Henko & Annenke se Stylvolle Selfdoen Troue in Pretoria

Ons deel met julle Henko en Annenke se stylvolle selfdoen troue in Pretoria op Mooi Troues.  Hierdie paartjie het ʼn fantastiese werk gedoen met hulle selfdoen troue.  Dit is moontlik vir paartjies om self hul troue te beplan, veral as hulle ʼn groep professionele diensverskaffers het.  Mooi Troues se Trougids help paartjies wat besig is om hul troudag te beplan met ʼn bron vol professionele diensverskaffers.

Annenke en Henko het gegaan vir ʼn meer formele voorkoms vir hul troue en het elemente van Swart en Wit gebruik om die tema te inkorporeer.  Al die strooijonkers en ook strooimeisies het swart aangehad.  Dit is so mooi en definitief iets wat altyd in die mode sal wees.

Wanneer dit kom by die trou dekor het hulle vir ʼn meer simplistiese styl gegaan.  Die venue het ʼn rustieke gevoel, met die rou baksteen mure en dubbel volume dak en oop hout balke.  In kontras was die dekor elemente modern wat uitstaan teen die interieur van die trou venue.

Die deurskynende stoele by die twee lang tafels skep die moderne gevoel en gee die trou dekor ʼn interessante element.  Groen en Wit blom ontwerpe trek jou aandag op die tafels.  Die groenigheid en orgideë wat bo die lang tafels hang, vul die venue spasie mooi op.

Hulle het ʼn heerlike wittebrood na Zanzibar geniet!  As jy opsoek is na trou inspirasie vir jou troue in Pretoria, rol af om meer te lees oor Henko & Annenke se selfdoen troue en meer oor hul liefdes reise as paartjie.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het mekaar vir die eerste keer ontmoet toe ek na ʼn skool dans genooi was waar Henko ook was in matriek.  Ons het wel eers 4 jaar na dit weer by mekaar uitgekom in ons universiteit jare, toe ek in kommune in trek waar ons toevallig gemeenskaplike vriende gehad het wat daar gebly het.

Henko het my gevra om te trou op die strand in Umdloti, Durban op die 11de Februarie 2021.

Die Verlowing Tydperk:


Ons het verloof geraak op 11 Februarie 2021 en was getroud op 03 Desember 2021.   Ons het nie ʼn trou beplanner gehad nie, ek het als self beplan.

Trou Begroting:


Ons het binne ons begroting gebly deur soveel as moontlik navorsing te doen op diensverskaffers en kwotasies te vergelyk en het om en by 130 gaste onthaal.

Ons baie raad van ons vriende af gekry wat onlangs getrou het, baie navorsing gedoen op diensverskaffers, resensies gelees om seker te maak ons kry die beste waarde vir ons geld.

Merkwaardigste Oomblikke:


Die hele troue was vir ons spesiaal en merkwaardig, wat dit baie moeilik maak om iets uit te sonder, maar ons eerste dans was verseker ʼn hoogte punt wat vir ons baie spesiaal was.  Buiten dit was dit baie spesiaal vir ons dat al ons familie en vriende daar kon wees en ons dit saam met hulle kon deel, tenspyte van die onseker KOVID tye waarin ons lewe.

Die Besluitnemingsproses:


Die bruid het meeste van die besluite geneem.  Ek het ʼn wonderlike ondersteunings netwerk gehad met my familie en skoon familie, my ma en skoon ma het presies verstaan wat ek wou hê en my ongelooflik baie gehelp met keuses en besluite wat die hele proses soveel makliker gemaak het.

Vermaak:


Ons het ʼn platejoggie gehad wat musiek en klank deur die aand gedien het.  Ons het ʼn regstreekse orkes gehad by die canapés “Hot Fudge”.

Paartjie se styl:


Die trou styl wat ons in gedagte gehad het was formeel, baie wit, swart, modern en strak.

Henko het ʼn swart troupak gedra met ʼn onder baadjie en strikdas Van Hugo Boss.  My trourok se inspirasie was baie modern en minimalisties maar steeds uniek gewees, ek het twee rokke gekombineer van die ontwerper Alena Leena, die Monstera rok in Crepe wat baie “slim fit” was met “mermaid cups” en ʼn lae V-rug gekombineer met die moue van die ARMERIA rok om ʼn sagte en unieke element by te dra aan die rok.

Henko het ʼn swart Tungsten ring gedra van Ben & Co.  My trouring is ʼn Radiant 1.6 ct Diamant “set as a solitare with an invisible halo in Platinum”.

Gunsteling Diensverskaffers:


Ons het baie wonderlike diensverskaffers gehad, maar ek moet vir JC Click (fotograaf) uitsonder, hulle het als so spesiaal gemaak van dag een af.  Dit was net ʼn plesier om saam met hulle te werk, hulle gaan uit hulle pad uit om als so perfek vas te vang, en ons het gevoel asof ons ons troue herleef, selfs maande na die troue deur ons fotos en video’s.

ʼn Ander diensverskaffer wat ek wel ook moet noem is die spyseniering – Laughing Chefs wat die lekkerste kos gemaak het, ons ontvang nou nog komplimente oor hoe lekker die kos was.  Hulle het ons as kliënte eerste gesit en 100% ons verwagtinge oortref.

Venue & Dekor:


Ons het toevallig verby Rolling Waters gery en na dat ons na dié venue gaan kyk het, dadelik geweet dit is die regte een!  Ons het dit gekies omdat dit so mooi by die visie gepas het, die hoë groot vensters met ʼn industriële gevoel en moderne minimalistiese effek was presies wat ons wou hê.

Die troudekor was baie formeel en modern, wit en swart kleure, groen blare wat sag hang uit die dak bo die tafels en sagte groen blare op die tafels met orgideë en wit blomme.  Baie minimalisties maar steeds stylvol.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Moet nie op die trou dag jaag, of bekommer oor tyd nie, neem elke oomblik in en geniet die dag, dit gaan so vinnig verby!

Eerste Dans:


Ons 1ste dans was gekoreografeer deur Sumari van Ceroc Dance in Brooklyn.  Ons het gedans op die liedjie “Can’t help falling in love – Haley Reinhart”.

Wittebrood:


Ons was Zanzibar, Riu Palace toe vir Wittebrood.

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: