Ons is opgewonde om Tinyiko en Tsundzukani se sprokiesbruilof in Pretoria met jou te deel op Mooi Troues. Die talentvolle trou fotograaf, Faded Edges Photography het Tsundzukani en Tinyiko se troudag afgeneem. Hy het elke detail van hul troudag so mooi vasgevang in die mooiste fotoโs gevul met spesiale herinneringe en emosies. Die paartjie het absoluut net lof vir hul trou fotograaf.
Tinyiko het baie deftig gelyk in sy Swart en Wit pak en sy lekker groot strikdas. Tsundzukani het pragtig gelyk met haar balrok trourok. Dit het ล tydlose gevoel wat perfek pas by die visie wat die paartjie vir hul troue gehad het. Die paartjie het so ล mooi buite seremonie in ล opelug-kapel gehad, omring deur bome en die natuurskoon. Hulle fotosessie was ook tussen die bome gewees wat ล lieflike woud atmosfeer gee en sรณ mooi gelyk het!
Vir die trou dekor het hulle ล kombinasie van gedroogde blom ontwerpe en vars blomme gebruik. Die kontras het perfek saam gewerk en die oranje kleure staan so mooi uit. Hulle trou dekor se kleurskema was rustieke kleure wat ingesluit het oranje, koraal en tikseltjies roomkleurige skakerings. Dit was ล kombinasie van rustieke gemeng met modern wat altyd mooi lyk as dit reg gedoen word.
Rol af om meer te lees oor Tinyiko en Tsundzukani se sprokies troue in Pretoria en hul liefdesreis as paartjie.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons het in Durban ontmoet terwyl hy saam met sy vriende van Johannesburg daar gekuier het. Ek en my vriend was uit vir drankies by ล restaurant op Florida Road en vreemd genoeg was hy en sy vriende ook daar. Ons het later almal die volgende dag strand toe gegaan en vriende geword.
Ek het besluit om die volgende maand vir my vriend in Johannesburg te gaan kuier en het ek ล kans gekry om hom weer te sien. Dit is hoe ons vriende begin raak het en ล baie goeie vriendskap het toe later in ons pragtige huwelik verander.
Tsundzukani was die een wat wat Tinyiko gevra het om te trou. Ons wou nog altyd ล fotosessie hรช, so hy het voorgestel dat ons vir een gaan. Sy het die fotosessie as ล front gebruik vir die verrassings verlowing.
Die Verlowing Tydperk:
Ons was verloof vir 2 jaar en 4 maande. Gedurende hierdie tydperk het ons besluit op die styl troue wat ons wou hรช. Ons het ooreengekom dat ล intieme troue voldoende sal wees aangesien ons ล groot tradisionele fees gehad het. Sรณ het die trou beplanning toe begin. Alles het ons self beplan aangesien ons sรณ koste-effektief moontlik wou wees. Ons het al die administrasie gedoen om kwotasies in te samel en die moontlike venues self te gaan kyk. Dit was nie maklik nie, maar gelukkig het alles bymekaar gekom.
Trou Begroting:
Ons trou begroting was R90,000 en het die volgende ingesluit: venue, fotograaf, troukoek, die trourok en bruidegom se pak. Alhoewel ons ล vasgestelde begroting gehad het, het ons ล bietjie oor die begroting gegaan. Gelukkig het ons baie hulp ontvang van familie en vriende wat tot sekere kostes kon bydra.
Ons trou begroting raad aan enigiemand sou wees:
- Skep ล spesiale sigblad vir al julle trou onkostes. Dit het ons in staat gestel om versigtig te beplan en te spandeer waar nodig.
- Nie alles hoef betaal te word nie, jy kan altyd selfdoen om koste te bespaar (bv. ontwerp en druk die spyskaarte by die huis).
- Begin depositoโs vooruit betaal, dit is wonderlik om die druk op die begroting/fondse te verminder.
- Prioritiseer die belangrike items eerste, hoe gouer dit opbetaal word, hoe beter.
Ons het altesaam 100 gaste by ons troue gehad.
Die Besluitnemingsproses:
Ons het albei die finale besluite geneem en oor die meeste besluite saamgestem. Albei het dit makliker gevind om nie te veel mense by die beplanning te betrek nie. Maar ons het wel konsultasies met familie gehad oor sekere aspekte, maar uiteindelik is die finale besluite deur ons geneem.
Paartjie se styl:
Tinyiko โ Vir die trourok het ek gegaan vir ล klassieke sprokies voorkoms. Ek wou iets hรช wat nie in die mode is nie en ล balrok sal altyd tydloos bly. Ek wil terugkyk oor 20 jaar en nie uit styl voel nie.
Tsundzukani โ Vir die bruidegom se pak wou ek ook die klassieke swart en wit voorkoms hรช, iets eenvoudig maar elegant en komplimenteer die bruidsrok.
Ons wou vir die trouringe iets hรช wat ons alledaagse styl sou komplimenteer. Vir die bruid het ons gegaan met die protea solitaire, witgoud diamantring, eenvoudig tog elegant. Vir die bruidegom het ons ล swart kleur gekies, met ล koningsblou voering.
Gunsteling Diensverskaffers:
Beslis ons trou fotograaf, ons het gehou van die feit dat ons hom voor die groot dag kon ontmoet. Hy het ons deur die proses gelei en gehelp met die tydlyn, hoe om mense te groepeer vir fotoโs ens. Beide fotograwe het ons en die bruidsgevolg gemaklik en ontspanne laat voel. Die diens was onberispelik โ alhoewel hy ons vir ure laat poseer het was dit alles die moeite werd.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Advies van die bruidegom:
Dit is altyd belangrik om ondersteunend te bly vir jou toekomstige vrou tydens die beplanning van die troue. Daar is baie druk rondom die beplanning, daarom is dit belangrik om almal kalm te hou. Onthou dat jy ook deel is van hierdie dag en wat jy dink maak ook saak, wees betrokke en wees teenwoordig. Probeer altyd om pret te hรช op hierdie reis, dit is die oomblikke wat julle albei vir altyd sal koester.
Advies van die bruid:
Maak seker dat jy jouself genoeg tyd gee vir alles wat gedoen moet word. Probeer om ล klein groepie mense, wat verstaan wat sentimenteel vir jou is en ล prioriteit vir jou troue is, na aan jou te hou. As julle trouvenue akkommodasie het, sal ek aanraai dat jy en die bruidegom daar slaap om tyd te bespaar en te geniet om julle sprokies troue te sien ontvou.
Venue & Dekor:
Ons was opsoek na ล trou venue wat ล opelug-kapel het met ล onthaalarea het wat nie te veel dekor vereis nie. Ons het geweet ons wil ล somer troue hรช, so ล venue met baie natuur in die omgewing was ons doelwit.
Vir die trou dekor het ons gedroogde blomme en gras gebruik aangesien dit hergebruik kan word, en ons hoef nie bekommerd te wees om dit vars te hou nie. Die kleurskema was rustieke oranje, koraal met ล tikkie roomkleur. Ons het gevoel dit sou die helder somerseisoen aanvul.
Die โnie-so-perfekโ oomblikke:
Niks groots staan uit nie, ons het net familielede gehad wat dit nie kon maak nie, aangesien hulle positief getoets het vir Covid. Daar is niks wat ons sou verander nie, alles was beter as ons verwagtinge.
Merkwaardigste Oomblikke:
Vir ons albei was ons baie beรฏndruk met hoe alles uitgedraai het, veral van die venue se kant af. Hulle diens was puik en alles het verloop soos ons met hulle beplan het. Die venue het selfs gehelp wanneer dinge nie volgens plan verloop het nie. Hulle het daarin geslaag om ons kalm te hou en die viering te geniet.
Tsundzukani โ Vir my was dit hoe wonderlik almal gelyk het, veral ons albei. Ons kleredrag het op die dag selfs beter gelyk.
Tinyiko โ Wat vir my uitgestaan het, was die kos. Nadat ons die kos-proe gemis het, het ons nie geweet wat om te verwag nie. Maar ons was betower, selfs ons gaste praat tot vandag toe nog oor die heerlike kos.
Vermaak:
Ons het ล platejoggie vir vermaak gehad, want ons het gevoel dit sou genoeg wees vir ons om die troue te geniet en dit was ook koste effektief.
Eerste Dans:
Ons het gedans op โTeeks โ First Timeโ. Albei van ons is mal oor die lirieke en hoe dit die hoogtepunt van ล reis van hierdie punt af beskryf en iets nuuts begin. Ons het geen danslesse bygewoon nie, ons het besluit om net stadig te dans soos die liedjie speel.
- Fotograaf: Faded Edges Photography
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy โn internet konneksie het en โn toestel wat gekonnekteer is tot โn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of โn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ล diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue + Paartjie se verblyf: Lavandou Wedding Venue
- Blomme + Dekor: Freshlook Natural Creations
- Bruidegom-pak: Tip Top Tailor Cesta
- Grimering: Stephy The Make-up Artist
- Huweliksbevestiger: Apostle Mervyn Jean-Louis
- Platejoggie + Musiek: Ram MusiQ Sound Group
- Skoene: Call It Spring
- Trourok: Icon Square Bridal
- Trouring: Browns + Bellagio
- Troukoek: Ntshovelo Cakes