Het jy onlangs verloof geraak? Baie geluk! Kom ons gaan deur die eerste trou beplanning stappe nadat jy verloof geraak het. Om verloof te raak is ʼn mengsel van emosies wat soms oorweldigend kan raak. Van opgewondenheid tot trou idees wat deur jou kop maal. Ons gesels in dié inskrywing oor die eerste paar dinge waaraan jy moet begin werk wanneer dit kom by trou beplanning.
Die heel eerste besluit om te neem sal wees of jy jou troue self wil beplan, of ʼn trou koördineerder huur. Hierdie besluit sal jou help om te weet watter rigting om in te beweeg. Die onderste punte is vir beide opsies van toepassing. Van die punte hieronder sal ʼn trou koördineerder ook met jou bespreek. Vind fantastiese trou diensverskaffers in Mooi Troues se Trougids wat die troubeplanning proses baie makliker maak.
As julle self die troue wil beplan, sal die onderste punte jul baie help om dinge aan die gang te kry. Jul troubeplanning hoef nie te stresvol te wees nie. Beplanning en struktuur sal baie help met jul trou beplanning proses. Rol af om meer te lees oor die eerste trou beplanning stappe om te volg.
Trou Begroting:
Jy sal nou dink, moet mens nie eers die trou datum kies nie? Ja en Nee. Hier is die rede daarvoor. Die tyd van die jaar maak ʼn groot verskil in die kostes van ʼn troue. So as jy nie genoeg begroting het nie kan jy nogsteeds jou droom troue hê, net op ʼn ander datum of tyd van die jaar.
Dit is nou die tyd dat jy en jou verloofde sit en gesels oor jul trou begrotings. Wees eerlik met mekaar wat julle kan bekostig. Moet nie probeer braaf wees en groot praat, sonder om realisties te wees nie. Dit is baie belangrik om dood eerlik te wees met mekaar oor julle begroting en ook binne julle begroting te bly om onnodige stres te voorkom.
As julle jul begroting min of meer uitgewerk het sal dit baie van julle besluite vergemaklik. Nou dat julle weet wat jul trou begroting is, kan julle min of meer ʼn tydlyn saam sit teen wanneer julle daardie fondse beskikbaar sal kan hê vir jul troudag. So weet julle dan watter datum om min of meer te trou.
Trou Datum en Tyd:
Dit kan ʼn moeilike besluit wees, maar wel ʼn baie belangrike besluit wat geneem moet word. Party paartjies het ʼn spesifieke trou datum ingedagte met sentimentele herinneringe. Ander paartjies mag dalk net opsoek wees na ʼn trou datum in ʼn spesifieke seisoen. Dan is daar paartjies wat regtig nie omgee oor die trou datum nie.
Die trou datum, of moontlike datums, sal jou help om ʼn trou venue en van jou belangrikste diensverskaffers te bespreek. Sonder ʼn datum, of moontlike datums, mag dit ook dalk moeilik maak om pryse vanaf trou diensverskaffers te kry omdat hulle ʼn datum moet hê, sodat hulle kan kyk na hulle beskikbaarheid en ook watter seisoen se pryslys om te stuur.
Tyd is nie onmiddellik so belangrik nie, maar jy moet ʼn idee hê van die tyd van die dag wat jy wil trou. Wil julle ʼn oggend, middag of aand troue hê. Dit maak ʼn verskil, so dink daaraan wanneer julle op ʼn datum besluit.
Gastelys vir julle troudag:
Nou dat julle min of meer weet wat jul trou begroting is en moontlik trou datums, nou kan jul begin dink aan die gastelys. Jul gaste lys is baie belangrik en dit sal baie van jou toekomstige besluite vergemaklik soos die keuse van jou trou venue, die area waar jy gaan trou ens.
Onthou dit is julle troudag en niemand behalwe die paartjie kan besluit wie jul troue moet bywoon nie. Die maklikste manier is om elkeen ʼn lys te maak en dit te vergelyk. Praat deur die moontlike gastelys, sonder om opgewerk te raak.
Ons weet dit is ʼn persoonlike storie, maar probeer om oopkop deur die gastelys beplanning te gaan. As julle min of meer weet hoeveel gaste daar gaan wees dan maak dit dinge soveel makliker om ʼn trou venue te soek en ook te bepaal vanwaar meeste gaste moet reis ens.
Waar wil julle trou?
Julle moet kies waar jul wil trou. Of jy in Kaapstad, Durban, Johannesburg wil trou, of ʼn Karoo, Stad of See troue wil hê. Al dié faktore sal jou help om te besluit waar om te begin soek vir ʼn trou venue en ook die vervoer en akkommodasie van jul trou gaste.
As julle oorsee wil trou dan moet julle, jul gaste vroegtydig nooi, sodat hulle die nodige reëlings kan maak. Dit tel ook vir die van julle wat dalk in ʼn ander provinsie wil trou en waar meeste gaste na jul troue moet reis.
Trou Venue kortlys:
Nadat julle besluit het oor jul ligging van jul troue sal dít ʼn goeie begin wees na onthaal lokale te kyk en so spoedig as moontlik een te boek. Troues venues gaan baie vinnig bespreek word en jul moet tot-en-met 12 maande voor die tyd julle troue venue begin bespreek.
Bespreek die belangrike trou diensverskaffers eerste:
Bespreek jou belangrikste en mees bekende trou diensverskaffers eerste.
Trou venues en/of bekende diensverskaffers soos trou fotograwe, koördineerders wat geken is in die industrie moet minimum 6 tot 12 maande voor die tyd bespreek word. Maak seker jy betaal jou deposito’s en teken jou kontrakte om seker te maak daardie diensverskaffers is bevestig vir jou troue.
Maak seker jul vind uit en verstaan hul kansellasie klousule indien die troudatum geskuif moet word.
Verseker jou verloofring:
Baie belangrik om seker te maak om jou verloofring te verseker. As dit gesteel word sonder versekering verloor jy jou pragtige ring. Maak seker jy verseker dit so gou as moontlik en ook om dit te spesifiseer op jou versekering. Julle wil nie onnodige stres hê indien ʼn verloofring weg raak nie en daar nog ekstra uitgawes moet wees om ʼn nuwe een te koop nie.
Besluit oor jul trou se tema:
Julle hoef nie ʼn spesifieke tema/styl te hê vir jul troue nie, maar net ʼn idee van watter gevoel en atmosfeer julle wil hê vir jul troudag. Dink aan moontlike kleurskemas en dekor style. Indien julle ʼn koördineerder gaan gebruik, moet julle min of meer ʼn idee hê wat julle wil doen. As julle die troue self beplan is dit net só belangrik. Begin deur ʼn aanlyn bord te maak met foto’s van trou idees waarvan julle hou. Wees realisties met die trou idees en inspirasie.
ʼn Ander manier is om te begin dink of julle ʼn informele of meer formele troue wil hê. Oggend, middag of aand troue. Of julle in die stad, plaas of karoo wil trou. Al hierdie dinge sal bepaal watter atmosfeer julle vir jou troue wil hê.
Kies jul bruidsmeisies en strooijonkers:
Dit kan ʼn baie moeilike besluit wees om te kies wie jy as jou bruidsmeisies en strooijonkers wil hê by jul troue. Omdat jy so baie vriende en familie het wat graag daardie posisie sal wil vul. Sit terug en dink mooi wie jy eerlik in jou hart voel jou die beste sal kan help. Dit gaan nie oor die vriendin wat die mooiste is, of wat die vriendelikste is nie, maar oor die een wat nie bang is vir werk nie en wat jou sal help met die beplanning proses van jou troue sonder om die hele troue oor te vat en nog steeds jou laat voel dat dit jou belangrike dag is.
Die belangrikste is om te onthou om alles neer te skryf en seker te wees jy hou boek van alles. Maak jou trou inspirasie borde en kyk net na goed wat binne jou trou begroting is.
Dink daaraan om jou troue te verseker:
Jy lees reg ja! Julle kan nou jul troue verseker. Een van die besighede wat spesialiseer in versekering vir jou troudag is I Do Insure™️. ‘I Do Insure™’, wat in 2021 deur Zavion Kotze gestig is, spesialiseer in trou-versekering wat ontwerp is om by enige begroting te pas. Die belegging van ’n troue is gereeld astronomies. Van kontrakte en wettige-verpligtinge, tot onverwagse reënstorms, ’n trourok flop of troukoek wat omval – die kostes tel op, veral wanneer ding en verkeerd loop. ‘I Do Insure™’ dek jou risiko terwyl jy jou spesiale dag geniet.
Artikel Krediet:
- Artikel geskryf deur Mooi Troues
- Foto’s slegs vir illustrasie.
- Hoof Foto: Emma Bauso – Pexels
- Fotograaf: Helene Viljoen