Ons is baie opgewonde om Jacques en Elke se pragtige buitelug troue in ʼn mooi tuin met jou te deel. Waar begin ons met die paartjie se pragtige trou venue en dekor? Suid-Afrika het fantastiese weer en is die perfekte plek vir ʼn buitelug troue. Die paartjie wou iets heeltemal uniek doen en hul trou dekor was só mooi gewees. Met rottang lig skerms wat tussen groenigheid onder die opelug hang is so mooi.
Die gebruik van warmer aarde kleur skakerings in die buitelug skep ʼn fantastiese kontras. Proteas, Pampasgras en ander fyn blomme staan uit op die donker rou hout tafels. Daar is net iets ekstra spesiaal aan ʼn buitelug onthaal met goeie beligting en kerse vir ʼn romantiese atmosfeer.
Orals is sitplekke op gemaklike banke om die buite onthaal area. Wat is dan nou lekkerder as ʼn tuin troue met mooi weer en ʼn feesviering onder die sterre nie. Dit was omtrent ʼn lekker gesellige buitelug troue gewees.
Elke het beeldskoon gelyk in haar pragtige trourok. Die talentvolle, Make Up & Hair by MB het die bruid se grimering en hare gedoen. Ons hou van die natuurlike gevoel van Elke se grimering en is gaande oor haar hare wat so mooi los is. Jacques het self baie deftig gelyk met sy donker troupak. Sy onderbaadjie laat hom uitstaan teen sy strooijonkers.
Rol af om meer te lees oor Jacques en Elke se liefdesreis en hul pragtige buitelug troue en ons hoop jul kry tonne inspirasie vir jul eie tuin troue.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons het 7 jaar terug op Tinder ontmoet en na die eerste koffie-afspraak het ek dadelik geweet dít is die man met wie ek gaan trou. Ons was in die vlak 5 grendeltydperk, en het rooiwyn voor die kaggel gesit en drink toe hy skielik op een knieg sak en dié groot vraag vra. Dit was presies soos ek dit wou hê – spontaan en intiem met net die twee van ons.
Die Verlowing Tydperk:
Ons was net ʼn bietjie meer as ʼn jaar lank verloof. Ek self is ʼn troubeplanner in die bedryf, so ek was baie gretig om die beplanningsproses vir my eie groot dag te begin!
Trou Begroting:
Ons het nie regtig ʼn trou begroting gehad nie, want ek het my droom-span van trou diensverskaffers gehad wat deel van ons troudag was en ek het reeds geweet wat die koste sou wees, maar ons wou dinge so koste-effektief moontlik hou. As ʼn troubeplanner self, is die grootste ding wat ek vir my kliënte sê dat jy ʼn troue kan hou wat koste-effektief is, maar steeds die WOW-faktor het en ʼn pragtige en onvergeetlike dag kan hê.
Ons het 51 gaste onthaal.
Merkwaardigste Oomblikke:
Die seremonie toe ek in die trougang moes stap – dit het gevoel of ek vlieg, ek was 15min vroeg en toe ek Jacques met trane in sy oë sien – wou ek net voor kom en by hom wees. Dit was dieselfde vir hom, hy het die hele dag gestres en toe hy my sien het hy begin ontspan.
Paartjie se styl:
My trourok het ʼn ‘gypsy’ styl aan dit gehad, want ek hou daarvan om anders en gemaklik te wees. Die troupak wat ons vir Jacques gekies het dink ek het sy mooi oë die meeste laat uitstaan. Ons het besluit op ʼn onderbaadjie sodat hy ook anders as sy strooijonkers sal lyk.
My ring is vir my uiters sentimenteel – dit was my ma se verloofring wat my pa vir haar gegee het en hy is so 6 en half jaar gelede oorlede, so Jacques het daardie ring geneem en dit spesiaal vir my herontwerp.
Die Besluitnemingsproses:
Die bruid 🙂 Vriende en familie was nie by die besluitnemingsproses betrokke nie.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Om ʼn troue te beplan is nie veronderstel om stresvol te wees nie, dit is veronderstel om ʼn opwindende proses te wees, so onthou altyd hoekom julle trou en dat julle twee die belangrikste deel van die dag is – dit gaan oor julle albei en niemand anders nie. Moenie oor klein goed stres nie, sodra jy in daardie trougang afstap het jul net oë vir mekaar die res van die dag en aand en julle het letterlik geen konsep van tyd nie.
Venue & Dekor:
Ons wou van die begin af ʼn buitelug venue hê – niks binne nie, en ons baie goeie vriende wat om die draai van ons woon en ook ʼn dekor maatskappy besit, het aangebied om ons troue in hul tuin aan te bied. Soos voorheen genoem, gaan alles vir ons daaroor om anders te wees en die grootste ding vir ons was dat dit ʼn ontspanne dag moet wees – niks formeel en styf nie. Ek wou hê die dekor moet regtig uitstaan en iets wees wat niemand voorheen gesien het nie – ek is mal oor ‘mix and match’ en dit was vir my belangrik dat my vriende van 4 Every Event regtig kreatief moet wees, aangesien hulle dit vir ʼn beroep doen.
Gunsteling Diensverskaffers:
Dit is baie moeilik, want hulle is almal merkwaardig en ongelooflik en ek verwys letterlik ALMAL na my paartjies – hulle is letterlik ʼn DROOM-SPAN.
Vermaak:
Ons het ʼn platejoggie gehad vir die welkom-drankies wat wonderlike agtergrondmusiek gespeel het.
Spesiale Tradisies:
Nie regtig nie, ek voel dat te veel formaliteite stres by jou spesiale dag voeg.
Eerste Dans:
Ons liedjie keuse was Lady Gaga – Is That Alright. Ons het absoluut verlief geraak op hierdie liedjie aangesien dit verduidelik hoe ons oor mekaar en ons toekoms voel. Ek en Jacques is nie regtig dansers nie, so die dans was meer ʼn swaai en draai – ons het nie vir danslesse gegaan nie.
Wittebrood:
Aangesien ons in die spits van trou seisoen getrou het, het ons net besluit om vir ʼn week weg te gaan en ons bestemming was St Helenabaai – Jacques is mal daaroor om by die see en naby water te wees.
- Fotograaf: Boland Weddings
- Spyseniering: Leeftijd Catering
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Blomme + Dekor: 4 Every Event
- Bruidegom-pak: Keiths Suit Hire
- Bruid Grimering + Hare: Make Up and Hair by MB
- Huweliksbevestiger: Marius Greeff
- Juweliersware: Lovisa
- Koördineerder + Skryfbehoeftes: Ehl-Kah Creative
- Kroegdiens: Nomad Event Solutions
- Platejoggie: That DJ Guy – David Matfield
- Paartjie se verblyf: Oak Lane Cottages
- Strooijonkers bykomstighede: Knotted Ties
- Trourok: Fynbos Bridal
- Trouring: Studio 1980 ZA
- Troukoek: Mon Ami Cakes