In die onderhoud styl inskrywing gesels ons met Forest Hall Estate. Dit is die ideale Tuinroete trou venue vir paartjies opsoek na ʼn trou venue of luukse verblyf in die Plettenbergbaai gebied. Omring deur pragtige versorgde tuine en ʼn inheemse woud maak dit die perfekte ligging vir ʼn droom troue. Hierdie is die ideale wegbreek bestemming as jy opsoek ʼn rustiger omgewing, weg van die stad se gejaag.
Hulle pragtige Victoriaanse herehuis is ideaal vir jou trou foto’s omring deur die pragtige natuurskoon en groenigheid van die Tuinroete. Een van die groot voordele van Forest Hall Estate is dat jy jou eie spysenering mag inbring. Dit is nie iets wat baie trou venues toelaat nie, só dit is ʼn groot plus punt.
Forest Hall Estate is nie net ʼn trou venue nie, maar bied ook luukse verblyf aan paartjies, wat perfek is vir jou Tuinroete wittebrood. Dit is ook die perfekte wegbreek bestemming as jy net wil ontspan en ʼn paar dae weg wil geniet. Rol af om meer te lees oor Forest Hall Estate en wat hul bied vir paartjies wat trou.
Die geskiedenis agter Forest Hall Estate:
Die Victoriaanse herehuis, wat in 1864 gebou is, was een van die eerste huise in die Crags- en Plettenbergbaai-area van die Tuinroete. Dit is in 1992 deur die Suid-Afrikaanse Erfenisowerheid tot Historiese Monument verklaar en is pragtig gerestoureer tot sy oorspronklike glorie.
Ons het dit nodig gevoel om die oorspronklike negentiende-eeuse geelhout- en stinkhout vloere te behou. Asook die trappe en deure van die huis. Dit is pragtig gerestoureer om die kenmerke te wys van die hout interieurs en vloere. Hierdie en baie ander oorspronklike aspekte van die huis gee dit ʼn unieke natuurlike en outentieke gevoel. Insluitend is dieselfde woud waaruit die hout verkry is baie naby geleë en bied die gevoel van tyd en geskiedenis.
Nogsteeds dring die atmosfeer deur van ʼn groot ou familiehuis. Daarmee saam die vrede en rustigheid van ʼn tyd wat verby is en ʼn stadiger, teer ervaring van ʼn minder verkende Afrika.
Forest Hall Estate se ligging:
Die Victoriaanse herehuis is geleë in ʼn groot area van gladde groen grasperk, omring deur inheemse woud. Vanuit elk van die vensters word gaste bederf met ononderbroke en asemrowende uitsigte. In een rigting oor dié woud tot by die voorheuwels bokant die Kurland Polo-velde. Die Outeniekwabergreeks; in die ander oor die Tsitsikamma na die Indiese Oseaan.
Die inheemse woud wat ʼn groot deel van die landgoed dek, is die tuiste van vervet apies en bobbejane; bosbokke en wilde varke kan dikwels met dagbreek op die grens tussen die woud en die grasperke gesien word.
Genoeg spasie vir jou trou gaste:
Die landgoed is baie groot. Daar is ʼn aantal verskillende areas van die landgoed waar paartjies kan kies om hul troue te onthaal. Op die groot groen grasperke kan ons ʼn paar honderd gaste akkommodeer. In die sondek-area kan ons sowat 120 gaste akkommodeer.
Verblyf:
Verblyf sluit beide die hoof herehuis in, wat gemaklik 10 volwassenes (5 slaapkamers) + 3 kinders kan akkommodeer. Daar is 4 kothuise op die gronde vir ʼn bykomende 8 gaste. Die oorloop van gaste kan in omliggende gastehuise gaan bly, net ʼn paar minute se ry vanaf die landgoed.
Hoekom Forest Hall Estate jou eerste keuse moet wees:
Met sy dramatiese en elegante argitektoniese proporsies en ruim buite-areas, is die Herehuis ʼn ideale plek vir geleenthede soos troues. Die kombuis kan, met jou eie spysenier, vir ʼn groot aantal gaste spyseniering voorsien. Leef- en ontspannings areas van die Herehuis en die landgoed kan ingestel word om aan spesifieke sitplek vereistes te voldoen.
Die tuin, woud en uitsigte – alles kombineer om die perfekte omgewing vir seremonies en onthale te bied.
Jy kan die beste van twee wêrelde hê! Forest Hall bied verskeie verskillende liggings op die landgoed vir die paartjies om te gebruik. Van troues in die bos, blou lug en opelug-seremonies, sowel as ʼn op die strand. Elke area is privaat en eksklusief joune.
Die trou pakket:
Paartjies kan kies of hulle slegs die trou venue wil bespreek. Of die venue en herehuis akkommodasie. Of die venue, herehuis akkommodasie saam met die kothuise op die perseel.
Ingesluit en uitgsluit in die trou pakket:
Die venue huur kan verblyf insluit of uitsluit. Alle ander ekstras sal afsonderlik gehuur en gereël moet word. Ons sal altyd sover moontlik help met verdere besonderhede en aanbevelings van diensverskaffers.
Spyseniering:
Ons bied nie spyseniering aan nie, maar kan ʼn aantal briljante spyseniers aanbeveel om met jou geleentheid te help.
Bespreek jou troudag by Forest Hall Estate:
Paartjies wat belangstel is welkom om ons enige tyd te bel of ʼn e-pos te stuur. Ons sal dan ons tariewe bespreek en voorstel dat die paartjies die landgoed en trou venue kom besoek. Die paartjie sal ons in kennis stel in watter pakket hul belangstel. Ons sal vir hulle ʼn kontrak stuur om te voltooi en ʼn faktuur vir ʼn 50% deposito om hul troudatum te bevestig. Die oorblywende 50% en breekskade deposito is 30 dae voor die troudag betaalbaar.
Forest Hall Estate se Kontakbesonderhede:
Vir meer inligting oor Forest Hall Estate, besoek hul webtuiste. Jy kan hulle ook volg op Facebook en Instagram.
Artikel Krediet:
- Foto’s: Verskaf deur Forest Hall Estate