Ons is omtrent opgewonde om Hamman en Jonél se prettige stad verlowing fotosessie in De Waterkant, Kaapstad met jou te deel. De Waterkant het ʼn spesiale plek in Mooi Troues se harte. Slegs ʼn paar kilometer daarvan in Seepunt was Mooi Troues begin in 2013.
Jonél en Hamman se verlowing fotosessie bied tonne inspirasie vir paartjies wat opsoek is na ʼn oulike idee vir hul verlowing foto’s. Die paartjie hou van mooi aantrek en het De Waterkant gekies omdat dit so mooi kleurvol is en goed by hul persoonlikhede pas. Ons is gaande oor die foto’s! Jy het die stedelike gevoel met die besighede in die agtergrond en die paartjies wat só mooi aangetrek is en lyk of hul na ʼn mode skou gaan. Met ʼn bottel vonkelwyn in die hand en ʼn professionele fotograaf is dit die perfekte kombinasie vir ʼn mooi verlowing fotosessie. Besoek Mooi Troues se Trougids vir fantastiese trou fotograwe.
Daar is soveel redes hoekom ʼn verlowing fotosessie belangrik is. Vir hulle was dit om foto’s te hê vir hul trou webtuiste. Vir ander mag dit dalk wees om meer gemaklik te raak met die fotograaf voor jul troudag. Opsoek na inspirasie vir jou verlowing fotosessie? Rol af om Hamman en Jonél se prettige stad verlowing fotosessie in De Waterkant te sien en om meer te lees oor hul liefdesreis as paartjie.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Ons wil graag sê ons het by een of ander romantiese plek ontmoet, maar die waarheid is ons het in Stellenbosch se bekendste studie sentrum Nu’bar ontmoet. Hamman is my vriendin se broer. Ons het mekaar vier jaar geken voor hy my na sy huisdans toe gevra het. Ons wou werklik net lekker kuier en gaan as vriende. Maar nou is dit ses jaar later, so kom ons sê die huisdans was ʼn groot sukses.
Ons was 5 en ʼn half jaar in ʼn verhouding toe Hamman die groot vraag vra.
Die groot vraag:
So i.p.v. ʼn Kersfees geskenk, bespreek Hamman elke jaar oor Desember tyd vir ons ʼn mini-wegbreek vir twee aande.
Desember 2021 was ʼn aand in Hermanus, by Grand Lux boutique hotel. Ons het in die presidensiële suite gebly, wat baie spoggerig is as wat ons normaal weg sou doen, maar Hamman het net gesê: “Dit is COVID, ek het ʼn bitter goeie aanbod gekry!” So ek het hom geglo en myself baie spoggerig gehou.
Dit was ongelooflik toe hy af gaan op sy knie by ons privaat balkon-ete. Hy het niks weg gegee nie, en was baie kalm. Ek aan die ander kant het gehuil en gegil “JA, JA, JA” terwyl Hamman lag en sê ek het jou nog nie eers gevra nie. Ek het werklik niks vermoet rondom die verlowing nie, alhoewel ek en Hamman baie gesels oor die toekoms, en planne saam maak het ek nie geweet dat hy al 8 maande voor ons verlowing die ring gekoop het nie. Ons werk oorsee so hy het dit in S.A. gelos in sy pa sê kluis.
Hoekom ons mekaar liefhet:
Jonél:
My gunsteling eienskap van hom is sy positiwiteit. Maak nie saak wat nie, hy vind altyd ʼn ‘silwer randjie’ in alles, en as ek ʼn af dag het kan hy my in 2 min laat beter voel. Sy sin vir humor, is ongelooflik. Geen wonder ons is beste vriende.
Hamman:
Haar sin vir humor, Ek lag konstant! Haar ‘aandag aan detail’ is ook ongelooflik (die moeite wat sy doen met alles).
Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Ons het die 15de Desember 2021 verloof geraak en ons trou datum is die 10de Desember 2022.
Die verloofring:
Die verloofring is gemaak deur Wiekus Viljoen, Hamman het geweet watter tipe ek van hou, ʼn dun pant met 4 kloutjies. Hy het self die diamant gekies en die ring het verklik al my verwagtinge oortref. Ek kan nou nog nie ophou kyk nie.
Rede vir die verlowing fotosessie:
Ons wou graag die foto’s gebruik vir ons trou uitnodiging webwerf en om gemaklik te raak met die fotograaf voor die trou dag.
Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Ons wou graag alles swart formeel aantrek, met die ligging wat die pret/kleur in bring. Albei van ons is mal daaroor om mooi aan te trek en ons verlowing fotosessie was geen uitsondering nie. Ons wou iets doen waarvan ons altwee rerig hou en wat werklik by ons persoonlikhede pas. So wat beter as sjampanje ‘pop’ in die strate van De Waterkant omring deur oulike kroeë en restaurante.
Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
Ons het geen verwagtinge nie en gaan uit al sewe jaar, en wil nie hé ʼn ‘ring’ moet enige iets verander nie. Albei is meer as gelukkig met hoe dinge is. Ons het wel saam gestem dat ons gaan gesels oor al die trou reëlings, en dat ons baie streng binne ons trou begroting gaan bly. Albei van ons wil die reëlings geniet en nie ons self op stres oor die klein goedjies nie. Ons sê altyd “Don’t sweat the small stuff.”
Visie vir droomtroue:
Ons gaan ʼn baie intieme troue hou van so 60 gaste. Die troue gaan nie by ʼn venue trou nie, maar by ʼn klein Silo in Robertson wat ʼn Italiaanse atmosfeer bied. Ons albei is mal oor dié venue en die feit dat dit iets anders is.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Chantel & May Photo
- Fotosessie Venue: De Waterkant Kaapstad
- Verloofring: Wiekus Viljoen
- Video: Kapture Films