuistee.
  • Tema of Kleurskema
  • Geskenk voorkeure – slegs as jy het.

Artikel Krediet: