Met opgewondenheid deel ons Duard en Celetia se stylvolle troue in Bloemfontein met julle op Mooi Troues. Jy mag dalk die paartjie herken van hul prentjie mooi verlowing fotosessie in Clarens wat ons gepubliseer het op Mooi Troues.
Celetia het soos ʼn ware prinses gelyk in haar pragtige meermin styl trourok met ʼn stylvolle borsstuk met ʼn lae V-nek wat bedek is met kant en mooi detail bo by die nek. Duard het self baie dapper gelyk in sy donkerblou troupak, met ʼn grys onderbaadjie met ʼn das dieselfde blou as sy troupak en die uitrusting afgerond met bruin skoene.
Hulle trou dekor is so mooi. Dit is tydloos, klassiek, tog sjiek en modern. Die kombinasie van groenigheid, wit en tikseltjies goud werk so mooi saam en bied ʼn elegante en romantiese atmosfeer. Ons is mal oor die LED Neon lig wat “Mnr & Mev Le Grange” uitskryf. Dit pas so mooi in by die gevoel van die trou dekor en gee dit ook ʼn prettige gevoel.
ʼn Simplistiese tema kan regdeur die paartjie se troue gesien word in verskillende elemente soos die troukoek, Celetia se pragtige spierwit hand ryker met ʼn kombinasie van wit rose en orgideë. Dit is belangrik om trou diensverskaffers te gebruik wat die paartjie se visie vir hul troudag verstaan. In Mooi Troues se Trougids sal jy fantastiese trou diensverskaffers vind van regoor Suid-Afrika.
Duard en Celetia het besluit op ʼn plaaslike wittebrood. Suid-Afrika is so ʼn mooi land met soveel fantastiese bestemmings. Mooi Troues se span het self al talle wittebrood bestemmings besoek in Suid-Afrika besoek en resensies oor geskryf. Om meer te lees oor die paartjie se liefdes storie en hul stylvolle troue in Bloemfontein, rol af.
Paartjie se Liefdesreis:
Ek en Duard het mekaar in 2015 as studente ontmoet, maar elkeen ons eie padjie gevolg. Ek het in tussen as ʼn internasionale lugwaardin vir Qatar Airways gaan werk, en hy het sy klerkskap/artikels as jong prokureur voltooi.
In 2020 het ons paaie weer gekruis en “die res is geskiedenis!” Die skoot was hoog deur vir albei van ons. Ons het vir die eerste paar maande lang afstand gedoen, want ek het in Bloemfontein gewoon en hy in Delareyville, maar na ons albei gesoek het, was ons bevoorreg dat hy ʼn werk in Bloemfontein kon opspoor en ons bymekaar kon wees.
In 2021, het Duard tussen die mooie berge van Golden Gate op een knieg gegaan en ek het die ja-woord gesê!
Die Verlowing Tydperk:
Ons was 6 maande lank verloof. Ons het geen beplanner gehad nie, maar ons wonderlike trou verskaffers, vriende en familie het nie vir ʼn oomblik gehuiwer om ons te help soos en wanneer dit nodig was nie!
Trou Begroting:
Ons het rondom 120 gaste gehad.
Ons trou begroting het afgehang van dit wat ons ouers en onsself kon bydra, so dit was ʼn voorreg om daardie hulp en groot geskenk van beide ouerpare te kon hê.
My advies sou wees dat mens nie te veel op dinge moet spandeer wat nie weer gebruik kan word nie, indien moontlik!
Merkwaardigste Oomblikke:
Vir Duard:
Was dit lekker en merkwaardig dat al sy spesiaalste en naaste mense van wyd-en-syd gery het om die dag mee te maak.
Vir Celetia:
My Oupa Fred de Beer is op 4 November 2019 na sy Hemelse Vader toe. Hy was ʼn Godvresende man. Sy nalatenskap is werklik een van liefde en omgee vir sy medemens. Ek weet vir seker dat hy nou aan die voete van sy Hemelse Vader sit. Die mooiste engel nog. Die aand wat Oupa heengegaan het, het sy Dominee gevra of hy vir hom ʼn stukkie uit die Bybel kon lees. Oupa se laaste versie van keuse was Psalm 23.
2 Jaar later, op 11 Desember 2021, sou ons wat wou gee om ons Oupa Fred by die troue te kon hê. Ons het dus sy gunsteling liedjie, die Oorwinningslied, ter ere van hom as ʼn gesang tydens die diens gekies.
Ek en Duard het vir Dominee Sarel gevra om ons asseblief met ʼn teksvers vir die seremonie te verras – ʼn teksvers wat ons as egpaar kan koester. Soos altyd, het Dominee Sarel die mooiste diens gelewer. Hy het nie vir Oupa Fred geken of eers geweet van hom nie. En daar word Psalm 23 gelees, ʼn groot bevestiging dat Oupa waarlik by ons troue teenwoordig was! Ons verrassings vers, ʼn vers wat nie dikwels by troues gelees word nie, was self deur ons engel Oupa Fred in Dominee Sarel se hart geplant vir ons spesiale dag.
Dit was ʼn voorreg om albei my Oumas, asook my Oupa Stanley, by ons spesiale dag teenwoordig te kon hê. Maar ek weet dat Oupa Fred ook daardie dag daar was. Die diens was vir ons absoluut perfek. Geen selfone, net ek en Duard en ons gunsteling mense in God se teenwoordigheid.
Die Besluitnemingsproses:
Ons was bevoorreg genoeg dat ons nie vasgesit het oor enigiets nie, en dat ons albei van dieselfde goed gehou het. Meeste besluite het ons saamgeneem, en as daar ʼn finale besluit was wat geneem moes word, het die bruidegom toegelaat dat die bruid daardie ‘final call’ maak. Ons het ons familie betrek by die besluitneming van spyskaart items en my 2 sussies was die bruidsmeisies, so ek het hulle toegelaat om hulle bruidsmeisie rokkies te kies.
Paartjie se styl:
Duard wou nie graag ʼn swart pak dra nie, omdat hy ʼn swart pak met sy werk assosieer en het dus ʼn vlootblou pak gekies.
Ek wou graag iets dra soos nog nooit tevore – ʼn prinsesrok wat slegs vir ʼn troue en geen ander geleentheid geskik was.
Spesiale Tradisies:
Ek het my sussie se haarknip wat sy op haar troudag gedra het, aangehad.
Gunsteling Diensverskaffers:
Al ons verskaffers was wonderlik. Dis baie moeilik om uit te sonder. Ek dink beslis ons bloemis Chané van BLOM Online, Dylan van Lighticle wat ons ligte gedoen het, ons videograaf Jan Jordaan, ons skryfbehoeftes Marie van The Loft Design Studio en fotograaf Shanay Greene kan vir enigiemand aanbeveel word.
Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:
Die enigste ding wat ek sou verander as ek kon, was die “curfew” of aandklokreël wegvat. Ons het nog sooo lekker gedans en gekuier, toe moes ons groet a.g.v. hierdie regulasie!
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
My raad sou wees dat julle moet doen wat JULLE as paartjie gelukkig maak. Dit is immers julle dag. Nooi die mense waarsonder jy nie jou dag kan indink nie, wat ʼn rol in julle lewens gespeel het.
Maak die dekor soos julle daarvan hou, of dit in die mode is of nie, julle moet doen wat vir julle mooi is en wat julle gelukkig maak. En onthou. As iets skeefloop of nie lyk soos jy beplan het nie, moenie jou dag daaroor laat ontstel nie, want dis tog net jy wat dit weet – en op die ou einde van die dag, en heeeeeeel belangrikste, gaan jy en die liefde van jou lewe getroud wees of daardie blompot nou op die regte plek staan of nie.
Neem die dag in en spandeer tyd saam met mekaar, dit gaan so vinnig verby.
Venue & Dekor:
Ons wou graag klassiek en tydloos met ons trou dekor gegaan het. Daarom het ons besluit op wit blomme en groenigheid, en baie liggies. Ons het bietjie goud daarby gesit.
Die trou venue het mooi hout tafels en wit tiffany stoele gehad, wat baie mooi by die liggies en wit en goud van die dekor gepas het. Ons wou iets sjiek, tydloos, mooi en stylvol klassiek gehad het.
Vermaak:
Ons het ʼn platejoggie gehad en daar was “lawn games” buite op die grasperk, wat “giant jenga, ʼn tipe rolbal, darts en croquet” ingesluit het, asook ʼn fotohokkie waar mense foto’s kon laat neem en huis toe neem.
Wittebrood:
Ons was eerste Drakensberge toe en daarna Port Edward toe. Ons het net tyd saam met mekaar geniet en pret gehad. Rolbal gaan speel, lekker gaan stap ens. Dit was só lekker om net tyd saam te spandeer en te ontspan.
Eerste Dans:
Albei het vanaf die begin van ons verhouding baie van “Tougher than the rest” van Bruce Springsteen gehou. Ons het dus besluit om ons eerste dans daarop te doen. Ons het so maand voor die tyd elke aand in my sitkamer bietjie ons dans geoefen. Elke gas het een van daardie ekstra lang “sparklers” gekry, en dit het gebrand en geblink terwyl ons gedans het. Sodra iemand sin klaar gebrand het, was die dansbaan oop vir hulle om saam met ons te kom dans.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Shanay Greene Photography
- Venue + Koördineerder: Warm Karoo & the Kitchen
- Blomme: BLOM Online
- Blommemeisie rokke: Celetia se ma
- Bruid se naels: Jenny du Plessis
- Bruidegom-pak: Stanwell Weddings and Corporate wear
- Dansvloer: Simply Tents
- Dekor: Chané van BLOM het ook die dekor gedoen
- Ekstra drukwerk: RightClick
- Fotohokkie: Rozelle Photography
- Gasteboek: Creative Albums
- Grimering – Bruid: Karle Potgieter Artistry
- Grimering – Bruidsmeisies: Studio Luxe Collective
- Hare: Salon Roca Solida
- Huwelik kontrak: Rossouws Attorneys
- Huurdienste: Lighticle
- Huweliksbevestiger: Ds Sarel Slabbert
- Juweliersware: Sussie se knip en armband, Oorbelle van Bridal Emporium
- Kousband: Duard se ma
- Neon Lig: Happinest Neon
- Platejoggie + Musiek: Creative Kilowatt Productions
- Regmaak plek van Bruid: Parkhill Luxury Accommodation
- Ring boks + pantoffels: SJENEL
- Strooijonkers bykomstighede: Stanwell weddings and corporate wear
- Skoene: Call It Spring
- Skryfbehoeftes: The Loft Design studio
- Strooimeisie-rokke: Superbalist
- Tente: Simply Tents
- Trourok: Bridal Emporium Bloemfontein
- Trouring: Heathorn’s
- Troukoek: Carries cookies and candy (nou bekend as Layered)
- Water: Rainbox padstal
- Vermaak: Lawn Games
- Vervoer: Pa se kar
- Videograaf: Jan Jordaan