William & Robyn se Stylvolle Troue in Kimberley

Ons is baie opgewonde om William en Robyn se stylvolle troue in Kimberley met jou te deel.  Dit is een wat jy nie moet mis nie.  Met die Noord-Kaap se prentjie mooi natuurtonele kan jy jouself in dink hoe mooi die paartjie se trou foto’s is.  Omring deur die mooiste landskappe en die sagte sonsak lig tydens hul fotosessie het die paartjie pragtig gelyk.

Hulle trou styl was kleurvol en modern, maar nogsteeds klassiek.  Robyn se trourok is iets heeltemal uniek, die een toe arm en die een oop arm trek onmiddellik jou aandag.  Dit is altyd oulik om iets anders te doen.  Iets waaroor jou gaste nog vir jare gaan gons.

Hulle trou dekor elemente was kleurvol, maar ook ter selfde tyd nogsteeds eenvoudig en iets klassiek.   Ons is versot op die blom ontwerpe op die tafel.  Die trou blomme se verskillende kleure en teksture staan so mooi uit op die donker hout tafels.  Met die wit stoele en die wit mure van die trou venue is daar ʼn kontras met die helderder kleure en die sagte elemente.  Dit werk perfek saam.  Alles is moontlik as jy fantastiese diensverskaffers het.  Klik hier om Mooi Troues se Trougids te besoek waar jy professionele diensverskaffers vir jou troue kan vind.

Robyn en William het ʼn lieflike Mauritius wittebrood geniet.  Mauritius  is ʼn populêre wittebrood bestemming vir Suid-Afrikaners.  Rol af om meer te lees oor William en Robyn se stylvolle troue in Kimberley, Noord Kaap.

Paartjie se Liefdesreis:


Ek en William het mekaar 10 jaar terug in Strandfontein ontmoet waar ons albei vakansie hou.  Ek was van die begin af aangetrokke tot William, maar hy het so tydjie gevat om sy kaarte te wys.  ʼn Vakansie romanse het begin, maar ook baie vinnig geëindig, want ons al twee was in verskillende lewens fases gewees.

Die lewe het ander draaie met ons al twee geloop, en ons al twee het in verhoudings beland.  10 Jaar later, stuur William vir my ʼn boodskap om my te nooi vir koffie in Strandfontein.  Na ʼn tydjie se wik-en-weeg, het ek besluit om te gaan.

Een koffie raak toe twee, drie, vier, en so aan.  Ons was bietjie huiwerig of ons in ʼn verhouding wou gaan, omdat ons verskillende planne met ons lewens gehad het.  Maar soms kies die lewe vir mens.

Ons het aanhou kuier en toe kom grendeltydperk.  Tydens die grendeltydperk was ons 800km van mekaar af gewees.  Ons het aanhou gesels en per video gesels, maar nie geweet waarheen dit gaan, of wanneer ons mekaar weer gaan sien nie.  Ek het ongeduldig geraak en besluit om vir hom te gaan kuier.  Ek is met ʼn jag permit oor die grens en heelpad gewonder of ek nie nou ʼn groot fout gemaak het nie.

ʼn Hele paar keer dit oorweeg om terug te draai.  Maar as ek nie gegaan het nie, sou ons seker nie vandag getroud gewees het nie.  Ons was na daai kuier onskeibaar van mekaar af gewees en het besluit om die verhouding ʼn regverdige kans te gee.  En die res is Geskiedenis soos hulle sal sê.

Die groot vraag:

Ons was September 2021 vir my beste vriendin se troue in die Paarl gewees, waarna ons besluit het om so 2dae langer in die Kaap te bly.  Min het ek gewees dat William ʼn plan agter die langer bly gehad het.

Ons was by Groot Constantia gewees, ons is al twee lief vir wyn, en dit was net ʼn dood gewone normale dag.  William was baie “skelm” en het alles mooi weggesteek en eintlik net by my planne ingeval.

Ons het gaan stap op die wynplaas en oppad terug na ons tafel het hy my gestop.  Hy het vir my gedruk en gesê dat hy is lief vir my.   Dit was nie vir my ongewoon gewees nie, want hy doen dit gereeld.

Maar, soos ek wou terug draai om te loop, trek hy my terug en toe ek weer sien is hy op sy knie.  Ek kan nie so mooi alles onthou nie, want die oomblik is só groot, maar ek weet net dat dit was een van die lekkerste dae, behalwe vir ons troue, gewees.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was net 5 maande verloof gewees.  Ons het iemand gehad was ons blomme en dekor gedoen het en dan die venue se koördineerder.  Maar, die meeste van die beplanning het ons self gedoen en dit wat ons wou hê oorgegee aan ons venue koördineerder en ons dekor persoon.

Trou Begroting:


Ons trou begroting was aanvanklik R150 000 gewees.  Maar, as mens eers alles optel dan sien jy dat jou begroting moet maar aangepas word.  Ons het toe so R 80 000 by ons begroting gesit, so ons het by R220 000 gedraai.  Ek dink in terme van kostes by die troue is dat mens kan eintlik met min baie doen.  Die belangrikste is eintlik ʼn goeie platejoggie, fotograaf/videograaf, en die kos. Op die res kan mens maar bietjie opofferinge maak.

Merkwaardigste Oomblikke:


Ons het in Kimberley getrou, en vir meeste van ons gaste was die 1 000km weg gewees.  Ek die merkwaardigste deel van ons troue was die moeite wat almal gedoen het om by ons troue te wees.  Ons weet dit was duur vir ons gaste, maar almal wat daar was het ons uitgekies en beteken vir ons baie.  Dit was vir ons baie kosbaar gewees.

Die Besluitnemingsproses:


Ons al twee was maar van die begin af betrokke met die besluitnemingsproses.  Ek het vir hom van die idees gewys en hy moes kies en sy opinie gee, maar so het ons saam besluit oor ons troue.

Paartjie se styl:


Ons hou van iets eenvoudig met so bietjie iets anders.  My trourok is ʼn goeie voorbeeld daarvan.  Dit was ʼn eenvoudige klasieke styl, maar met so iets anders.  My trouring wou ek graag ʼn eenvoudige en klasieke styl gehad het.

William se pak was omtrent ʼn storie gewees.  Ons het nie vir hom ʼn pak gekry nie en het toe besluit om een te laat maak.  Na die tweede keer was die baadjie en hemp eers reg.  Sy broek moes ons drie keer laat reg maak en na die derde keer moes hulle ʼn nuwe een maak.  Maar die pak het baie mooi uitgekom en baie mooi aan hom gelyk.  Hy wou graag ʼn eenvoudige silwer ring gehad het.

Vermaak:


Die vermaak by ons troudag was ons platejoggie, maar ons het vir ons gaste verwelkomings drankies verskaf.  Ons wou graag speletjies gehad het tydens die canapés, maar ons tyd het uitgehardloop en ons kon nie betyds kry nie.

Gunsteling Diensverskaffers:


Dit is ongelooflik moeilik om een diensverskaffer uit te sonder.  Ons was met almal baie gelukkig en almal het so goed hulle kante gebring om ons dag so spesiaal as moontlik te maak.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Vir die bruidegomme, luister na jou bruid en gee jou eerlike opinie as sy vir jou vra oor die troue en besluite.

Vir die bruide wil ek sê dat ons is geneig om oor die kleinste goed te stres.  Maar as iets nie volgens beplanning gaan nie, jou gaste gaan nie daarvan weet nie.  Jou trou dag gaan baie vinnig verby en ja die beplanning is nie altyd lekker nie en is stresvol, maar probeer regtig die dag geniet, want dit gaan in ʼn oogwink verby.  So weereens, as iets verkeerd loop, dit is nie die einde van die wêreld nie, niemand gaan weet nie.  Dit gaan oor jou en jou man.

Venue & Dekor:


Ons het besluit om in Kimberley te trou omdat ons hier bly.  Ek kom oorspronklik van die Wes-Kaap af, so sou graag daar wou trou.  Maar, ons het na verskillende venues gekyk en Bella Cardi het net ons al twee se harte gesteel.  Dit is iets heeltemal anders as wat ons gewoond is en dit van die mooi van die Noord-Kaap baie goed vas.  Toe ons vir Carien, wat die eienaar van die venue, is ontmoet, het ons dadelik by haar aanklank gevind en ek het ons geweet ons gaan lekker saam werk.

Die dekor se kleure het eintlik so mooi uitgestaan en gewerk by die venue en die omgewing.  So ons het besluit om met verskillende kleure vir ons troue te gaan.  Alhoewel dit kleurvol was, was dit nogsteeds eenvoudig en klassiek gewees.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


As daar enige iets verkeerd geloop het tydens ons dag, is nie een van ons bewus daarvan nie.

Eerste Dans:


Ons eerste dans liedjie was “Cold” van James Blunt.  Al twee van ons is lief vir dans, so dit was nie nodig om vir dans lesse te gaan nie.  Ons ken mekaar se dans patroon en ritme al baie goed.  Het al baie kans gehad om te oefen by ander troues en danse.

Spesiale Tradisies:


Ons het die gewonde tradisies gehad, soos die trou koek sny, en die kousband en blomme ruiker se gooi.  Ons het ook die pa en dogter dans gehad, asook ʼn ma en seun dans.  Maar, ek dink die mees spesiale tradisie vir ons was dat ons ouers vir ons geseën en gebid het vir ons nuwe hoofstuk en fase in ons lewens.

Wittebrood:


Ons het baie lank gevat voor ons op ons wittebrood besluit het.  Maar eventueel het ons op Mauritius besluit.  Dit was ʼn ongelooflike lekker en besonderse ervaring gewees.  Dit gee mens die geleentheid om te rus as mens wil en ook om te verken as mens sou wou.  Die mense van die eiland is baie vriendelik en het ons baie welkom laat voel.  Dit was baie lekker.

Net ʼn bietjie advies vir die paartjies wat nog trou en dalk in Februarie wil trou en dink aan Mauritius vir hulle wittebrood.  Februarie is sikloon tyd in Mauritius, ons het dit nie geweet nie, so die kans vir ʼn sikloon is groot.

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]