Ons deel vandag met julle Ulrich en Michaela se oulike verlowing fotosessie net buitekant Pretoria met jou op Mooi Troues. Jy kan sien die paartjie het dié fotosessie baie geniet. Hulle glimlagte gee dit heeltemal weg! Michaela het die mooiste blomme patroon rok gedra wat mooi by Ulrich se neutrale kleur skema van sy uitrusting gepas het. Praat van pret! Ons hou baie van die foto’s waar hulle vonkelwyn oop maak, oulik en baie pret ter selfde tyd.
Die rede vir hul verlowing fotosessie was om hul trou fotograwe bekend te stel aan hul trou venue. Ons dink dit is ʼn fantastiese idee! Veral as jou trou fotograaf nog nie by die venue afgeneem het nie. So leer jou fotograaf die venue ken en ook oulike foto geleenthede identifiseer voor jul troudag. Dit is ook ʼn lekker manier vir paartjies om meer gemaklik te raak met die fotograaf voor hul troudag.
Mooi Troues se Trougids is ʼn bron van professionele trou fotograwe en trou diensverskaffers vir paartjies wat op trou staan. Besoek dit gerus om al jou diensverskaffers te vind regoor Suid-Afrika. Om meer te lees oor die paartjie se liefdesverhaal en hul oulike verlowing fotosessie, rol af.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Dit was 2016. Ulrich was ʼn eerstejaar student, ʼn hardwerkende man opsoek na ʼn lekker wegbreek. Ek en my vriendinne het sopas ons matriek jaar voltooi en na die ATKV-Oord Klein-Kariba toe gegaan. Ons paaie het die 2de dag van die studentejool gekruis. Ek en my vriendinne was besig om langs die swembad te ontspan toe een van Ulrich se vriende ons herken en ʼn lekker jolige groep het gevorm.
Van die eerste ontmoeting af het ons net “geclick”. Ons het mekaar gevind in lang, diep gesprekke en ʼn goeie vriendskap gebou in ʼn kort tydjie. Die week het verby gegaan en tyd om op te pak het aangebreek. Toe daar ʼn krisis ontstaan en ek nie meer vervoer het om huiswaarts te keer nie, het Ulrich met sy Bantam bakkie tot my redding gekom en my hart verder gewen.
Die groot vraag:
In 2018 het ons paaie weer gekruis, met ʼn onskuldige boodskap van Ulrich se kant. Ons vriendskap het weer vlam gevat. Na vele “koffie-dates ” (3 bottels wyn), baie lag en huil het ons besef daar is iets meer as net vriendskap aan die broei. Na 3 wonderlike jare, het ons verloof geraak.
Michaela was baie angstig om te trou, maar ek wou eers die perfekte verloofring, tyd en plek kry om die vrou van my drome te vra om my eggenote te wees. Ek het haar by my tweede huis, die De Put Plaas in Northam, ʼn familie plaas waar ons altyd met ope arms en baie liefde verwelkom is, gevra om met my te trou. Dis ook waar ek haar gevra het om my meisie te wees in 2018, so ek het geweet dit is die perfekte plek.
Ek het niks verwag nie, alles het só goed in plek geval. Die plan was om te braai by die Lapa-dam in die veld. Daar is altyd die mooiste sonsondergange en Ulrich was besig om foto’s te neem toe Braam (Ulrich se Bestman) sê hy sal ʼn foto van ons twee neem.
Ulrich het op een knieg af gegaan en gevra: “Ek weet nie van jou nie, maar ek is op my gelukkigste. Ek is reg om die res van my lewe saam jou te spandeer, sal jy my die eer doen en met my trou ?” Natuurlik het ek amper agteroor in die dam geval van geluk en al die trane in my oë, maar uiteindelik kon ek nie anders as om “JA” te skree nie!!! Dit was ʼn baie spesiale dag.
Dit was baie spesiaal omdat ons dit kon deel met Petra en Braam Venter. Hulle is baie goeie vriende en familie van Ulrich.
Hoekom ons mekaar liefhet:
Gunsteling eienskappe van Ulrich:
Hy gee te veel om ( in ʼn baie goeie manier ). Ulrich is altyd liefdevol en sit my behoeftes altyd voor syne. Hy is baie geduldig. Ulrich het ʼn baie sagte hart, en ʼn groot omgee vir ander om hom. Hy is altyd bereid om te help en alles te los sodat hy ander ʼn helpende hand kan leen
Gunsteling eienskappe van Michaela:
Sy het ʼn hart van goud. St sit altyd ander mense se belange voor haar eie. Michaela ondersteun my in alles wat ek doen. Sy kan my in ʼn ding in praat soos jy nie kan glo nie. Sy het altyd respek en liefde teenoor my.
Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Ons wil albei eers ʼn goeie, standvastige werk hê en finansieel reg wil wees voor ons trou. Soos hulle sê, ‘Trou is nie perde koop nie’. Ons het verloof geraak in Februarie 2021 en ons beplan om in Julie 2022 te trou. Ons hoop dis genoeg tyd om alles te beplan.
Die verloofring:
Michaela is ʼn regte “plain Jane”. Sy wou graag haar oorlede ouma se trouring gehad het en net die ‘pand’ verander, maar weens familie tradisies was dit nie moontlik nie. Ek het toe dié ring laat namaak soos Michaela hom graag wil hê. Die ring was ontwerp deur die oorsee maatskappy, Glamira. Dié ring is al die pad van Duitsland af vervoer.
Rede vir die verlowing fotosessie:
Ons wou graag ons fotograwe blootstel aan ons pragtige trou venue, De Haven Oost. Ons het dit goed gedink om die verlowings foto’s daar te neem, sodat die fotograaf bekend is met die lokaal en ons sommer ook ʼn paar foto’s vir die groot dag kon oefen.
Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Die inspirasie agter die fotosessie was die tema van die venue. De Haven Oost beeld ʼn pragtige rustieke gevoel uit. Ulrich wou nog altyd op die plaas trou en De Haven Oost skep die perfekte plaas gevoel. Dit is die ideale plek om ons groot dag saam al ons familie en vriende te vier.
Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
Ons verwagtinge vir die verlowings tydperk is dat alles mooi in plek gaan val en dit net “smooth sailing” gaan wees, maar ons vrees is die teenoorgestelde. Ons probeer die verlowings tydperk geniet, maar wens ook die tyd om want ons is reg om ʼn getroude paartjie te word.
Visie vir droomtroue:
Ons wil graag hê almal moet die dag saam met ons geniet. Die tyd gaan so vinnig verby.
Kyk, vir my gaan dit natuurlik net oor my vrou, sy moet op haar gelukkigste wees en die dag geniet, dan is dit ʼn sukses. As die dag enigsins so mooi en spesiaal soos sy is, gaan dit die perfekte troue wees. Beter as wat ons ooit sou kon droom.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: The Woods Photograhy & Videography
- Fotosessie Venue: De Haven Oost Wedding venue
- Verloofring: Glamira
- Trou uitnodigings, spyskaarte en portrette: Elizbe Pool
- Grimering + Hare: Deneke Duvenage by Nix Labs